|
|
|
|
3.6 Bekerings in Alpha [Kommissie se weergawe: volgende 2 paragrawe] Op die dag van die uitstorting van die Heilige Gees was Petrus se toehoorders "diep in die hart getref' (Hand 2.37). Die tronkbewaarder van Fillippi het dringend gevra: "Menere, wat moet ek doen om gered te word?" (Hand 16.30). Hulle het besef dat hulle sondaars is. Hulle het besef dat hulle slegs deur die genadige ingrype van God gered kan word. Net die woorde en dade van God kan 'n mens red (1 Tes 2.13). Die aard van die bekerings wat Alpha boekstaaf, verskil hiervan. Meermale is dit niks meer nie as 'n emosionele ervaring van die liefde van God sonder enige begrip van heiligheid en die noodsaaklikheid om van jou sonde verlos te word. Daar is geen erkenning van die noodsaaklikheid om om te draai, na God toe te draai as 'n saak van lewe en dood, nie. Mense voel vergewe, maar sonder om die diepte van hulle sondigheid te besef en weg te draai van 'n lewe in sonde. Dit gebeur dikwels wanneer mense die een of ander ekstatiese belewenis gehad het. Dit word toenemend duidelik dat dit hier meer gaan oor 'n bekering tot 'n christelike lewenstyl as 'n bekering tot Christus. Alpha mag dit as bekering beskou, maar dit is nie hoe God Hom in sy Woord hieroor aan ons openbaar nie. Wat hier jammerlik uit die oog verloor word, is dat iets lewensbelangriks 'n christelike lewenswyse voorafgaan:'n hartgrondige ingrype deur God in jou lewe. [Wynberg se kommentaar] Daar vind duisende bekerings tydens die Alpha aanbiedings plaas. Die kommissie verwys na "bekerings wat Alpha boekstaaf". Na watter bron verwys hulle? Die volgende aanhalings uit die materiaal klop nie met die kommissie se bevinding nie: dit sê die teenoorgestelde. [Aanhaling uit kursusmateriaal: Gumbel 1995] John Wimber, an American pastor and church leader, describes how the cross became a personal reality to him: After I had studied the Bible...for about three months I could have passed an elementary exam on the cross. I understood there is one God who could be known in three Persons. I understood Jesus is fully God and fully man and he died on the cross for the sins of the world. But I didn't understand that I was a sinner· I thought I was a good guy. I knew I messed up here and there but I didn't realise how serious my condition was. But one evening around this time Carol [his wife] said, 'I think it's time to do something about all that we've been learning.' Then, as I looked on in utter amazement, she knelt down on the floor and started praying to what seemed to me to be the ceiling plaster.'Oh God,' she said, 'I am sorry for my sin. I couldn't believe it. Carol was a better person than I, yet she thought she was a sinner. I could feel her pain and the depth of her prayers. Soon she was weeping and repeating, 'I am sorry for my sin.' There were six or seven people in the room, all with their eyes closed. I looked at them and then it hit me: They've all prayed this prayer too! I started sweating bullets. I thought I was going to die. The perspiration ran down my face and I thought, 'I'm not going to do this. This is dumb. I'm a good guy.' Then it struck me. Carol wasn't praying to the plaster; she was praying to a person, to a God who could hear her. In comparison to him she knew she was a sinner in need of forgiveness. In a flash the cross made personal sense to me. Suddenly I knew something that I had never known before; I had hurt God's feelings. He loved me and in his love for me he sent Jesus. But I had turned away from that love; I had shunned if all of my life. I was a sinner, desperately in need of the cross. Then I too was kneeling on the floor, sobbing, nose running, eyes watering, every square inch of my flesh perspiring profusely. I had this overwhelming sense that I was talking with someone who had been with me all of my life, but whom I failed to recognise. Like Carol, I began talking to the living God, telling him that I was a sinner but the only words I could say aloud were,'Oh God, Oh God.' I knew something revolutionary was going on inside of me. I thought, 'I hope this works, because I'm making a complete fool of myself.' Then the Lord brought to mind a man I had seen in Pershing Square