NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Heilige Gees

 

Tuisblad
Terug

 

3.5  Die Gees van die Woord

[Kommissie se weergawe]

Hieraan word loshande die meeste ruimte afgestaan, veel meer as aan Jesus Christus. Dit is opvallend. Die duidelike indruk wat 'n mens kry, is dat die hele kursus hom haas om by die werk van die Heilige Gees te kom. En dit terwyl dit die Gees van Christus is. Veral verbasend as gelet word op wat die Woord van God oor die Heilige Gees sê (Joh 16.13-14). Die Gees se eintlike werk is om Christus en sy weldade 'n werklikheid in ons lewe te kom maak. Dit is opvallend: Alpha se "Heilige Gees" is die agent wat aan die mens 'n "ervaring" gee. Die Gees gaan later(!) God 'n emosionele werklikheid vir die kursusgangers maak.

[Wynberg se kommentaar] Nicky Gumbel verduidelik aan die begin van die hoofstuk waarom die Heilige Gees baie aandag kry. Dit is opvallend dat hy soortgelyke sentimente as die kommissie deel mbt persoon van die Heilige Gees.

[Aanhaling uit kursusmateriaal: Gumbel 1995] Many people know a certain amount about God the Father and Jesus the Son. But there is a great deal of ignorance about the Holy Spirit. Hence, three chapters of this book are devoted to the third person of the Trinity.

Some old translations speak of the 'Holy Ghost' and this can make him seem a little frightening. The Holy Spirit is not a ghost but a Person. He has all the characteristics of personhood. He thinks (Acts 15:28), speaks (Acts 1:16), leads (Romans 8:14) and can be grieved (Ephesians 4:30). He is sometimes described as the Spirit of Christ (Romans 8:9) or the Spirit of Jesus (Acts16:7). He is the way in which Jesus is present with his people. The schoolchild's definition is 'Jesus' other self'. What is he like? He is sometimes described in the original Greek as the parakletos (Tohn 14:16). This is a difficult  word  to  translate.  It  means  'one  called alongside'--a counsellor, a comforter and an encourager. Jesus said the Father will give you 'another' counsellor. The word for 'another' means 'of the same kind'. In other words, the Holy Spirit is just like Jesus. In this chapter I want to look at the person of the Holy Spirit: who he is and what we can learn about him as we trace his activity through the Bible from Genesis 1 right through to the Day of Pentecost…104-105.

[Kommissie se weergawe]

Die hooffokus ten einde bovermelde 'n werklikheid te maak, is die "Heilige Gees Wegbreek-Naweek" (Holy Spirit Weekend-Away).  Deur die loop van die kursus word by kursusgangers die volgehoue verwagting geskep dat hulle die een of ander G(g!)eesteservaring meet verwag.  En die Vrydag, Saterdagoggend en -middag dat hulle moet wag vir Saterdagaand, waartydens die Heilige Gees uitgedeel gaan word, hulle met die Gees vervul gaan word. Die alfa en die omega is dus wat tydens dié naweek gaan plaasvind. Saterdagaand se decisive moment. Hier is iets fundamenteels verkeerd. Dit stem nou ooreen met die New Age filosofie: "experience leads to explanation". Deurgaans word die indruk gewek dat hulle die werklikheid van die bonatuurlike gaan betree. Die mens beweeg na 'n hoër vorm van menslikheid - dis die groot kwantumsprong wat tydens die naweek gemaak word! Dààr, nie voor die tyd nie, gaan die wind van die Gees waai. Maar die Woord van die Here sê: Die Gees waai waar Hy wil (Joh 3:8) en sekerlik, as die vrymagtige Gees van Christus, wanneer Hy wil.

[Wynberg se kommentaar] Bogenoemde paragraaf klop nie met die kursusmateriaal en die spesifieke voorligting met betrekking tot die inrigting van die naweke nie. Waar het die kommissie dit gekry aangesien hulle nie self by so naweek teenwoordig was nie? Kom dit moontlik uit 'n sekondêre bron wat hulle aanhaal?

