|


| |
KERKRAADSBESLUIT OOR HERLEWING
|
Die
kerk-herlewingsproses wat die afgelope paar maande in die gemeente van
stapel gestuur is, kry nuwe momentum en uitgebreide fondamente.
Die kerkraad
het tydens sy vergadering op 7 Junie 2006 die proses goedgekeur, en sy steun
belowe.
Ten einde die proses aan te
vuur, en om dit meer breedvoerig te vestig, het die kerkraad die volgende
besluit:
Gemeentelede word aangemoedig om
deel te neem aan die proses, op die basis dat waar ‘n gemeentelid geroepe
voel om ‘n leemte of tekortkoming aan te vul, hy of sy ondersteun word om
daadwerklik ‘n verskil te maak. M.a.w. die proses lê grotendeels in die
hande van gemeentelede, maar met die voorbehoud dat inisiatiewe en projekte
goedgekeur en ondersteun word deur die kerkraad.
Die gemeente moet voortdurend op
hoogte gehou word van die proses.
Die kerkraad is verantwoordelik
om te verseker dat die proses gedy en voltooi word.
Die proses is onderhewig aan
gereelde nabetragting om seker te maak dat daar ‘n verskil gemaak word, en
dat die verskil blywend en deurgrondig is.
Die kerkraad
het die volgende reëls aanvaar wat geld tydens die proses:
 | Tree
te alle tye beleefd op. |
 | Moenie
mekaar se integriteit bevraagteken nie. |
 | Moenie
agter
iemand se rug praat nie. Praat
met
hom of haar. Moenie luister na iemand wat oor iemand anders wil praat nie. |
 | Luister
na mekaar, en maak seker jy verstaan wat die ander een sê voordat jy van hom
of haar verskil, of in die rede val. |
 | Moenie
vae of algemene stellings maak wat nie gerugsteun word deur feite nie. |
|
 | Wees
opbouend, en fokus op die tekortkominge waaraan jy kan en bereid is om ‘n
verskil te maak. |
Wat betref
die styl van lofprysing en aanbidding het die kerkraad kennis geneem daarvan
dat daar uiteenlopende behoeftes bestaan onder gemeentelede. Dr Danie Nel
het opgemerk oor die verskillende style:
* “Daar
is lidmate wie se
verstand
‘n meer belangrike rol in hul ontmoeting met God inneem. Preke en
Bybelstudies is vir hulle belangrik. Vernuwing gaan vir hulle gepaard met ‘n
dieper kennis van God en ‘n suiwer leer. Hulle verkies om geordende woorde
te gebruik wanneer hulle bid en fokus sterker op die woorde wanneer hulle
sing. Sommige van hulle lewer ‘n belangrike bydrae aan die gemeente deur hul
le-ring en aan die kerk deur studiestukke en verklarings voor te berei.
Hulle word veral deur beginsels geïnspireer.
* Daar
is lidmate wie se
hart
‘n meer belangrike rol in hul ontmoeting met God inneem. Getuienis, sang,
musiek en onderlinge samesyn is vir hulle belang-rik. Vernuwing gaan vir
hulle gepaard met spesiale herlewings-dienste waar die heiligheid van God
sterk beklemtoon word. Hulle verkies spontane gebede en beleef lofprysing en
aanbidding meer intens. Sommige van hulle lewer ‘n belangrike bydrae aan die
gemeente deur hul betrokkenheid by liturgiese vernuwing en kleingroepe waar
hul entoesiasme nuwe vuur en lewe bring. Hulle word veral deur persoonlike
verbintenisse, toewyding en deernis ge-ïnspireer.
* By
sommige lidmate neem die element van
misterie
‘n meer belangrike rol in hul ontmoeting met God in. Stilte (ook in die
erediens) en retraites is vir hulle belangrik. Vernuwing gaan vir hulle
gepaard met die vermoë om God beter te hoor, sy wil duideliker te kan
vertolk en die belewing van ‘n innige gemeenskap met God. Hulle
verkies “luistergebed” en ‘n gewyde atmosfeer wanneer hulle God aanbid.
Sommige van hulle lewer ‘n belangrike bydrae aan die
|
gemeente deur
hul voorbidding en profetiese getuienis. Hulle stimuleer ander om in hul
belewenis van God se teenwoordigheid te verdiep. Hulle word veral deur
wysheid en broosheid geïnspireer.
* Daar
is lidmate wat die Here veral ontmoet wanneer hulle ‘n
diens
aan die samelewing lewer. Sosiale projekte as bystand aan persone in nood en
gemeenskapsontwikkeling is vir hulle belangrik. Vernuwing gaan vir hulle
gepaard met ‘n toename in betrokkenheid by daadwerklike liefdesdiens, groter
geregtigheid en soms strukturele veranderings in die gemeenskap. Vir hulle
is gebed en lofprysing sonder dade betekenisloos – gebed lei tot diens.
Sommige van hulle lewer ‘n belangrike bydrae aan die gemeente en kerk omdat
hulle ons gewete oor sosiale sake is en ander deur hulle diens aanmoedig om
ook ‘n verskil te maak. Hulle word veral deur daadwerklike liefde en ‘n
sterk sin vir geregtigheid geïnspireer.”
