|
|
|
|
Wat is vir ons belangrik? Waarna streef ons? Wat wil ons graag bereik? Wat gee aan ons identiteit? Waarom gaan ons kerk toe en wat soek ons in die erediens? Wat het ons om aan te bied? Ons identiteit en visie
Ons wil met ons hele hart daarna soek om ons hemelse Vader beter te leer ken. Ons streef op alle terreine van ons gemeente daarna om te groei in ons verhouding met ons enigste Verlosser, Jesus Christus, sodat sy liefde in en deur ons kan werk. Ons bid dat die Heilige Gees ons voortdurend sal vul met sy krag sodat ons in woord en daad sy getuies mag wees. Met die gawes wat Hy aan ons toevertrou, wil ons elke dag bou aan ‘n gesonde, positiewe en diensbare gemeente Wat die absolute gesag van die Bybel en sy boodskap ernstig opneem; Met eredienste waarin mense God ervaar en verheerlik; Wat mekaar aanspoor om volhardend te bid; Waarin mense beleef dat hulle met Jesus se liefde versorg word; Wat naby en ver oor alle grense sal getuig; Wat jonk en oud se gawes raaksien en geleenthede skep waar hulle toegerus kan word om dit te gebruik; Wat mekaar oproep om te doen wat ons sê en te kies vir die behoeftiges wat geen helper het nie; Wat spesiale aandag aan die jeug, bejaardes, gesinne en enkellopendes gee; Wat mense van nou help glo en soekende mense met liefde sal begelei tot ‘n lewende verhouding met Jesus Christus; Wat ruimte maak vir die verskillende wyses waarop mense die teenwoordigheid van God ervaar; Wat saam met ander kerke sal bou aan die eenheid van die kerk en op alle terreine hoop, versoening, en geregtigheid sal bevorder; Wat nooit volstaan met die bestaande manier van dink en doen nie, maar met die oor op die Skrif en die oog op die wêreld ons Here se goeie nuus in alles wat ons dink, sê en doen, sal illustreer.
|
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|