[Kommissie se weergawe: volgende 2 paragrawe]

Gumbel sê: Sometimes, when people are filled, they shake like a leaf in the wind.  Others find themselves breathing deeply as if almost physically breathing in the Spirit. Dit is natuurlik nie hiertoe beperk nie. Physical heat sometimes accompanies the filling of the Spirit and people experience it in their hands or some other part of their bodies. One person described a feeling of 'glowing all over: Another said she experienced 'liquid heat: Still another described 'burning in my arms when I was not hot.'

Geweldig interessant, maar dit het hoegenaamd niks te make met die Heilige Gees soos ons Hom in die Skrif leer ken nie. Nêrens word enige van hierdie verskynsels as 'n manifestasie van die Heilige Gees aangetref nie, op geen enkele bladsy van die Woord van God nie! Alpha se "Gees", in lyn met vele van die sogenaamde 'profete van die eindtyd', werk klaarblyklik op maniere wat buite die grense van die Woord val.

[Wynberg se kommentaar] Die kommissie het die konteks weggelaat. Nicky Gumbel gee bogenoemde beskrywing in aansluiting by 'n bespreking van fisiese manifestasies wat in die Bybel voorkom wat 'n variasie vertoon. Die punt wat hy maak, is die volgende: "The filling of the Spirit rarely happens imperceptibly, although the experience is different for everyone" (p 136) Hy fundeer dit vervolgens in die talle verskynsels wat in Handelinge en in die Pauliniese briewe voorkom. Fisiese manifestasies kom dikwels in die Bybel voor. Daar is egter geen voorskrif dat dit op 'n bepaalde manier moet plaasvind nie -- 'n punt wat Gumbel ook sterk beklemtoon. Hy lê veral klem daarop dat dit oor 'n verhouding met 'n Persoon gaan -- die Gees van Christus -- en nie om ervarings wat nagejaag moet word nie. Die volgende aanhaling (amptelike transkripsie) verduidelik die konteks van  bogenoemde aanhaling in die video aanbieding:

[Aanhaling uit kursusmateriaal: Alpha Course Video 10 1999] On the day of Pentecost, the language used there is that of a heavy tropical rainstorm.  The power of the Spirit.  There were physical manifestations: they heard a gale — not a real gale, but it resembled one.  The breath of God, the ruach of God.  Sometimes when the Spirit comes on people you see people shaking like a leaf. Sometimes it's like they're breathing deeply the breath of God.  Sometimes even people have fallen over under the power of the Spirit.

They saw something that resembled fire on the day of Pentecost.  Physical heat.  Sometimes people have said — this one person said: "I felt glowing all over."  Another person spoke of `liquid heat', another of a `burning in my arms when I was not hot'.  And fire symbolises the power, the passion, the purity of God.

Now, I'm not suggesting for a moment that any of you should experience any of these manifestations of the Spirit.  But sometimes people say to me, if I haven't talked about some of these things, "Why didn't you warn us that these things might happen?  We were so surprised!"  So it's a difficult line to tread.  Because I don't want to suggest that you need to experience anything along these lines.  On the other hand, I don't want you to be taken by surprise if you do experience something like that and think `What's happening to me?'

What matters is not the outward physical manifestation that you may or may not experience;  what matters is the inward experience of the Spirit.

Let me use an analogy.  It just occurred to me this afternoon: supposing you fall in love, and you start to feel a tingling in your spine, or you find your heart beating faster.  It would be absurd then to seek those manifestations.  What you would want to do is seek that person who you're in love with.  You wouldn't want to seek after those manifestations.  They're a by-product of the love that you have for a person.  And the manifestations of the Spirit are a by-product of our experience of God.  And we're not supposed to seek the manifestations;  we're supposed to seek God.  And as we seek God sometimes we experience these things — just like sometimes if you fall in love you may experience those kind of physical sensations.

