|
|
|
|
1. Samestelling. 1.1 Die kommissie word soos volg saamgestel: a. Minstens 2 kerkraadslede. b. 1 verteenwoordiger van die Vrouediens. c. Bykomende lede wat die kommissie wil koöpteer. d. Skakelbeampte. 1.2 Die komissie kan subkommissies aanstel om sy opdrag uit te voer. 2. Pligte. 2.1 Adviseer die kerkraad oor alle finansiële sake van die gemeente. 2.2 Waak oor alle vorms van fondsinsameling en fondsbesteding. 2.3 Sorg deur middel van die skriba en die interne ouditeur vir die jaarlikse ouditeuring van die gemeentelike finansiële state. 2.4 Lê 'n jaarlikse begroting en begrotingsbeleid aan die kerkraad voor. a. Bestee die fondse in ooreenstemming met die begroting. b. Waar daar van die begroting afgewyk word, moet die saak aan die kerkraad voorgelê word vir goedkeuring/bekragtiging. c. Lê by elke kerkraadsvergadering 'n finansiële staat aan die kerkraad voor om inkomste en uitgawe teenoor begroting te evalueer. 2.5 Bedien die kerkraad met aanbevelings ten opsigte van die lewensonderhoud en huisvesting van die leraar(s). 2.6 Die kommissie kan in die lig van die goedgekeurde begroting en begrotingsbeleid soos hy besluit gelde van die lopende rekening op vaste beleggings of spaarrekeninge oorplaas of herbelê. 2.7 Oorweeg aanbevelings van ander kommissies oor sake rondom befondsing. 2.8 Tree as boukommissie op tydens bouprojekte. 2.9 Hou toesig oor al die roerende en onroerende eiendomme van die kerkraad. 2.10 Hou die inventaris op datum. 2.11 Doen herstelwerk en instandhoudingswerk en dra sorg dat die werk gedoen word. Werk aan die orrel geskied in oorleg met die orrelis. 2.12 Sorg vir die versekering, bewaring, en beveiliging van die eiendomme van die kerkraad. 2.13 Sorg vir die instandhouding van die terreine. 2.14 Doen aanbevelings aan die trustees van die Kerkhoftrust. 2.15 Reël jaarliks dat die kerk se parkeerterrein een dag van die jaar afgekamp word sodat dit volgens wet nie vervreem kan word nie. Die datum moet in die kerkraad se notule aangeteken word. 2.16 Behartig die besondere sake deur die kerkraad aan hulle opgedra. |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|