in Los Angeles a number of years before. He was wearing a sign that said, 'I'm a fool for Christ. Whose fool are you?' I thought at the time, 'That's the most stupid thing I've ever seen.' But as I kneeled on the floor I realised the truth of the odd sign: the cross is foolishness 'to those who are perishing' (1 Corinthians 1.18). That night I knelt at the cross and believed in Jesus, I've been a fool for Christ ever since'" p53-55. [Wynberg se kommentaar] Die volgende gebed illustreer 'n aspek van bekering wat nie met die kommissie se bevinding klop nie: [Aanhaling uit kursusmateriaal: Gumbel 1995] If you are unsure about whether you have ever really believed in Jesus, here is a prayer which you can pray as a way of starting the Christian life and receiving all the benefits which Christ died to make possible. Heavenly Father I am sorry for the things I have done wrong in my life. [Take a few moments to ask his forgiveness for anything particular that is on your conscience.] Please forgive me. I now turn from everything which I know is wrong. Thank you that you sent your Son, Jesus, to die on the cross for me so that I could be forgiven and set free. From now on I will follow and obey him as my Lord. Thank you that you now offer me this gift of forgiveness and your Spirit. I now receive that gift. Please come into my life by your Holy Spirit to be with me for ever. Through Jesus Christ, our Lord. Amen…p 55. [Wynberg se kommentaar] Die Alpha publikasie "Waarom Jesus" wat uit Engels vertaal is, bevat die Alpha kursus se siening van bekering in 'n neutedop. Ons haal slegs dele aan wat die kommissie se bevinding weerlê. [Aanhaling uit kursusmateriaal: Gumbel 1997] Waarom Jesus? Christenskap gaan oor verhoudings eerder as reëls. Dit gaan oor'n Persoon meer as oor 'n filosofie. Dit gaan oor die heel belangrikste verhouding van almal - ons verhouding met die God wat ons geskape het. Jesus het gesê die eerste en grootste gebod is om God lief te hê. Die tweede is om ons naaste lief te hê. Dit sluit ook ons verhoudings met ander mense in… c) Hy bevredig ons behoefte aan vergifnis As ons eerlik is, sal ons erken dat ons almal dinge doen wat ons weet verkeerd is. Soms doen ons dinge waaroor ons diep beskaamd staan. Daar is 'n selfgesentreerdheid wat ons lewens bederf. Jesus sê: 'Wat van binne af nit 'n mens kom, dit maak'n mens onrein. Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord, owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoogmoed, ligsinnigheid. Al hierdie slegte dinge kom van binne af en dit maak 'n mens onrein' (Markus 7.20-23). Ons grootste behoefte is aan vergifnis. Net soos iemand met kanker'n dokter nodig het, of hy dit besef of nie, het ons vergifnis nodig, of ons dit besef of nie. Die persoon wat sy behoefte erken, is veel beter daaraan toe as die persoon met 'n valse gevoel van sekuriteit. Met sy dood aan die kruis het Jesus dit vir ons moontlik gemaak om vergifnis te ontvang en om terug te keer na 'n verhouding met God. So voorsien Hy in ons diepste behoefte… WAAROM HET HY GEKOM? Jesus is die enigste persoon wat ooit gekies het om gebore te word en een van die min wat gekies het om te sterf. Hy het na die aarde gekom om vir ons te sterf: 'Die Seun van die Mens het... gekom om ... sy lewe te gee as losprys vir baie mense' (Markus 10:45). Volgens ons kennis van kruisiging was dit een van die grusaamste vorms van dood aan die mens bekend. Cicero beskryf dit as 'die mees grusame manier van marteling'. Jesus is geslaan met 'n sweep van 'n aantal leerrieme met stukkies yster en been daaraan vasgemaak. Volgens Eusebius, 'n derde-eeuse historikus: 'Die slagoffer se are is oopgeslaan, en die spiere, senings en derms van die slagoffer is ontbloot.' Jesus is ook gedwing om 'n sesvoet-lange kruis te dra totdat Hy neergeval het. Toe Hy die plek bereik waar Hy tereggestel sou word, is sesduim-lange spykers deur sy poise en voete geslaan en is Hy aan die kruis vasgespyker. Hy het ure lank daar gehang, in verskriklike pyn. Tog maak die Nuwe Testament dit duidelik dat daar iets was wat erger vir Jesus was as die fisieke en emosionele pyn - die geestelike marteling om van God geskei te wees terwyl Hy al ons sondes gedra