NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Kommissies

 

Tuisblad
Terug
Uitvoerend
Basaar
Diens
Diensverhoudings
Ekumenies
Finans & Eiendom
Bedryfs
Getuienis
Jeug
Leer  Aktueel
Omgee
Musiek

 

1.    Samestelling

Die gemeente se aksies word deur 'n aantal kommissies bestuur. Elke kommissie se struktuur is aangepas om beter skakeling met die gemeente-aksies te bevorder. Dit behels onder andere dat die lede van die kommissies nie net uit kerkraadslede sal bestaan nie, maar ook uit lidmate wat oor die nodige gawes beskik. Die kommissies doen verslag aan die Kerkraad. Die gemeente word tans deur die volgende kommissies bestuur:

Die uitvoerende bestuur stel die kommissies jaarliks saam. By die eerste kerkraadsvergadering van 'n nuwe jaar word die kommissies met hul sameroepers aan die kerkraad vir goedkeuring voorgelê. Alle ou kommissies sal voortgaan met hul werksaamhede, al het die termyn reeds verstryk, totdat die nuwe kommissie gekonstitueer het. Tussentydse vakatures word deur die kommissies self gevul. Die kerkraad moet steeds die benoemings bekragtig.

Enige ongesensureerde lidmaat mag in die kommissies waar van toepassing gekoöpteer word. Geen lidmaat mag as kerkraadslid genomineer word alvorens die persoon eers deur 'n kerkraadslid genader is oor sy geloof, lewe, en gewilligheid om te dien.

Die Finans- en Eiendomskommissie konstitueer aan die begin van elke nuwe finansiële boekjaar.

2.        Vergaderingsbeleid

2.1         Alle permanente kommissies vergader voor elke kerkraadsvergadering (voor die vergadering van die Finans- en Eiendomskommissie) tensy so 'n vergadering oorbodig sal wees.

2.2         Voorsitters moet met die skriba en/of die leraars en/of die skakelbeampte skakel voordat die sakelys gefinaliseer word.

2.3         Voorsitters moet daarop let dat die vergaderings verkieslik voor die vergadering van die Finans- en Eiendomskommissie afgehandel word sodat sake met geldelike implikasies verwys en oorweeg kan word voor die vergadering van die Kerkraad. Sulke sake moet volgens 'n voorgeskrewe vorm wat by die skriba beskikbaar is, aan die kerkraad voorgelê word. Die vorm kan direk na die kommissievergadering in die skriba se poshokkie gepos word.

2.4         Elke kommissie moet deeglike notule van sy vergaderings hou. Afskrifte daarvan moet die skriba en die skakelbeampte minstens twee weke voor die daaropvolgende kerkraadsvergadering bereik tesame met 'n verslag aan die Kerkraad. Slegs sake waarvan die Kerkraad kennis moet neem of moet oorweeg, word in hierdie verslag vermeld. Dit word in die agenda van die Kerkraadsvergadering opgeneem.

2.5         Slegs handelinge, voorstelle, ammendemente en besluite word genotuleer en nie besprekings of kommentaar nie. 'n Assistentskriba wat deur die kerkraad uit sy geledere aangewys word, kan die skriba bystaan met die skryf van kerkraadsnotules.

2.6         Alle besluite van kommissies is bloot adviserend tensy:

a.         dit goedgekeur word deur die Kerkraad;

b.         dit 'n uiters spoedeisende geval is en daar in oorleg met die Uitvoerende bestuur van die kerkraad gehandel is, en die optrede op die volgende Kerkraadsvergadering bekragtig word;

c.         volmag van die Kerkraad ontvang is om in 'n sekere saak op te tree.

2.7         Die Finans- en Eiendomskommissie vra jaarliks gespesifiseerde inkomste- en uitgawebegrotings van die onderskeie kommissies aan. Alle inkomste ontvang en uitgawes aangegaan word in die notules van die kommissies en in die verslag aan die kerkraad vermeld.

2.8         Kommissierekeninge word beskou as trustrekeninge. Fondse wat nie in 'n bepaalde boekjaar gebruik word nie, word oorgedra na die volgende jaar.

2.9         Die Kerkraad het op 24 April 1991 besluit dat 10% van die gemeente se totale begroting aangewend moet word vir projekte van die Getuieniskommissie. Dit sluit eweredige bydraes in.

2.10      Alle boeke, videos of enige item wat deur die kerkraad goedgekeur is vir bestelling, moet deur die skriba bestel word, en alle dokumentasie daaraan verbonde moet die aansoek vergesel.

2.11       Die interne ouditeur moet sertifiseer dat alle inkomste en uitgawes volgens voorskrif hanteer is. Die voorsitter van die Finans- en Eiendomskommissie moet sertifiseer dat die interne ouditeuring uitgevoer is.

2.12       Kerkraadslede moet gevalle van pastorale versorging m.b.t. bejaardes, siekes, eensames, mense wat in krisisse verkeer of ander hulp nodig het onder die aandag van die skakelbeampte bring.

Navraag oor die kommissies

Merk waar van toepassing, en dui aan hoe ons u kan kontak.

Stuur asb meer inligting oor die kommissies aan my.
Ek wil graag by 'n kommissie aansluit.
Kan iemand my telefonies kontak, asb?

Naam
Titel
Wyk
Adres
E-pos
Tel

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 09/03/10