NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Kategese

 

Tuisblad
Terug

 

WAT GEBEUR HIERDIE KWARTAAL IN DIE KATEGESE?

 

 

 

Dit is die begin van die derde kwartaal en nou lę die laaste gedeelte van die jaar voor.  Gewoonlik is die programme gedurende hierdie tyd van die jaar baie vol, daarom is dit belangrik dat ons die beste maak van die min dae tot ons beskikking. 

Die jeug wil deel wil wees van die groter geheel van die gemeente en wil meer verantwoordelikheid neem vir hulle eie bediening.  Op die lys van “Dinge wat ons nog graag hierdie jaar wil doen”, is o.a. die volgende:

bulletProjek teddiebeer:  ons gaan teddiebere insamel vir verspreiding onder hospitaalkinders.
bulletKospakkies:  die jeug wil daadwerklik betrokke raak by die Omgee-aksies en wil saam met die volwassenes kospakkies aan behoeftiges uitdeel.

Senior kategese

Die tema vir die derde kwartaal is “Genade is vir my ‘n snaakse woord – is daar so iets soos Ama-zing Grace?" 

Junior kategese

Die jonger kinders het tydens ‘n Jeugdiens verlede kwartaal gewys hoe hulle dit geniet om die Here te dien met lofprysing en ons beoog om die hierdie kwartaal ook baie geleentheid te skep vir lofsang en aanbidding.   

Die pad vorentoe lę vol veranderinge, maar ons gaan elke verandering sien as ‘n geleentheid wat God vir ons gegee het om op ‘n nuwe en uitdagende wyse Sy wonderlike Evangelie aan kinders en jongmense oor te dra. 

Madeleine Hattingh

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 09/03/10