het… Waarom het Hy gesterf? Jesus sê dat Hy 'vir' ons gesterf het. Die woordjie 'vir' beteken 'in die plek van'. Hy het dit gedoen omdat Hy ons liefhet en Hy nie wou hê dat ons gestraf moes word vir al die verkeerde dinge wat ons gedoen het nie. Aan die kruis het Hy in werklikheid gesê:'Ek sal dit alles op Myself neem.' Hy het dit vir jou en vir my gedoen. As ek of jy die enigste persoon op aarde was, sou Hy dit vir ons gedoen bet. Die apostel Paulus skryf van 'die Seun van God, wat sy liefde vir my bewys bet deur sy lewe vir my af te lê' (Galasiërs 2.20). Dit was uit liefde dat Hy sy lewe as 'n losprys gegee het. Die woord 'losprys' kom van die slawemark.'n Gawe man mag 'n slaaf koop en hom vrylaat, maar eers moes by die losprys betaal. Jesus bet met sy bloed aan die kruis die losprys betaal wat ons vrygemaak het… Vryheid van wat? a) Vry van skuld Of ons skuldig voel of nie, ons is almal skuldig voor God. Ons bet sy gebooie talle kere oortree in ons gedagtes, woorde en dade. As iemand 'n misdaad pleeg, word by gestraf. Net so is daar 'n straf vir die oortreding van God se gebooie:'Die loon wat die sonde gee, is die dood' (Romeine 6:23). Die gevolg van die verkeerde dinge wat ons doen, is geestelike dood - ons word vir ewig van God afgesny. Ons almal verdien daardie straf. Aan die kruis bet Jesus die straf namens ons op Hom geneem sodat ons volkome vergewe en ons skuld weggeneem kan word. b) Vry van slawerny Die dinge wat ons verkeerd doen, verslaaf ons. Jesus sê:'Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde' (johannes 8.34). jesus het gesterf om ons vry te maak van slawerny. Aan die kruis is die mag van slawerny verbreek. Alhoewel ons van tyd tot tyd mag val, is die mag van die slawerny verbreek as Jesus ons vrymaak. Daarom gaan Jesus voort om te sê:'Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees' (johannes 8.36). c) Vry van vrees Jesus het gekom 'om deur sy dood die een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle lewe lank in slawerny was, te bevry' (Hebreers 2:14-15). Ons hoef nie langer die dood te vrees nie. Vir hulle wat deur Jesus vrygemaak is, is die dood nie die einde nie. Inteendeel, dit is die poort na die hemel waar ons vry sal wees van selfs die teenwoordigheid van sonde. Toe Jesus ons vrygemaak het van die vrees van die dood, het Hy ons ook vrygemaak van alle ander vrese. WAT MOET ONS DOEN? Uit die Nuwe Testament is dit duidelik dat ons iets moet doen om God se geskenk te aanvaar. Dit is 'n geloofsdaad. Johannes skryf: 'God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê' (Johannes 3.16). Ons geloof is gebaseer op alles wat ons van Jesus weet. Dit is nie 'n blinde geloof nie. Ons plaas ons vertroue in 'n Persoon, soos die stap van geloof wat 'n bruid en bruidegom neem wanneer hulle sê: 'Ek sal'. Die manier waarop mense hierdie stap van geloof neem, verskil geweldig. Ek wil een manier om die stap te neem in drie woorde beskryf: a) 'Jammer' Jy moet God vra om jou te vergewe vir al die dinge wat jy verkeerd gedoen het en wegdraai van alles in jou lewe wat jy weet verkeerd is. Dit is wat die Bybel bedoel met 'berou'. b) 'Dankie' Ons glo dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het. Bedank Hom dat Hy vir jou gesterf bet en vir jou die gratis geskenk van vergifnis, vryheid en sy Gees aanbied. c)'Asseblief' God forseer nooit sy weg oop in ons lewens nie. Jy moet sy geskenk aanvaar en Hom innooi om in jou lewe te kom woon deur sy Gees. As jy graag 'n verhouding met God wil hê en jy is gereed om hierdie drie dinge te sê, is daar 'n eenvoudige gebed wat jy kan bid om daardie verhouding te bevestig: Here Jesus Christus, Ek is jammer vir die dinge in my lewe wat ek verkeerd gedoen bet. (Neem 'n paar oomblikke om vergifnis te vra vir enigiets spesifieks wat jy op jou gewete bet.) Vergewe my asseblief. Ek draai nou weg van alles wat ek weet verkeerd is. Dankie dat U vir my aan die kruis gesterf het sodat ek vergewe en vrygemaak kan word. Dankie dat U vir my vergifnis en die gawe van die Gees aanbied. Ek ontvang die gawe. Kom asseblief in my lewe met u Heilige Gees om vir ewig by my te wees. Baie dankie, Here Jesus. Amen. |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|