NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Kerkraad

 

Tuisblad
Terug

 

Kerkraadslede braai saam in ons mooi tuin

1.         Pligstaat van Ouderlinge.

1.1         Die amp van ouderling omvat die volgende verantwoordelikhede: die regering van die gemeente; die doen van huisbesoek; die uitoefening van opsig en tug; waaksaamheid oor die suiwerheid van die leer; medeverantwoordelikheid vir die kategetiese onderwys; en die roeping om ander na Christus te lei.

1.2         Die aantal besoekpunte per kerkraadswyk is effens meer as die normale aantal. In die lig hiervan geld die volgende gebruik in ons gemeente:

a.         Kerkraadslede maak gebruik van die verskillende aksies (omgee, getuienis, gebed en diens) om hulle wyke effektief te bearbei;

b.         Ouderlinge moet minstens 2 maal per jaar, maar verkieslik 4 maal per jaar by elke besoekpunt huisbesoek doen.

1.3         Ouderlinge moet let op die volgende doelwitte wat vir alle kerkraadslede geld:

a.         Om nuwe intrekkers so gou as moontlik te besoek en die bedieningsbrosjure met hulle te bespreek.

b.         Om gereeld eredienste by te woon en deurdienste te verrig.

c.         Om alle kerkraadsvergaderings by te woon.

d.         Om dankoffers maandeliks in die wyk te kontroleer en in samewerking met diakens of dienswerkers met lidmate in gesprek te tree wat die gee van dankoffers nalaat. Dit word gedoen om vas te stel of die lidmate:

*           nie bewus is van die debietordervorm of die dankofferkoeverte wat agter in die flap van hulle kalenders geplaas is nie (Op elke koevert is die lidmaatnommer en die maand waarop dit ingehandig moet word, aangebring. Die skriba sleutel die bydrae dan in die rekenaar in en doen verslag aan die kerkraad);

*           jaarliks in plaas van maandeliks gee en nog nie hulle bydrae gegee het nie;

*           reeds op 'n anonieme basis hulle dankoffer gegee het (ons het 'n rekening vir anonieme bydraes geskep. Dit vertoon nie 'n groot bedrag nie);

*           daar 'n fout in ons administrasie begaan is;

*           in moeilike omstandighede verkeer waarvan ons nie bewus is nie en dalk ons ondersteuning nodig het;

*           daar ander redes bestaan waarvan ons kennis moet neem.

Daar moet verslag aan die blokleier gedoen word indien daar enige probleem is wat opvolging vereis.

e.         Om op hoogte te kom van die bedieningstruktuur en dit aan gemeentelede te verduidelik.

f.          Om lidmate die voorafgaande week uit te nooi om die blokbyeenkomste by te woon.

1.4         Aanddienste en gebedsgeleenthede: Ouderlinge moet probeer om hierdie byeenkomste gereeld by te woon.  Beskou dit as 'n afspraak met die Here afgesien daarvan dat ons as kerkraadslede 'n bepaalde verantwoordelikheid het. Ouderlinge wat nie deurdiens verrig nie moet 15 minute voor elke erediens insluitend die aanddienste in die konsistorie vergader. Die prediker het 'n behoefte dat daar saam met hom gebid sal word.

1.5         Lęersisteem: 'n Lęer vir die wyksouderling moet saamgestel word  waarin besoeke aangeteken word, bepaalde probleme vermeld word en sekere riglyne gegee word. Op hierdie wyse sal nuwe ouderlinge dadelik 'n idee vorm oor wat in hul wyk aangaan.  Verder moet wykslede se verjaardagdatums ook in die lęer aangebring word om daardie ekstra belangstelling te verseker. Wykslęers met besoekpuntkaarte is by die skriba verkrygbaar. Ouderlinge en diakens behoort as 'n span saam te werk en moet gereeld met mekaar skakel.

