|
|
|
|
1. Samestelling. 1.1 Die kommissie word soos volg saamgestel: a. Minstens 2 kerkraadslede. b. 1 verteenwoordigers van die Vrouediens. c. 1 verteenwoordiger van Alpha. d. Bykomende lede wat die kommissie wil koöpteer. e. Skakelbeampte. 2. Pligte. 2.1 Instandhouding van die getuienisaksie. Die getuienisaksie reik uit na ons lidmate met die spesifieke doel om hulle geloof sterker te maak. Lidmate word tuis besoek of genooi na geleenthede om hulle beter te leer ken, in die gemeente tuis te laat voel, en meer betrokke te maak. Die Alpha-aksie is deel van ons gemeente se uitreikaksie. Dit strek oor 10 weke. Die EE3-aksie doen evangelisasiewerk en bou gelowiges op om dissipels van Christus te wees. Evangelisasiewerk sluit die volgende groepe in: (a) kerkvervreemde lidmate (steeds gelowiges, maar van ons gemeente vervreem); (b) afgedwaaldes (mense wat die Here verloën); en (c) kerklose mense. 2.2 Getuienis binne die gemeente. a. Geestelike vernuwing van die gemeente wat die volgende insluit: i. Begeleiding tot geloofsgehoorsaamheid. ii. Huisbesoek. b. Skoling van die kerkraad en die gemeente. c. Gesins- en huweliksverryking. d. Toesig oor doopgesprek en begeleiding van doopouers. e. Finale onderhoude voor belydenisaflegging. f. Toesig oor media (kolportasie, kasette, videos). g. Verantwoordelikheid vir jaarlikse sensus en ringsverslae. 2.3 Getuienis buite die gemeente. a. Uitreiking na buitekerklikes en nie-gekerstendes. b. Sendinggetuienis t.o.v. die volgende grense: i. Geloof en ongeloof. ii. Gesondheid en siekte. iii. Rykdom en armoede (ontwikkelingsvraagstukke). iv. Geregtigheid en ongeregtigheid (Christelike sosiale etiek). c. Inligtingsdiens m.b.t. getuienistaak van die gemeente. d. Ondersteuning van die gemeente se sendelinge. e. Bevorder betrokkenheid by wêreldsending. 2.4 Doen aanbevelings aan die finans-eiendomskommissie oor die verskaffing van fondse aan getuienisinstansies. 2.5 Sake wat deur die kerkraad verwys is.
|
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|