NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Getuienisaksie

 

Tuisblad
Terug
Houtbaai
Nkhoma
Irak
Madagaskar

 

Die getuienisaksie reik uit na ons lidmate met die spesifieke doel om hulle geloof sterker te maak. Lidmate word tuis besoek of genooi na geleenthede om hulle beter te leer ken, in die gemeente tuis te laat voel, en meer betrokke te maak. Die Alpha-aksie is deel van ons gemeente se uitreikaksie. Dit strek oor 10 weke. Die EE3-aksie doen evangelisasiewerk en bou gelowiges op om dissipels van Christus te wees. Evangelisasiewerk sluit die volgende groepe in: (a) kerkvervreemde lidmate (steeds gelowiges, maar van ons gemeente vervreem); (b) afgedwaaldes (mense wat die Here verloën); en (c) kerklose mense.

Die getuienisaksie reik ook uit na mense buite die gemeente. Dit sluit onder andere die volgende in:

a.         Uitreiking na buitekerklikes en nie-gekerstendes.

b.         Sendinggetuienis t.o.v. die volgende grense:

i.          Geloof en ongeloof.

ii.          Gesondheid en siekte.

iii.         Rykdom en armoede (ontwikkelingsvraagstukke).

iv.         Geregtigheid en ongeregtigheid (Christelike sosiale etiek).

c.         Inligtingsdiens m.b.t. getuienistaak van die gemeente.

d.         Ondersteuning van die gemeente se sendelinge.

e.         Bevorder betrokkenheid by wêreldsending.

 

Navraag oor Getuienisaksie

Merk waar van toepassing, en dui aan hoe ons u kan kontak.

Stuur asb meer inligting oor die alpha kursus aan my.
Ek wil graag by die volgende kursus aansluit.
Kan iemand my telefonies kontak, asb?

Naam
Titel
Gemeente
Adres
E-pos
Tel

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12