NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Ekumenies

 

Tuisblad
Terug

 

1.       Samestelling.

1.1       Die Ekumeniese kommissie word saamgestel uit 3 lede waarvan minstens 2 kerkraadslede moet wees plus die leraars.

2.1       Die lede word volgens 'n ooreenkoms met die VGK van Wynberg deur die gesamentlike kerkraadsvergadering van die twee gemeentes aangewys en deur die kerkrade afsonderlik bekragtig.

2.         Pligte.

2.1       Die kommissie behartig skakeling met ander gemeentes van die Ned. Geref. Kerkfamilie asook met ander Kerke. 

2.2       Die kommissie het die volgende missie:

a.         Om Christene van ander kerke op te soek om die gegewe eenheid in Christus sigbaar te demonstreer.

b.         Om saam die gemeenskap van gelowiges te ervaar.

c.         Saam te soek na en te getuig van die waarheid.

d.         Saam te werk in die Koninkryk van God.

2.3       Die praktiese doelstellings van die kommissie is sake soos die volgende:

a.         Om kontak met ander kerke te maak deur kanseluitruilings, gemeentelede uitruilings, jeugskakeling, nuus uitruiling, kooruitvoerings, ekumeniese eredienste, en skakeling tydens spesiale feesdae.

b.         Die deelname of stig van 'n "Gemeenskap van Plaaslike Kerke".

c.         Aanbevelings aan die Ring en Sinode ten opsigte van die ekumeniese betrokkenheid van die NG Kerk te maak.

2.4       Die kommissie koördineer die ekumeniese betrokkenheid van die ander kommissies.

2.5       Die Ekumeniese kommissie is verantwoordelik vir die toerusting van gemeentelede ten opsigte van ekumeniese betrokkenheid.

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12