|
|
|
|
Ek wil u bedank vir u ondersteuning van ons debietorderprojek. Die stelsel hou vir ons finansiële beplanning ‘n hele aantal voordele in. Ons hoop om die gebruik van die stelsel uit te brei onder lidmate, en sal dit waardeer as u ons sal help om dit te bevorder in u omgang met mede-gemeentelede. Onthou dat u die bydrae ter eniger tyd kan verander. Ons vra slegs dat u dit skriftelik vir ons saakgelastigde, Frans Mayoss, sal gee of faks aangesien ons ‘n rekord van alle veranderings moet hou. Ons uitgawes styg natuurlik ook jaarliks en ons sal enige inflasie-aanpassing waarvoor u kans sien grootliks waardeer. Weereens baie dankie. Groete
Roelof Horne Voorsitter: Finansies en Eiendomme |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|