|
|
|
|
1. Samestelling. 1.1 Die uitvoerende bestuur word saamgestel uit die leraar, die voorsitters van die permanente kommissies van die kerkraad, die leierouderling, leierdiaken, plus een verteenwoordiger van die vrouediens. 1.2 Kworum: meer as die helfte van die aantal dienende lede. 1.3 'n Kworum van die ouderlinge wat op die uitvoerende bestuur dien, tree op as spoedkommissie van die uitvoerende bestuur (wat moet handel wanneer daar nie tyd is om die volledige uitvoerende bestuur byeen te bring nie). 2. Pligte. 2.1 Uitvoerende bestuur van die kerkraad. 2.2 Opdragte deur die kerkraad verwys. 2.3 Benoem kommissies van die kerkraad asook 'n kommissie vir die voorlopige ondersoek van tugsake en ‘n bedryfskommissie vir die afhandeling van dringende en spoedeisende sake. |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|