|
|
|
|
1 DIE AGTERGROND WAARTEEN DIE ALPHA-KURSUS ONTSTAAN HET [Kommissie se weergawe: volgende 5 paragrawe] Die Alpha-kursus se ontstaan kan teruggevoer word na veral die Third Wave-beweging. Third Wave is die denkstroom van, na eie bewering, die "eindtyd profete". Hulle aanspraak is dat hulle 'n nuwe boodskap vir die kerk het. Die nou reeds bekende "Toronto Blessing" is die direkte uitvloeisel van die invloed wat daar van die "Kansas Prophets" in die Vineyard Kerke in die VSA uitgegaan het. Die "Word of Faith"-leerstellinge van die Rhema-kerk word gevoed deur die Third Wave-beweging. Rodney Howard-Brown, aanvanklik lidmaat van 'n Rhema-gemeente in SA, speel tans 'n leidende rot in die Third Wave-beweging in die VSA. Video-materiaal oor sy byeenkomste, asook dié van ander sogenaamde "profete van die eindtyd", soos Benny Hinn, John Wimber, John Arnot, Rick Joyner, Paul Cain, Kenneth Copeland en talle ander, is vry algemeen in die RSA beskikbaar. Duisende mense, veral jongmense, is klaarblyklik geïnteresseerd in wat hierdie beweging aan die wêreld voorhou. Die Third Wave-beweging is na sy wese nie teosentries nie. Die Christologie dien hoogstens as 'n intermezzo tot die eintlike groot heilsopenbaring: die manifestasie van die Heilige Gees soos dit deur die "profete van die eindtyd" gepropageer word. Die beweging is humanisties van aard,'n openbaring (teologie) "van onder" en nie "lynreg van Bo" (Barth) nie. Die Third Wave-beweging het op sy beurt sy wortels in die profetebeweging, waarvan William Branham die vader genoem kan word. Hiermee is die sogenaamde era van die "profete van die eindtyd" ingelui en deur die Vineyard kerke tot sy uiterste konsekwensies gevoer. Die bekendste hieronder is stellig die Toronto Airport Vinyard. Bovermelde het hom byna onmiddellik in ander Christelike tradisies laat geld. Aan die voorpunt hiervan staan die Anglikaanse gemeente, te wete Holy Trinity Brompton in London. Sedert 1994 het hierdie gemeente 'n bekende baken in die Verenigde Koninkryk geword. Holy Trinity Brompton het op sy beurt aanleiding gegee tot die "Pensacola herlewing" in die VSA. Teologies gesproke kan daar nie een sentrale dogma by die Third Wave-beweging aangetoon word nie. Die rede hiervoor is eenvoudig omdat nuwe profesieë, visioene en drome van hulle profete voortdurend die leringe van daardie kerke (Pinkster, Anglikaans, Protestants, ens.) aanvul en verdring. Die mistieke ervarings van profete (drome, visioene, gesprekke met engele, die Heilige Gees en Jesus word op een lyn met die Woord van God gestel. Dit word selfs bo die Woord van God verhef, omdat nuwe leringe aan 'n nuwe geslag profete en apostels gegee is ten einde sy kerk in die laaste dae in staat te stel om die wêreld te oorwin deur "tekens en wonders" en voor te berei sodat Christus vrygemaak kan word ("can be released") om weer te kom. [Wynberg se kommentaar] Hierdie afdeling gaan uit van 'n aanname: "Die Alpha-kursus se ontstaan kan teruggevoer word na veral die Third Wave-beweging." Dit word nie gestaaf nie en is gebaseer op afleidings wat sekere sekondêre bronne (Hanegraaff 1997 het waarskynlik daarmee begin) oor Alpha maak. Die naam "Third Wave movement" is 'n skepping van C. Peter Wagner, die vader van die "Church growth" beweging en professor van Fuller Theological Seminary. Wagner het daarmee verwys na "…a new moving of the Holy Spirit among evangelicals who, for one reason or another, have chosen not to identify with either the Pentecostals or the charismatics". Wilson beskou 'n sterk roeping om te evangeliseer as een van die vernaamste kenmerke van die beweging: "The fulfillment of Jesus Christ's challenge, the Great Commission, remains their passion, and though they differ in method, style, and, occasionally, outlook, they are bound together in the divine quest of evangelism." Wagner het nie 'n negatiewe intensie met sy tipering gehad nie. Hy kon homself ook met die beweging identifiseer. Die beweging het ook 'n vorm van tug toegepas op kerke wat na hul mening "ontspoor" het. John Whimber het volgens Wilson byvoorbeeld die Vineyard Association oorreed om die berugte "Toronto Airport Vineyard", setel van die "Toronto blessing", uit te skop "…when the focus dramatically shifted from changed lives to exotic manifestations (like animal noises and violent shaking)…" Die volgende stelling van die kommissie is dus verkeerd: "Die nou reeds bekende 'Toronto Blessing' is die direkte uitvloeisel van die invloed wat daar van die "Kansas Prophets" in die Vineyard Kerke in die VSA uitgegaan het…" Die Vineyard kerke het hulle in werklikheid daarvan gedistansieer! Hierdie feite word ongelukkig ook nie deur die kritici van die beweging verreken nie. Wilson beskryf Hanegraaff se styl soos volg: 'Perhaps the most vocal critic of the Third Wave movement is Hank Hanegraaff, President of the Christian Research Institute and host of the weekly radio show, "The Bible Answer Man." In his books, Hanegraaff fervently attacks the Third Wave. Vineyard Association churches figure prominently in his book The Counterfeit Revival. In this book, charismatic leaders are referred to repeatedly as "Counterfeit Revival Leaders;" thus, John Wimber is always called "Counterfeit Revival Leader John Wimber". Hanegraaff's ammunition is supplied, for the most part, by the bizarre goings-on at Toronto's Airport Vineyard.' Ons kan volkome met die volgende stelling van Wilson saamstem: "What MacArthur, Hanegraaff, and others fail to realize, is that abuses trouble every kind of church. If we are to judge an entire movement based on the misdeeds of a few, then we should abandon Christianity altogether. Evangelical churches have been ravaged by adulterous pastors, criminal leadership, and, most widespread, hypocritical and shallow laity. Are we to dismiss all of evangelicalism based on these sins?" Het die kommissie ook gelet op wat die primêre bronne, naamlik die kursusmateriaal self, oor die teoretiese agtergrond en teologiese beginsels sê? Moet dit nie eerder die vertrekpunt wees nie? Volgens Nicky Gumbel (1996:17) het die kursus uit die evangeliese beweging ("the renewal movement in the Decade of Evangelism") gegroei. Die volgende teoloë het 'n sterk invloed op die teologiese beginsels van die Alpha kursus uitgeoefen: John Stott, Michael Green (Raadgewer vir evangelisasie vir die Aartsbiskoppe van Canterbury en York), Graham Gray (Universiteit van Cambridge), Graham Tomlin (Universiteit van Oxford) en in 'n mindere mate John Wesley, George Whitefield, Charles Finney en D.L. Moody (Gumbel 1996:17-34). Die vernaamste bron word soos volg beskryf: "Alpha is based on six New Testament principles; in this first chapter, I want to look at each of these principles in turn." Gumbel verwys na Hoofstuk 1 van die publikasie "Telling Others" wat die agtergrond en teologiese beginsels van die kursus uiteensit. Waarom het die kommissie dit nie vermeld of bespreek in hul uiteensetting van die agtergrond nie? Die publikasie is beskikbaar by boekwinkels wat die materiaal verkoop en word prominent geadverteer. |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|