|
|
|
|
BASAAR 17 FEBRUARIE 2006 2005 se basaar . Kliek op die foto vir 'n groter weergaweBASAAR : VRYDAG, 17 FEBRUARIE 2006 TE SIMON VAN DER STEL LAERSKOOLDit is weer tyd vir ons jaarlikse basaar. Hierdie is ‘n geleentheid waar ons almal kan saamwerk en elkeen sy besondere bydrae kan lewer om ons gemeente se finansiële stand te verbeter. Ek wil graag op elkeen ‘n beroep doen om op een of ander wyse ‘n bydrae te maak. Indien u voel dat u nie ‘n finansiële bydrae kan maak nie, dat u dan asseblief van uself sal kom gee vir hierdie basaar. Ons het werklik alle hulp en bydraes nodig om dit ‘n wonderlike basaar te maak en gesellig as ‘n “kerkfamilie” saam te kuier. Die basaar vind plaas op Vrydag, 17 Februarie 2006 vanaf 15h00 en sal aanhou totdat die laaste platsak, maar tevrede persoon, die terrein verlaat het. Etekaartjies sal vooraf by die kerkkantoor bestel en gekoop kan word. Die basaarlyste word soos verlede jaar saam met die bulletins by die eredienste versprei. Neem gerus ook by die deure ekstra vorms sou u vir vriende of kennisse wil gee. Kontak gerus die sameroeper en/of konvenor indien u bertokke wil raak met die reëlings of produkte kan vesrkaf. Voltooide lyste kan by die eredienste aan diakens by die deure gegee word of by die kerkkantoor ingehandig word. Baie dankie vir elkeen se entoesiasme en ywer in die verlede. Onthou altyd dat die Here ons elke dag mildelik seën en dat dit eintlik ‘n voorreg is om met ’n blymoedige hart onsself in sy diens te stel Baie dankie vir u samewerking. Dit word opreg waardeer. Vriendelike Groete
Brenda Emslie Sameroeper – Basaar - 2006. Tel: 683 9935 (h) Cell: 083 458 3823 E-pos brendalouw@gmail.com
Basaartee 2005 Baie dankie aan Maggie Hofmeyr, Lynette Horn en Christelle Nicholas
Basaar 2005 by Simon van der Stel Baie dankie aan Brenda Louw en haar span vir 'n voortreflike basaar! |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|