NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terugvoering Inhoud

Eredienste

 

Tuisblad
Soorte dienste
Gewyde dienste
Formele Dienste
Informele dienste
Gesamentlike dienste

 

Weeklikse Bulletin

11 November 2011

 

UITNODIGING NA BRAAI MET KERSLIEDERE OP WYNPLAAS


Ons nooi u na ons spesiale bring en braai en "Kersliedere by Kerslig" (Carols by Candelight) op volgende Sondag 20 November om 18:00 te Klein-Constantia wynplaas. Ons vorige braai tussen die wingerde met die pragtige uitsig op die berge was ?n onvergeetlike belewenis. Daar sal ook weer 'n 4x4 rit na die boonste dam wees vanwaar die betowerende uitsig oor die wynvallei geniet kan word. Ons verskaf die vure en roosters, en ons orkes sal ons begelei. U bring u eie kos en eetgerei. Komberse, kampstoele en ekstra kerse sal ook handig wees. Daar sal daar geen aanddiens by die kerk wees nie.


ALTA DU TOIT NASORG SENTRUM

Ons wil jou graag uitnooi om ons te help om hierdie jaar spesiaal te maak vir ons inwoners by die Alta du Toit Nasorgsentrum. Dis baie maklik om deel te wees van die oplossing. Ons voorsien aan elke inwoner wat vir die vakansie na sy/haar familie gaan 'n kospakkie. Vir diegene wat agterbly is daar 'n vakansieprogram sodat hulle ook in die feestyd bederf word.

Ons benodig die volgende vir die feesseisoen wat voorlê:

Kospakkies
rys (1 kg-pakkies), hawermout, blikkieskos bv sardyne, groente, ertjies, bake beans, gemengde groente & bully beef koffie & tee, goue stroop, konfyt, grondboontjiebotter, toiletware, soja maalvleis, mieliemeel, pasta, suiker, droë sopmengsel bv. ertjie, boontjie, gort en lensie, waspoeier.

Vakansieprogram:
Die sentrum bied 'n vakansie program aan vir die kliënte wat by die sentrum inbly en nie meer familie het nie. Daar word verskeie aktiwiteite beplan vir hierdie tyd, maar ons benodig ook koekies, lekkergoed, aartappelskyfies en koeldrank.

SPESIALE DIENSTE

Ons herinner u aan ons twee spesiale dienste wat plaasvind:

Op 20 November is dit die Kinder kerssangdiens Kore van Simon van der Stel en Wynberg Boys en Girls High sal by Hierdie besonderse geleentheid optree.

Op 4 Desember vind die Kerssangdiens plaas onder leiding van Danie Smit en sy lede.

PLUMSTEAD RUSOORD

Plumstead Rusoord hou op 3 Desember hul basaar vanaf 08:00 tot 14:00. Op 1 en 2 Desember vanaf 17:00 tot 20:00 bied hul aandete aan die Tema is Eat Around the World fair. Met verskillende kossoorte van reg oor die kontinent.

Almal word hartlik uitgenooi om na die geleenthede indien u Vir verdere navraë skakel: Marelise of Harlane 021 761 2323.

BLINDERS

Een van ons lidmate Johannes en Theresa verkoop blinders (Venetian, Basswood, Plasswood, Rolblinders, ens). Die Kwotasie en installasie is gratis. Hul gee 5% korting vir ons lidmate. Hul doen dit na ure en op naweke). Kontak asb. vir: Theresa by 082 570 8624 of vansdecorcape@gmail.co.za

SKILDERYE TE KOOP

Daar is pragtige skilderye te koop, en kan besigtig word in die saal, dit is deel van die fondsinsamelings kommissie.

50% van die verkoopprys word aan die kerk geskenk.

FONDSINSAMELING PROJEKTE PROGRAM VIR 2011

12 November - Chelsea Kersmark in ons saal

27 November - Potjiekos na kerk - Kersfeespot

PERSOONLIKE BESONDERHEDE VERANDER?

Sal lidmate wie se persoonlike besonderhede verander het soos bv. adres, telefoon, selfoon nommers en epos verander het, asb op hierdie email "reply" met u kontak nr. en naam. Die kerkkantoor sal dan vir u kontak.

