NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Aksie Getroudes

 

Tuisblad
Terug

 

Ons aksie

"Waarom slaag sovele paartjies wat regtig probeer nie daarin om hulle huwelike te laat werk nie? Daar is baie redes. Een van die vernaamstes is egter: omdat hulle nie presies weet hoe om dinge soos verskille, spanning, konflikte, ensovoorts - wat in elke huwelik opduik! - te hanteer of te verwerk nie."

Murray Janson

Dit is waar hierdie aksie die kol tref: om aan paartjies op heel praktiese manier koers en leiding uit hierdie impasses te bied, maar ook om hulle te leer om saam as gesinne in die verhouding te groei.

Ons jaarlikse program sien soos volg uit:

bulletMaandelikse byeenkomste vir die hele gesin op die eerste Sondagmiddag van die maand;
bullet'n Jaarlikse kamp met volop geleenthede vir pret en groei!

Ons verbintenis

Ek bevestig my belofte aan jou,

dat ek jou nooit sal verlaat

en in alles getrou sal bly.

Ek onderneem om my uiterste te doen

om vir jou 'n hulp en kameraad te wees,

en om vreugde in jou lewe te bring.

Ek wy my aan ons eenheid

en die voortgaande groei van ons

liefdesverhouding.

Ek onderneem om jou steeds

te vergewe en te verdra, en lief

te hê soos wat Christus ons liefhet.

 

 

Navraag oor Aksie Getroudes

Merk waar van toepassing, en dui aan hoe ons u kan kontak.

Stuur asb meer inligting oor die aksie aan my.
Ek wil graag by die aksie aansluit.
Kan iemand my telefonies kontak, asb?

Naam
Titel
Wyk
Adres
E-pos
Tel

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12