|
|
|
|
5 GEVOLGTREKKING [Kommissie se weergawe: volgende 2 paragrawe] Die gewildheid van Alpha toon dat daar 'n duidelike behoefte aan iets soos dié kursus bestaan. Ten spyte van die beste bedoelinge van Alpha, help dié kursus ons egter nie om die God van die Woord te leer ken nie. Ons ontvang hier die Evangelie in afgewaterde vorm. Die volle Raad van God word nie verkondig nie. Dit hou nie die ware en lewende God aan ons voor nie. Dit beskryf nie die ware bedorwe toestand van die mens akkuraat genoeg nie. Dit slaag nie daarin om bevredigend van Christus se kruisdood rekenskap te gee nie. Dit vervang die Bybelse beskouing van die liefde van God en die Persoon en werk van die Heilige Gees met een wat nié op die Woord van God gefundeer is nie. Die hele saak van bekering word heeltemal misverstaan. Deur ons die "slegte nuus" oor onsself te spaar, is dit nie daartoe in staat om ons van die "goeie nuus" te voorsien nie. Die kursus reduseer die Evangelie eerder tot 'n christelike lewenswyse met 'n gepaardgaande klem op die buitengewone werking van die Heilige Gees (vreemde tale, genesing, leiding van God deur profesieë, visioene, gesprek met engele, hoorbare stemme, allerlei rukbewegings, ens). Die hooffokus is die "Heilige Gees wegbreek-naweek". Die noodsaaklikheid om mense op die waarheid van die Woord te wys en die lewensveranderende krag daarvan, is veels te kosbaar om dit uit te verkoop aan standpunte want nie uit die Woord opkom nie. Dit is toenemend duidelik: Die mensdom het die onverniste waarheid van die Woord baie meér nodig. Hulle mag daarin slaag om meer mense by hulle te laat aansluit, maar wat nie werklik bekeer is nie. Dit is van geen hulp vir hulle en nog minder vir ander gemeentes. Om iemand wys te maak dat by nou bekeer is, terwyl dit in werklikheid nié die geval is nie, is 'n skrikwekkende vooruitsig. En dit is nou juis die gevaar wat die werkswyse van Alpha loop, dat hulle nog die uiterlike skyn van die godsdiens sal hê, maar die krag daarvan sal loën (2 Tim 3.5). 'n Vreemde spiritualiteit sypel die kerk al vir 'n geruime tyd binne en het al sy duisende verslaan. Baie het skynbaar baat daarby gevind, ander is geheel en al verward. Die rede hiervoor is eenvoudig: Ons kry hier met 'n soort vroomheid te make wat nie 'n Bybelse vroomheid is nie. [Wynberg se kommentaar] Die gevolgtrekking is gegrond op die voorafgaande punte wat na ons mening 'n wanvoorstelling van die Alpha kursus is. Die kommissie het die volgende verklaring aan die pers gemaak: "Die kursusmateriaal is sistematies deurgewerk, primêre bronne is geraadpleeg en ’n teologiese beoordeling het gevolg." Die teenstrydighede tussen die kommissie se verslag en die kursusmateriaal is na ons mening so groot dat ons antwoorde op die volgende vrae wil hê: (1) Watter primêre bronne het hulle geraadpleeg? (2) As hulle dieselfde bronne as wat hier vermeld word, bestudeer het, waarom interpreteer hulle dit op so 'n wyse dat dit teenstrydig met die inhoud is? (3) Daar is ook heelwat sekondêre bronne wat 'n positiewe siening van Alpha weergee. Waarom het die kommissie nie daaraan aandag gegee nie? (4) Daar is ook baie akademici en kerkleiers (ook in gereformeerde kringe) wat tot ander konklusies gekom het. Hulle word op die amptelike webwerf ('n belangrike primêre bron) van die Alpha kursus aangehaal. Waarom het die kommissie nie na hulle verwys nie? Alistair Mcgrath (Wycliffe Hall, Oxford and Regent College, Vancouver) "The Alpha Course has now become one of the most reliable and important means of drawing people into the church. It has enormous potential." Gordon D. Fee (Professor of New Testament and Dean of Faculty, Regent College, Vancouver, Canada) "At the heart of the gospel is both evangelism and discipleship. Alpha courses are designed to do both effectively. We have used the program in our local church with good success. I am glad to commend it." I. Howard Marshall (Professor of New Testament Exegesis, University of Aberdeen) "I believe that Alpha may well be God's instrument for Salvation for many in this generation, just as Billy Graham was for so many in the previous one." Wayne Grudem Phd (Professor of Biblical and Systematic Theology, Trinity International University, Deerfield, Illinois). "I highly recommend the Alpha course to everyone interested in discovering how the Christian faith can be exciting and life-changing in the modem world. The course is biblically sound, understandable, and practical. It will have a significant impact on people's lives and it will strengthen every church in which it is held." J. I. Packer (Professor of Theology, Regent College, Vancouver) "The Alpha course is a most engaging way of passing on the basics of Christianity. It is a tool for evangelism and nurture that I highly recommend." Dr. Tony Campolo (Professor of Sociology at Eastern College, Pennsylvania and Founder of the Evangelical Association for the Promotion of Education). "The Alpha course is intelligent, biblically based, and incredibly interesting." Bill Hybels (Senior Pastor, Willow Creek Community Church) "We stand alongside others who have a similar passion for leading people into relationships with Jesus Christ. We applaud the vision and work of Alpha to connect the unconnected to the life of the local church and to relationship with Jesus Christ." Richard J. Foster (Skrywer) "Alpha is one of the best ways I know to introduce your neighbours and friends to the life-giving message of Jesus for all peoples. I recommend it highly." Rev'd Dr. Ken Wilson (President of the Methodist Church of Ireland) "Alpha is a God-inspired means of telling others of the love of Jesus. I have used it both in large and small groups, and can wholeheartedly commend it to all who wish to make contact with our modern secular society." (http://alphacourse.org/mediaroom/endorsements/churchleaders/default.htm) Wat bedoel die kommissie met 'n "Bybelse vroomheid"? Is die "NG Kerk soort vroomheid" nader aan dit as die "Alpha soort vroomheid"? Die rede is vir ons nie so eenvoudig soos die kommissie dit stel nie. Daarom versoek ons hulle om dit te verduidelik. |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|