OU KLERE BENODIG

Die kerkkantoor benodig dringend ou en nuwe klere, linne, skoene, wit olifante en gordyne. Skakel asb. 021 797 8340.

 

 

 

PROGRAM VIR DIE VOLGENDE WEEK

 

 

Sondag 13 November

08:00

Vroëe oggenddiens

Dr. D.T. Nel

 

09:30

Formele Erediens

Dr. D.T. Nel

 

09:30

Kategese

 

 

18:00

Aanddiens

Dr. D.T. Nel

 

Maandag 14 November

18:00

Kerkraad en Kommissie vergadering

Dinsdag 15 November

19:00

Biduur by die Pastorie

Woensdag 16 November

05:45

Manne Bybelstudie

 

19:00

Belydenisklas te Pastorie

 

Veels Geluk!

 

Dinsdag 15 November

Hermanus van Zyl

 

 

Algemene Afkondigings:

1.    Wynberg se Bybelskool

 

Wynberg se Bybelskool

Doel: Ons poog om aan u 'n goeie fondament te gee om die Bybel beter te verstaan deur te fokus op die goue draad of kernboodskap wat deur die hele Bybel loop. Ons wil u hierdeur help om die Bybel te bestudeer en te ken vanuit sy geheel, want ons is oortuig dat diè kennis onontbeerlik is vir 'n meer standvastige en dinamiese geloofslewe.

Metode van onderrig: Ons gaan telkens die hoofgedagte, die belangrikste betekenis en die boodskap van elke boek probeer uitwys en dit dan in verband plaas met die res van die Bybel. Op hierdie wyse kry u 'n beter begrip van die boodskap as geheel.

Aanvullende Bronne: Ons maak gebruik van twee standaardwerke wat sterk deur Bybelskole en Bybelwetenskaplikes aanbeveel word.

Wat van studente verwag word: Om een maal per week lesings by te woon en om die voorgeskrewe gedeeltes uit die Bybel en handboek weekliks te lees.

Vergadertye: Die oggendgroep vergader op Woensdae om 09:00 in die kerkgebou en die aandgroep op Donderdae om 19:00 by die pastorie (St Johns straat 6). Kontak die aanbieder, Dr. Danie Nel (797-7115) as u wil aansluit of vir verdere inligting.

 

3.    Vernuwing in die Wynberg Gemeente --   Gemeente netwerk: Ons soek 30 gesinne wat 3 ander gesinne sal ‘aanneem’. Hierdeur sal ’n netwerk van 120 gesinne op die been gebring word. Huisbesoek, uitnodigings en nuus in die gemeente sal makliker almal kan bereik. Ons kort nog 15 gesinne om 3 gesinne aan te neem.   Kontak die kerkkantoor indien julle gesin belangstel.

4.    Gebedsaksie. Ons nooi almal hartlik uit, om by ons aan te sluit op Dinsdagaande by ons Gebedsaksie vanaf 19:30 – 20:30 by die NGK.

 

 

Die Alpha kursus word tans vir  'n nuwe groep van jongmense (getroud en ongetroud) aangebied. Kontakpersoon: Dr. Danie Nel.

A life worth living  Hierdie kursus deur Nicky Gumbel, ook bekend as Alpha 2 by ons, word tans in die kleingroepe aangebied. Almal wat belangstel om dit by te woon, word versoek om hul name en telefoonnommers by die kerkkantoor te gee sodat ons u kan kontak.

ALMAL IS BAIE WELKOM!!

Baie mense is nie bewus daarvan nie maar die kursusse word só aangebied dat Engelstalige mense dit maklik kan volg. As u dus weet van mense kan u gerus die kursusse vir hulle aanbeveel.

Text Box: Die Gemeente van Wynberg verwelkom ook alle nuwe intrekkers. U  kan gerus net  na die diens voor die kansel wag sodat ons u behoorlik kan groet  en u  besonderhede neem.
 

 

 

 

Kom drink gerus 'n koppie koffie of tee saam met ons na afloop van die diens in die saal.

Text Box: Kom drink gerus 'n koppie koffie of tee saam met ons na afloop van die diens in die saal.

 

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12