NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Diens

 

Tuisblad
Terug

 

1.         Samestelling.

Die kommissie word soos volg saamgestel:

a.         Minstens 2 kerkraadslede waarvan minstens 1 'n diakens is.

b.         1 verteenwoordiger van die Vrouediens.

c.         1 verteenwoordiger van die CMR.

d.                  Bykomende lede wat die kommissie wil koöpteer.

e.                  Skakelbeampte. 

2.         Pligte.

2.1       Instandhouding en koördinering van die diensaksie. Hierdie aksie maak ons gemeente se liefde sigbaar deur daadwerklike diensbetoon. Die klem val op doen, hoewel daar ook gepraat word. Enige persoon wat daarvan hou om met die hande te werk, inkopies te doen, mense te vervoer, te bak, of iemand wat selfs 'n professionele diens as getuienis wil verrig, is welkom om by die diensaksie aan te sluit. Lidmate kan by die volgende diensgroepe aansluit:

a.         'n Ondersteuningsgroep wat praktiese hulp verleen aan bejaardes, sorgbehoewendes, enkelouers, en mense wat in krisisse verkeer. Dit kan die volgende behels: voedsel, klere, ruikers, herstelwerk, of mediese hulp.

b.         'n Vervoerdiens wat bejaardes help met vervoer na eredienste, hospitale, en inkopiesentrums. Lede help ook om die seniorklub te vervoer tydens uitstappies.

c.         'n Voedselprojek wat voedsel aankoop en kospakkies opmaak vir verspreiding aan mense wat ondersteun word. Lidmate van ons eie gemeente sowel as omliggende gemeentes word ondersteun.

d.         Dienswerk aan die plakkers in Houtbaai. Lidmate wat bereid is om veral mediese en opvoedkundige dienste te lewer, kan by hierdie aksie aanluit. Ons werk in hierdie verband saam met ander kerke.

e.         Hulp aan die nagskuiling in Wynberg.

f.          'n Geletterheidsprojek vir die plaasarbeiders in die Constantia-vallei wat in samewerking met die Verenigende Gereformeerde Kerk van Wynberg aangepak word.

g.         Morele ondersteuning aan die plaaslike polisie deur middel van praktiese hulp.

2.2       Skakeling met CMR en ander welsynsorganisasies.

a.         Pleegsorg.

b.         Enige barmhartigheidswerk.

2.3       Doen aanbevelings aan die finans-eiendomskommissie oor die verskaffing van fondse aan barmhartigheidsinstansies.

2.4       Opdragte deur die kerkraad verwys.

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12