1.6         Vakatures: Daar bestaan 'n groot tekort aan ouderlinge en elkeen se ernstige voorbidding en aandag word gevra.  Elke ouderling moet probeer om een persoon by 'n kerkraadsvergadering voor te stel. Nuwe ouderlinge moet vroegtydig ingelig word met betrekking tot hul verkiesing en dit moenie gebeur dat 'n persoon se naam op 'n groslys verskyn sonder dat hy of sy vooraf genader is nie.

 2.    Pligstaat van Diakens.

 2.1         Die amp van diaken omvat die volgende verantwoordelikhede:

a.         die opheffing, vertroosting en ondersteuning van almal wat in een of ander opsig barmhartigheidsdiens nodig het;

b.         die insameling en besteding van die middele wat vir die diakonale werk nodig is;

c.         die organisering en leiding van die barmhartigheidsbediening in die gemeente.

2.2         Die aantal besoekpunte per kerkraadswyk is effens meer as die normale aantal. In die lig hiervan geld die volgende gebruik in ons gemeente:

a.         Kerkraadslede maak gebruik van die verskillende aksies (omgee, getuienis, gebed en diens) om hulle wyke effektief te bearbei;

b.         Diakens moet verkieslik 4 maal per jaar by elke besoekpunt huisbesoek doen.

2.3         Diakens moet ag slaan op die volgende kerkraadsbesluite in die uitoefening van hul ampsopdrag:

a.         Nagmaal: Die leierdiaken sal tydens bediening die brood en wyn by die leraar ontvang en aan diakens in bepaalde posisies gee soos vooraf bespreek. Net na die sing van 'n lied sal twee diakens die doek opvou waarna die leraar, ouderlinge en diakens terselfdertyd na die tafel beweeg en hulle plekke inneem. Die leierdiaken sal dan toesig hou om te verseker dat almal bedien word en alles vlot verloop. Bepaalde geskrewe riglyne moet in toekoms aan elke diaken gegee word sodat nuwe diakens nie in die duister verkeer nie.

b.         Dankoffer by deure: Die diakens wat dankoffers opneem sal hul plek voor die preekstoel inneem vir 'n dankgebed, waarna die diaken wat by die straatkant diens verrig almal se sakkies sal neem en op 'n tafel by die preekstoel sal neersit. Diakens neem dan hul gesangboeke en stap direk na die bepaalde deur sonder om te wag vir die sing van die laaste lied.

c.         Afsluiting in konsistorie: Daar sal nie na die diens met die aflsuiting gewag word totdat alle diakens vanaf die deure terug is nie, aangesien die diakens by tye lank by die deure opgehou word. 

d.         Diensbeurte: Diakens moet uitruilings vroegtydig vir deurdienste doen en nie wegbly sonder om die nodige reëlings te tref nie.

e.         Neem van kollekte in moederskamer en op galery: Die leierdiaken moet toesien dat daar in die moederskamer en op die galery kollekte opgeneem word.

f.          Tel van persone wat diens bywoon: Diakens moet seker maak dat mense getel word terwyl die kollekte opgeneem word. Die kleuterkerk se getalle moet ook in aanmerking geneem word. Diakens wat om een of ander rede nie na konsistorie gaan nie, bv. die wat Sondagskool gee, moet onthou om hul getalle aan die leierdiaken deur te gee.  Die kinders wat die kleuterkerk bywoon word getel terwyl hulle voor preekstoel plek inneem. Die kinders in banke word saam met die volwassenes getel.

g.         Tel van geld na diens: Van die diakens wat die spesifieke dag nie aan diens is nie, moet seker maak of daar genoeg persone na die diens is om geld te tel.  Anders moet hulle vir 'n wyle in die saal gaan tee drink om met die gemeentelede kontak te maak.

h.         Aanddienste en gebedsbyeenkomste: Daar word 'n beroep op diakens gedoen om die genoemde byeenkomste gereeld by te woon.  Beskou dit as 'n afspraak met die Here afgesien daarvan dat ons as kerkraadslede 'n bepaalde verantwoordelikheid het. Diakens wat nie deurdiens verrig nie moet 15 minute voor die eredienste insluitend aanddienste in die konsistorie vergader. Die prediker het 'n behoefte dat daar saam met hom gebid sal word.