On the other hand, there's nothing wrong with those physical sensations.  It would be absurd to say "Ooh, you mustn't have a tingling in the spine when you're in love!  That's a very awful thing to feel!"  It's perfectly natural, it's perfectly normal.  Some people feel it, some people don't.  But it's not what matters.  It's not what we seek. What we seek is the person. And what we seek is an experience of God, of being a child of God.

[Wynberg se kommentaar] Bogenoemde aanhaling is teenstrydig met die kommissie se bevinding. Kan hulle verduidelik waarom hulle die konteks weggelaat het? Die absolute ontkennings wat deurgaans die styl van die kommissie se verslag kenmerk, is in die tweede paragraaf van die kommissie se weergawe opvallend. Kan die kommissie verduidelik hoe hulle die talle fisiese manifestasies wat wel in die Bybel voorkom wanneer persone die krag van die Heilige Gees ervaar, vertolk? Bogenoemde aanhaling uit die videomateriaal is Gumbel se poging om sommige van die manifestasies tydens die uitstorting van die Heilige Gees volgens Hand 2 hermeneuties te vertolk - hy gryp dit nie uit die lug nie. Die kommissie skep dit indruk dat hy oor manifestasies praat asof dit niks met die Skrif te doen het nie. Waarom doen hulle dit?

[Kommissie se weergawe]

Wie dit ook al mag wees aan wie die kursusgangers tydens die Alpha-Naweek 'voorgestel' word, is dit sonder twyfel nie die Heilige Gees nie, nié die Gees van Christus nie, nié die Gees van die Woord nie. Wie hierdie misterieuse onsigbare gas ook al mag wees, hy is te vergelyk met die ekstatiese samekomste wat die vermeende "eindtyd profete" propageer. Soortgelyke manifestasies kom ook in nie-Christelike godsdienste voor, deur massa-suggestie wat veral met behuip van meesleurende musiek bereik kan word. Ons het hier klaarblyklik met geesdrywery te make ( Duits: Schwärmerei).

[Wynberg se kommentaar] Hierdie afleiding verstom ons. Die kommissie het nie 'n "Alpha-naweek" bygewoon nie. Nogtans verklaar hulle in absolute taal dat 'n belewenis wat vir baie kinders van die Here wêreldwyd 'n keerpunt was en wat hulle daarom as "heilig" beskou, vals is. Die kommissie maak die stelling dat dit "sonder twyfel nié die Heilige Gees nie, nié die Gees van Christus nie, nié die Gees van die Woord nie" wat hierdie mense ontmoet het. Hulle gaan voort om na Hom as "hierdie misterieuse onsigbare gas" te verwys. Dit is na ons mening skokkend, onsensitief, en onverskoonbaar. Hoe kan 'n kommissie wat oënskynlik nie 'n behoorlike ondersoek gedoen het nie, so 'n uitspraak lewer? Ons wil die kommissie maan tot ootmoed: hierdie uitspraak gaan oor die Persoon van die Heilige Gees en nie oor 'n dogma nie. Geen teoloog, kerklike kommissie of sinode kan tog namens Hom besluit hoe Hy 'n bepaalde geloofsgemeenskap of persoon mag besoek of nie mag besoek nie. Ons weet nie alles van Hom nie. Laat ons Hom dan nie bedroef nie.

Ons gemeente kan saam met duisende ander gelowiges in ons land getuig dat ons sedert 1997 gesien het hoe skeptiese, kritiese mense tydens sulke naweke op 'n besondere wyse die Heilige Gees ontmoet. Ons het gesien hoe agnostici tot bekering kom wanneer hulle Christus deur sy Gees ervaar en daarna leiers in hul gemeentes word. Ons het gesien hoe deurslaggewend fisiese manifestasies, wat na ons mening wel in die Woord gefundeer kan word, vir sommige van hierdie mense was. Ons het die klem egter deurentyd op die Woord en die Persoon van die Heilige Gees geplaas en die voortdurende verhouding met Hom waarin daaglikse vervulling belangrik is. 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12