|
|
|
|
NGK en VGK van Wynberg span saamDIE BURGER, 30 April 2007
Volgens me. Sylvia Maasdorp, woordvoerder van dié gemeentes, is die samewerkingsproses tussen die NG gemeente en die VGK-gemeente hier reeds ’n hele paar jaar aan die gang. “Die gemeentes berei nou ook voor om van 6 Mei tot 17 Junie ’n veldtog van doelgerigtheid te hou. “Dié veldtog is daarop gemik om die gemeentes saam te laat besin oor die doelgerigtheid en herlewing van die Christelike lewe. Ons beskou dit as ’n mylpaal in die geskiedenis van die twee gemeentes en die kerke.” Sy het gesê prof. Russel Botman, rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), het die samewerking tussen die gemeentes destyds voorgestel en begin dryf. “Ons, die Wynberg-gemeentes, wil die tegniese punte wat die twee kerke van eenwording weerhou, oorbrug. Gemeentelede en die twee kerkrade werk reeds geruime tyd saam en vergader ook saam.” Maasdorp het gesê die veldtog begin op 6 Mei met ’n spesiale erediens. Gemeentelede sal hulle op dié dag vir die veldtog registreer en sal ook ’n spesiale gids ontvang waarin die res van die viering bespreek sal word. Daar sal elke Sondag ’n erediens met ’n spesiale tema gehou word. Gemeentelede sal in die week huisbyeenkomste hou waar die gids deurgewerk en die temas bepreek sal word. Volgens ds. James Buys, leraar van die VGK-gemeente met sy 700 lidmate, sleep die twee sinodes van die NG en Vereni-gende Gereformeerde Kerk voete met die eenwordingsproses. Die twee Wynberg-gemeentes werk reeds sedert die negentigerjare saam. “Die twee kerke se aanddienste en verskeie ander aktiwiteite word lankal saam gedoen. “Die kerkrade vergader saam en daar is ook verlede jaar besluit om so vinnig moontlik een te word.” Dr. Danie Nel, leraar van die NG Kerk Wynberg, het gesê die twee gemeentes
het in 2001 gevra waarom die twee gemeentes nie weer een kan word nie. “Dit lyk
egter asof dit nog jare gaan duur voordat die NG en Verenigende Gereformeerde
kerkverbande gaan verenig. Die twee Wynberg-gemeentes streef intussen daarna om
sover moontlik as een gemeente te funksioneer. Dit sluit die bestuursvlak en
lidmate in.” |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|