i.          Dankofferinsameling: Diakens moet ten minste een keer per kwartaal by hul wyke besoek aflę.  Koeverte wat nog nie ingehandig is nie kan dan terselfdertyd afgehaal word.

j.          Lęersisteem: 'n Lęer vir diakens moet saamgestel word  waarin besoeke aangeteken word, bepaalde probleme vermeld word en sekere riglyne gegee word. Op hierdie wyse sal nuwe diakens dadelik 'n idee vorm oor wat in hul wyk aangaan. Indien daar wel 'n ouderling in 'n bepaalde wyk is moet hy saam met nuwe diaken die eerste besoeke doen om die wykslede beter te leer ken.  Verder moet wykslede se verjaardagdatums ook in die lęer aangebring word om daardie ekstra aandag te verseker. Wykslęers met besoekpuntkaarte is by die skriba verkrygbaar. Ouderlinge en diakens behoort as 'n span saam te werk en moet gereeld met mekaar skakel.

k.         Barmhartigheidswerk in wyke: Indien die diaken 'n bepaalde finansiële behoefte in sy wyk identifiseer, moet daar 'n behoorlike ondersoek gedoen moet word in samewerking met leierdiaken plus 'n maatskaplike werker. So sal bepaal word wat die werklike behoefte is en kan finansiele ondersteuning indien nodig gegee word.

m.        Vakatures: Daar bestaan 'n groot tekort aan diakens en elkeen se ernstige voorbidding en aandag word gevra.  Elke Diaken moet probeer om een persoon by 'n kerkraadsvergadering voor te stel. Nuwe diakens moet vroegtydig ingelig word met betrekking tot hul verkiesing en dit moenie gebeur dat 'n persoon se naam op 'n groslys verskyn sonder dat hy of sy vooraf genader is nie.

2.4         Diakens moet let op die volgende doelwitte wat vir alle kerkraadslede geld:

a.         Om nuwe intrekkers so gou as moontlik te besoek en die bedieningsbrosjure met hulle te bespreek.

b.         Om gereeld eredienste by te woon en deurdienste te verrig.

c.         Om alle kerkraadsvergaderings by te woon.

d.         Om dankoffers maandeliks in die wyk te kontroleer en in samewerking met ouderlinge of dienswerkers met lidmate in gesprek te tree wat die gee van dankoffers nalaat. Dit word gedoen om vas te stel of die lidmate:

*           nie bewus is van die debietordervorm of die dankofferkoeverte wat agter in die flap van hulle kalenders geplaas is nie (Op elke koevert is die lidmaatnommer en die maand waarop dit ingehandig moet word, aangebring. Die skriba sleutel die bydrae dan in die rekenaar in en doen verslag aan die kerkraad);

*           jaarliks in plaas van maandeliks gee en nog nie hulle bydrae gegee het nie;

*           reeds op 'n anonieme basis hulle dankoffer gegee het (ons het 'n rekening vir anonieme bydraes geskep. Dit vertoon nie 'n groot bedrag nie);

*           daar 'n fout in ons administrasie begaan is;

*           in moeilike omstandighede verkeer waarvan ons nie bewus is nie en dalk ons ondersteuning nodig het;

*           daar ander redes bestaan waarvan ons kennis moet neem.

Daar moet verslag aan die blokleier gedoen word indien daar enige probleem is wat opvolging vereis.

e.         Om op hoogte te kom van die bedieningstruktuur en dit aan gemeentelede te verduidelik.

f.          Om lidmate die voorafgaande week uit te nooi om die blokbyeenkomste te woon.

2.5         Diakens moet op een kommissie van die kerkraad dien en word aangemoedig om aan die gemeentelike aksies deel te neem.

Navraag oor die kerkraad

Merk waar van toepassing, en dui aan hoe ons u kan kontak.

Stuur asb meer inligting oor die kerkraad aan my.
Ek wil graag 'n besoek van my kerkraadslid ontvang.
Kan iemand my telefonies kontak, asb?

Naam
Titel
Gemeente
Adres
E-pos
Telefoon

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 09/03/10