NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Bylaag 6

 

Tuisblad
Terug

 

Bylaag 6: Persverklaring van SKLAS-OVS

VERKLARING SKLAS-OVS : INSAKE ALPHA-KURSUS

Die goeie trou van die Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake van die Vrystaatse Sinode is kragtens sy beoordeling van die Alpha-kursus ten onregte onder ernstige verdenking geplaas.  Dié Kommisie is oor die radio en in Die Kerkbode deur dr Danie Nel en die Kerkraad van die NG Gemeente Wynberg daarvan beskuldig dat wanvoorstellings aan die Vrystaatse Sinode voorgelê is, dat wesenlike foute begaan is en dat die wyse van ondersoek oppervlakkig was.

Die wetenskaplike aard van ’n ondersoek word tog aan die volgende gemeet:

§           Eerstens, is die primêre bronne geraadpleeg?

§           Tweedens, is die kursus beoordeel aan die hand van dit wat dit voorgee om te wees?

Aan hierdie kriteria is onses insiens voldoen:  Die Alpha-kursus is as ’n eerste kennismaking met die Christelike geloof bedoel.  Die voorveronderstelling is tog dat wat vir ons ’n grondoortuiging is, ’n hartsaak, hierin vervat sal wees.  Die kursus is aan die hand hiervan beoordeel.  Die kursusmateriaal is sistematies deurgewerk, primêre bronne is geraadpleeg en ’n teologiese beoordeling het gevolg.  Die integriteit van die Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake staan bo alle verdenking.

DR DAWIE OOSTHUYSEN
VOORSITTER : SKLAS
NG KERK IN DIE OVS

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12