|
|
|
|
Die kerkrade van die NGK en VGK Wynberg het in 2006 besluit dat die kerkrade vanaf 2007 alle kerkraadsvergaderings gesamentlik sal hou. Dit impliseer dat die bedieninge van die kerkrade sover moontlik met mekaar geïntegreer moet word ten einde effektiewe bestuur moontlik te maak. Die bedieningstruktuur bestaan uit drie hoofbedieninge wat ons gesamentlike roeping en visie dien, asook 'n ondersteunende diensgroep wat die nodige hulpbronne bestuur sodat die bedieninge effektief kan funksioneer.
Die drie hoofbedieninge dien die volgende funksies en aksies van die gemeente:
Die spesifieke doelwitte van die onderskeie hoofbedienings kan soos volg voorgestel word:
Agtergrond: 'n Gemeente wat meer as net 'n blote instituut wil wees, mag nie sy bestuursplan as iets onaantasbaars beskou nie. Dit moet eerder as instrumente of kanale beskou word wat die gemeente help om op 'n ordelike wyse sy roeping na te kom. Soos wat die omstandighede van ons gemeente verander, mag dit gebeur dat sekere van hierdie kanale nie meer doeltreffend funksioneer nie en gevolglik eerder die gemeente verhinder om gehoorsaam aan Christus te wees. Daarom moet die Kerkraad voortdurend die bestuursplan van die gemeente evalueer en aanpassings aanbring waar dit nodig mag wees. Die primêre oorweging is om die gemeente te lei om sy roeping en visie op die mees effektiewe wyse na te kom. Op die gesamentlike kerkraadsvergadering van 27 Maart 2007 is die gemeente se bestuursplan soos volg gewysig: a. 'n Herstruktuering van kerkraadskommissies. Die kerkrade het 'n geïntegreerde bedieningsmodel goedgekeur wat sover moontlik aan die volgende kriteria moet beantwoord:
b. Wysigings m.b.t. die vergaderingsbeleid van die kommissies. Doeltreffende skakeling tussen die kommissies onderling, met die skribas, die kerkraad en die aksies is van die uiterste belang. 'n Skakelbeampte kan hierdie funksies vervul. c. 'n Herdefiniëring van die onderskeie kommissies se werksaamhede. Waar die bediening van die gemeente in die verlede hoofsaaklik deur die kerkraad behartig is, word dit nou uitgebrei om lidmate in te sluit wat oor die nodige gawes beskik. Hierdie bedienigstruktuur moet beskou word as riglyne wat die gemeente help om sy roeping op 'n ordelike en effektiewe wyse na te kom. Dit het nie dieselfde status as die kerkorde nie en maak ook nie voorsiening vir alle situasies nie. Dit moet beskou word as staande kerkraadsbesluite waarvoor die kerkraad verantwoordelikheid aanvaar. |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|