|
|
|
|
Ons Begin Sondagaand 6 Maart 2011 om 18:00 met die Alpha kursus. Almal is hartlik welkom! Fokus: Die Alpha-kursus is ‘n nie-konfronterende, praktiese inleiding tot die Christelike geloof wat oor tien weke strek wat veral moderne en postmoderne mense kan help om die relevansie van die evangelie te verstaan en te ervaar. Die kursus is in Engeland ontwikkel. Waarmee kan hierdie kursus help: ‘n Tipiese aand behels ‘n ligte ete, ‘n videoaanbieding oor ‘n onderwerp, ‘n koffiebreuk en groepsbesprekings. Die atmosfeer en inhoud help mense om ‘n spiritualiteit te ontwikkel waarin logiese denke en ervaring gekombineer word. Die kursus is primêr ontwerp is vir mense wat nie kerk toe gaan nie en nuwe Christene. Ervare Christene baat gewoonlik ook baie, veral by die onderwerpe oor die Heilige Gees!
Teikengroep: Almal in die gemeente wat betrokke is by evangelisasiewerk en die vernuwing van die gemeente op die hart dra, sal baat vind hierby. Ons leef in ‘n tyd waar al hoe meer mense die relevansie van die evangelie bevraagteken, en ons weet dikwels nie hoe om sulke mense te benader nie. Die Alpha kursus help ons om ons geloof op 'n helder wyse te verstaan en op 'n sinvolle wyse oor te dra.
|
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|