|
|
|
|
Bylaag 3: Analise van die kommissie se verslag. VERSLAG N5 VAN DIE SINODALE KOMMISSIE VIR LEER EN AKTUELE SAKE WAT VOOR DIE 49 STE VERGADERING VAN DIE SINODE VAN DIE NG KERK IN DIE OVS GEDIEN HET WAT VANAF 8 TOT 12 SEPTEMBER 2003 PLAASGEVIND HET. DIE ALPHA-KURSUS - 'N BEOORDELING Die volgende analise van die kommissie se verslag word aangebied ter stawing van die volgende appèlgrond: "4. Die kommissie het as gevolg van bogenoemde metodologiese leemtes 'n wanvoorstelling ten opsigte van sowel die ontstaan as die inhoud van die Alpha kursus aan die Sinode gemaak." Die kommissie se betoog word volledig weergegee sodat die evaluasie binne konteks gedoen kan word. Wynberg se kommentaar word in omraamde blokke aangedui en met grys gevul. Aanhalings uit die kursusmateriaal word in Times Roman gedruk en in kursiewe vorm aangedui. Die analise volg dieselfde indeling as die verslag, naamlik: 1 DIE AGTERGROND WAARTEEN DIE ALPHA-KURSUS ONTSTAAN HET 2 DIE TOTSTANDKOMING VAN DIE ALPHA-KURSUS
4 DIE PRAKTIESE AANBIEDING VAN ALPHA [Kliek op 'n afdeling om dit te sien] |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|