|
|
|
|
Getuienisse
After just five sessions of this course I can emphatically say that I have found it most helpful and enjoyable. Nicky Gumbel's presentation of each 'lesson" or topic on video is uplifting and entertaining; his humility, sincerity and lovely sense of humour, combined with his eloquent, highly articulate delivery, makes each message a potent one. This is no remote, impersonal ecclesiastical token course, but an absorbing, practical and thoughtprovoking one richly laced with Gumbel's often hilarious anecdotes of his own life experiences and of his own conversion to Christianity. A very important aspect of this course is that it has given me the opportunity to get to know and appreciate other members of the congregation. I enjoy our little group of about 9 - 10 members and the discussions we have, led by Danie, at each meeting. I have never believed that the contents of the Bible cannot be the subject of debate, and I have found our discussions have given me helpful, fresh perspectives on certain perplexing issues. Soon after my wife and I moved to this area she became ill and began a two-year battle with cancer. My one regret is that my beloved Suna, who died on 12th November, cannot join me. A devout member of the NG Kerk all her life, she would have loved this course and, being such a wise, convivial, widely loved person herself would naturally have loved participating, as well as "kuiering" with the members. I shall be eternally grateful to Danie for welcoming me into the gemeente on 19 October when I arrived, alone, that Sunday morning in a distraught state, and especially, for ministering to Suna promptly in hospital and at home, and finally, at her funeral. She and I appreciate him immensely. Gavin Fullard Constantia
Aanvanklik was die gedagte om weg te trek uit Pretoria - die enigste plek waar ek en Celeste tot dusver nog gewoon het - baie bedreigend gewees. Die onsekerheid het egter gou plek gemaak vir opwinding toe ons eers die Kaap met sy wonderlike mense, asemrowende natuurskoon en lieflike strande begin leer ken het. Wynberg Gemeente is geen uitsondering nie! Toe Dr. Danie Nel ons daardie eerste Sondag persoonlik na die pastorie uitnooi en ons aan die res van die Jeug-sel en die Alpha groep bekendstel, was dit letterlik n beantwoording op ons gebede. Die Alpha kursus strek oor omtrent 13 weke en behels een bymekaarkoms per week. Die doel van die kursus is om die basiese beginsels van Christenskap en die Christelike geloof, op 'n eenvoudige, toepaslike wyse saam te vat. Die kursus is in Engeland ontwikkel met die doel om aan moderne, analitiese mense die Christelike geloof bekend te stel en op dié manier mense vir die Koninkryk van God te werf. Die klem val op 'n logiese en nugter styl van aanbieding. Die sukses van die kursus om mense na God te lei is ongelooflik - dit is in verskeie lande met groot welslae aangebied. Die wonderlike ding van die kursus is egter dat dit bykans van net sulke groot waarde is vir diegene wat reeds 'n persoonlike verhouding met Jesus het. Dit help jou om weer by die beginsels van jou geloof uit te kom en om ware insig daarin te verkry, en opnuut aan jou verhouding met die Here te werk. Die weeklikse bymekaarkomste behels eerstens 'n gesellige saamkuier en ligte aandete wat beurtelings deur die lede van die groep gereël word. Daarna kyk ons saam na 'n video van omtrent 45 minute - dit word gevolg deur 'n spontane bespreking van die tema. Verder is daar ook 'n handleiding wat die vi-deos saamvat en gebruik kan word vir aantekeninge of toekomstige naslaan. Behalwe vir die ongelooflike positiewe effek wat die Alpha kursus op my en Celeste se geloofslewe het, het dit ons boonop ook gehelp om in te skakel by ander jongmense in ons omgewing, om lekker saam met mede gelowiges te kuier en om die wonderlike mense van Wynberg Gemeente te leer ken! Amir Zarrabi
"Ek is baie positief oor die Alpha kursus. Die hele aanbieding is op ’n gemaklike styl aangebied. Vir my was dit besonder verrykend en dit het meegehelp om my nader aan die Here en my medemens te trek. Die getuienis van Daan was vir my ’n besondere ervaring. Baie dankie vir jou groot aandeel en baie sterkte in die gemeente." Charl (Apteker)
"Dit is 'n kursus wat op enige stadium vir
'n mens van waarde kan wees, maar besonder opbouend vir my was tydens my
egskeiding. In daardie tyd het ek soveel baie negatiewe gedagtes en emosies
gehad en nie altyd die krag om daardie gedagtelyn te onderbreek nie. Die kusus
het my geforseer om dit te onderbreek met iets wat suiwer en opbouend en
positief was. Die video's het genoeg tyd in beslag geneem dat ek kon "rus" van
al die ander dinge wat in my kop rondgedraai het. Dit was ook gepak met feite
en waarhede wat my intellek sowel as emosies aangespreek het. Mens het dus nie
daardie "tydelike" positiewe gevoel ervaar wat baie keer die gevolg is van 'n
motiveringspraatjie nie, maar kon vasklou aan egte waarhede in tye wanneer jy
hartseer en deurmekaar is. Ek sou dus die kursus sterk aanbeveel vir enige
persoon wat in 'n fase van pyn en onsekerheid verkeer. Natuurlik het die kusus
ook 'n permanente blywende effek wat ek sal opsom met die woorde: Sylma (prokureur)
|
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|