|
|
|
|
1. Huis Nuweland is 'n tuiste vir bejaardes wat binne ons gemeentegrense val. Daar is 'n aantal woonstelle, enkelkamers, en 'n verswakte afdeling wat die inwoners huisves. Afgesien van eredienste en Bybelstudies wat by Huis Nuweland aangebied word, lewer die gemeente verskeie dienste deur die aksies aan die inwoners. 2. Die beheerraad van Huis Nuweland is verantwoordelik vir die gesonde finansiële beleid en administrasie van die tuiste in oorleg met die Sinodale Kommissie vir Diens en Barmhartigheid. 3. Die kerkraad nomineer lede vir die beheerraad van Huis Nuweland. 4. Die beheerraad lewer jaarliks verslag aan die kerkraad. Die kerkraad is egter nie die aanspreeklike instansie nie.
|
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|