|
|
|
|
Alle kinders vanaf 3 jaar tot graad 3 is deel van die kleuterkerk wat tydens die oggenddienste klas het. Hulle word deur 10 Ma's (5 elke alternatiewe Sondag) onderrig.
Die graad 4 tot 10 kategeseklasse vergader na kerk en word deur 8 kategete onderrig. Die hoërskoolklasse vergader vanaf 2002 saam in die seminaarsaal rondom ronde tafels en word bedien met koeldrank en verversings. Hulle doen die Jeugalpha program.
Die belydenisklas word deur 'n leraar aangebied. 'n Aflosspan staan in wanneer benodig word. Daar word ook uitstappies vir die Sondagskool gereël. Daar is ook een Sondag per kwartaal 'n afnaweek. Die datums word op die kalender aangedui.
|
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|