NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Diensverhoudings

 

Tuisblad
Terug

 

1.         Samestelling.

1.1       Die kommissie word saamgestel uit kundiges wat kennis dra van arbeidsreg, personeelbestuur, finansiële bestuur en fasilitering.

1.2       Minstens 1 kerkraadslid.

1.3       Die leraar wat afwesig sal wees wanneer sake bespreek word wat hom of haar raak.

2.         Pligte.

2.1       Die kommissie sien om na alle sake wat die personeel van die gemeente raak.

2.2       Die kommissie vergewis hom van die toepaslike arbeidswetgewing, bepalings van die Kerkorde en algemene personeelbestuurspraktyke.

2.3       Die kommissie is verantwoordelik vir die opstel en uitvoering van ‘n personeelbeleid wat ten doel het om te verseker dat billike personeelpraktyke, binne die raamwerk van die betrokke wetgewing, konsekwent toegepas word. Die personeelbeleid dien as bestuursriglyn waarbinne bestuursbesluite ten opsigte van diensvoordele en diensvoorwaardes geneem word. Tensy skriftelik anders ooreengekom, sal die beleid as ‘n integrale deel van die dienskontrak tussen die werkgewer en die werknemer beskou word.

2.4       Die kommissie tree op namens die kerkraad in onderhandeling met die personeel (diensooreenkomste, vergoeding, ens.) maar verteenwoordig ook die kerkraad in die dag-tot-dag toesig en versorging van die personeel.

2.5       Die kommissie dien as kommunikasiekanaal vir die kerkraad en die personeel.

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12