NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Lydenstyd

 

Tuisblad
Terug

 

Wat ons elkeen behoort te weet oor lydenstyd

 

Wat is Lydenstyd?

Lydenstyd is ‘n seisoen van 46 dae waarin die kerk die lyding van Christus in herinne-ring roep en daarop reageer in voorberei-ding op Paasfees. Lydenstyd wys dat Christus in ons nood ingedaal het. 

Wanneer vier ons Lydenstyd?

Omdat Christene nie op Sondae, die opstandingsdag gevas het nie, begin Lydens-tyd op ‘n Woensdag (As Woensdag), 46 dae voor Paasfees (40 dae en 6 Sondae). Waar hierdie Woensdag nie besondere aandag kry nie, begin sommige kerke (ook ons kerk) hulle Lydenstyd op die Sondag voor hierdie Woensdag (dus sewe Lydens-weke). 

Simbole, gebruike en rituele in Lydenstyd

v       Die kruis is die sentrale simbool in Lydenstyd. Die kruis herinner ons aan die kruisiging van Jesus, ‘n teken van Sy lyding en sterwe. Sit ‘n houtkruis teen jou voordeur of in jou huis, of dra een om jou nek as herinnering aan Lydenstyd.

v       ‘n Doringkroon of spykers kan saam met die kruis dien as simbole.

v       ‘n Groot wit kers met doringdraad daarom gedraai, beeld uit hoe Christus gekom het om bevryding te bring van alle menslike nood. Oor die sewe Lydensweke kan 8 kerse gebrand word (7 vir Lydenstyd en 1 vir Goeie Vrydag). Elke week word een kers doodgeblaas om die donkerte te simboliseer, todat al 8 op Goeie Vrydag doodgeblaas is, om die donkerte van Jesus aan die kruis en in die graf te simboliseer.

v       Die kleure in hiedie tyd is somber – donker aardse kleure, veral pers.

v       Lydenstyd is ‘n tyd van hertoewyding. Daarom staan dissipelskap sentraal. Dit is dus ‘n tyd van toerusting vir dissipelskap.

v       Die gebruik om in hierdie tyd van voedsel te vas, staan in die teken van hertoewyding. Hierdie gebruik kan met ‘n bietjie verbeelding met vrug in ons hui-se gebruik word. As ‘n teken van ons bereidheid om op te offer vir die evangelie, kan ons byvoorbeeld besluit om in hierdie tyd te vas van ‘n gewoonte, soos die lees van tydskrifte of die kyk van televisie. Ons kan ook besluit om van sekere voedelsoorte te vas.

v       Lydenstyd is ‘n tyd van bepeinsing en stilte. Afsondering is daarom baie nodig. Dit is ‘n tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as dié liefdesdaad van alle tye.

v       Lydenstyd is ‘n gereedmaak om vernuwing in ons lewe te ontvang. 

Groot Lydensweek

Dit is die 7de en laaste Lydensweek en begin op die Sondag wat tradisioneel as Palmsondag bekend staan. Dit verwys na die intog van Jesus in Jerusalem wat gekenmerk is deur die skare wat palmtakke geswaai het en Jesus as die Messias verklaar het.

Die kleure van hierdie week verander na donkerrooi om die bloed van Jesus te simboliseer.

Geneem uit BUVTON se Leesrooster vir lidmate -2000 tot 2001

Lynette Horne

Paasfees: die hoogtepunt van ons kerkjaar

 

Wat is Pase?

Dit is die hoogtepunt van die kerkjaar wanneer ons die opstanding van Jesus uit die dood herdenk. 

Wanneer vier ons Paasfees?

Paasfees kan nie losgemaak word van die kruisgebeure nie. Die 4 dae wat begin by die Donderdag-aand en eindig by Paassondag, kan gesien word as een aaneenlopende liturgie. Tydens hierdie 4 dae beleef ons ‘n eksodus wat deur die dood na die lewe lei. 

Donderdagaand: die laaste avondmaal word herdenk, gewoonlik met die viering van die nagmaal.

Goeie Vrydag: die kruisiging van Jesus word herdenk. Die kerk word van alle versiering en simboliek gestroop. Alleen die beker en die bord is daar om ons aan Jesus se bittere lyding te herinner.

Saterdag: geen rituele is voorgeskryf nie, maar ons dink in stille afwagting aan Jesus in die graf.

Paassondag: met die eerste teken van die nuwe dag, tradisioneel die eerste hanekraai, maar vandag met sonsopkoms, breek die vreugde van die opstanding uit die graf en die oorwinning oor die dood deur.

v       Musiek is nou belangrik - ons vreugde gaan oor in lofprysing.

v       Nuwe lewe word gevier. Daarom is dit gebruiklik om in hierdie tyd die doop te bedien en nuwe lidmate te bevestig. Vir ons wat gedoop en reeds lidmate is, is dit ‘n tyd van hertoewyding.

v       Hoewel die paaseier ‘n kommersiële simbool geword het, is die bedoeling van paaseiers om ons aan nuwe lewe te herinner.

v       Kleur staan nou in kontras met die somberheid van die Lydenstyd-kleure. Die dominante kleure is nou wit en goud – kleure van oorwinning en vreugde. Ons kan ons huise en die kerk ook met baie blomme versier! 

Geneem uit BUVTON se Leesrooster vir lidmate -2000 tot 2001 

Lynette Horne

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 09/03/10