NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Kerkhoftrust

 

Tuisblad
Terug

 

Die gemeente is besonder bevoorreg om 'n historiese kerkhof in Wynberg te besit. Hoewel daar nie meer mense begrawe word nie, word dit nog steeds gebruik wanneer lidmate veras word. 'n Muur van herinnering in eg Kaapse styl is gedurende 1993 in gebruik geneem. Lidmate kan nisse teen 'n redelike prys by die sekretaris van die Kerkhoftrust bekom.

In die tagtigerjare is 'n gedeelte van die kerkhof verkoop. Die Kerkraad het in 1990 besluit om die netto opbrengs van die verkoping in 'n Trustfonds gestort moet word. Dit het daartoe gelei dat die N.G. Kerk Wynberg Kerkhoftrust by die Hooggeregshof gerigestreer is. Vol­gens die trustakte mag die inkomste van die trust slegs vir verdienstelike sake soos sendingwerk, evan­gelisasiewerk, alimentasie en diens van barmhartigheid aangewend word. Tienduisende rande word jaarliks na deeglike oorweging deur die trustees vir hierdie doel aangewend.

Hierdie neseier maak ongelukkig nie van die gemeente Wynberg 'n "ryk" gemeente nie. Die trustakte bepaal dat die lopende rekening van 'n gemeente nie deur die fondse aan­gevul mag word nie. Dit maak ons egter ryk in die ondersteuning van baie verdienstelike sake!

1.         Samestelling.

1.1       Die trustees soos bepaal deur die trustakte:

a.         'n Leraar van die NG Kerk Wynberg soos benoem deur die Kerkraad.

b.         Die voorsitter van die Finans- en Eiendomskommissie.

c.         Drie gemeentelede soos deur die Kerkraad benoem.

1.2       Vakatures word ingevolge die bepalings van die trustakte gevul.

2.         Pligte.

2.1       Die instandhouding van die Tuin van Herinnering in die Kerkhof van die NG Gemeente Wynberg.

2.2       Die toepassing van die beleggingsbeleid met betrekking tot die fondse van die trust.

2.3       Die aanwending van die opbrengs tot voordeel van verdienstelike sake ingevolge die bepalings van die trustakte.        

2.4       Toesig oor die verdere benutting van die kerkhof. Hoewel daar nie meer mense in die kerkhof begrawe word nie, word dit nog steeds gebruik wanneer lidmate veras word. 'n Muur van herinnering in eg Kaapse styl is gedurende 1993 vir hierdie doel in gebruik geneem. Lidmate kan nisse teen 'n redelike prys by die sekretaris van die Kerkhoftrust bekom waarin die as van afgestorwenes geplaas kan word.

2.5       Die trustakte bepaal dat die lopende rekening van 'n gemeente nie deur die fondse aangevul mag word nie.

Navraag oor Kerkhof

Merk waar van toepassing, en dui aan hoe ons u kan kontak.

Ek wil aansoek doen om 'n nis te koop.
Ek wil graag die kerkhof besoek.
Kan iemand my telefonies kontak, asb?

Naam
Titel
Gemeente
Adres
E-pos
Telefoon

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12