Die kerkraad
het besluit dat die gemeente ‘n tuiste vir al sy lidmate moet bied, gegewe
die verskillende behoeftes onder sy gemeentelede.
Die kerkraad het onderneem dat
daar nog besin moet word oor die waardes waarteen voorstelle en idees vir
herlewing beoordeel word. Wat dien die Koninkryk van God? Dit is belangrik
dat daar nagedink moet word wat die gemeente tydens en na afloop van die
proses gaan beskou as “sukses”. Is dit groter bywo-ning van die eredienste?
Finansiële gesondheid? En ewe belangrik, wat is nie sukses nie – bv
onenigheid, tamheid, onverskilligheid.
Die gemeente se visie word as
riglyn aan die hand gedoen in hierdie besinnings-proses.
George van Niekerk |
KERK-HERLEWINGS-KURSUS
Met die vlam van herlewing wat al
hoe sterker in Wynberg brand is dit interessant om skielik van soveel
sukses-verhale van vele ander gemeentes te hoor. Die herlewingproses in ons
gemeente is miskien vir ons nuut en vreemd, maar soveel ander gemeentes het
alreeds hierdie proses suksesvol voltooi. Hierdie gemeentes is nie net NG
gemeentes in ons land nie, maar gemeentes regoor die wêreld.
Die sukses-verhale wat hiedie gemeentes
vertel is verstommend. Baie noem dat daar aan die begin baie onsekerheid in
die gemeente was. Party lidmate was opgewonde oor herlewing, party was
skepties, party het bedreig gevoel, ander was oorhaastig, maar tog het hulle
volhard en nou kan hulle met net dankbaarheid terugkyk. Die groeipyne was
deel van die herlewingsproses.
Dit herinner aan die groeipyne wat ons tans
in ons herlewingsproses ervaar. As ons vergelyk wat in ander gemeentes vroeg
in die herlewingsproses gebeur het, is dit duidelik dat ons nie ‘n
uitsondering is nie. Net soos in al die ander gemeentes het ons proses met
gebed begin. Geleidelik het iets begin gebeur en is ons nou al op ‘n stadium
waar mense buite ons gemeente begin het om navraag te doen oor Wynberg se
herlewing! Deur uit die ondervinding van ander gemeentes te leer, kan ons
ons herlewing so aanpas om onnodige groeipyne te voorkom.
Daar is tans ‘n kursus beskikbaar waar ‘n
gemeente die agtergrond van hul herlewingsproses deel. Dit is beskikbaar as
‘n videokursus en behels die agtergrond, groeipyne, wenke en praktiese
voorstelle van die proses. Ons beplan om saam met die VGK so ‘n kursus aan
te bied, waardeur ons ons visier nog skerper kan instel, deur gebruik te
maak van ander se ondervinding.
Besonderhede van die kursus sal binnekort
in die Sondagbulletin geadverteer word.
Willie Koen
|
|

GEBEDS-AKSIE
In die proses van
kerk-herlewing is dit belangrik om te leer uit ander se ervaring. Ds Dirkie
van Morelettapark het in ‘n spesiale boodskap aan ons gemeente die
belangrikheid van gebed benadruk. In ‘n later gesprek met die gemeente het
Ds Etienne Piek van Transformation Africa ook die belangrikheid van gebed
beklemtoon.
Daar is toe besluit om
dit een van die aksies van die gemeente te maak om op ‘n gereelde basis vir
kerk-herlewing te bid.
Ons het afgeskop met
10 dae van gebed wat direk na Pinkster begin het. Die eerste stap was om
die “eie ek” af te lê, om ons sondes te bely en vir mekaar te bid. Ons het
gevra dat die Here ons gedagtes sal vernuwe en vir ons wysheid en insig
sal gee, sodat ons sal weet wat Sy wil vir ons gemeente is. Dit was
wonderlik om deel te wees van hierdie 10 dae van gebed en die Here het vir
ons talle bevestigings gegee wat ons opnuut laat besef het dat Hy getrou is.
Die Here het werklik met ons gepraat en iemand het die teksgedeelte in
Haggai 2:4 gekry waar die Here sê: ”Begin met die werk, want Ek is by
Julle, sê die Here, die Almagtige” Dr Danie Nel het ook met ons die
teksgedeelte in Openbaring gedeel oor die gemeente in Laodisea wat so ryk
was, maar tog so arm omdat hulle nie die Here gesoek het nie. Die ander
teksgedeelte wat ons gekry het was Lukas 24:44;”En Ek sal die gawe wat my
Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat
julle met krag van bo toegerus is”
|
Die ander teksgedeelte
was Jeremia 29:11-13:” Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here:
voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n
verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede
verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan My wil ken as julle met
julle hele hart daarna vra.” Dit was vir ons bevestiging dat die Here
vir ons sê dat ons nie met ons eie planne moet begin nie, maar moet wag op
die Here om vir ons te lei in alles wat ons doen en om werklik Sy wil vir
ons gemeente te soek.
Aan die begin was ons
bekommerd dat ons nie mense sal kry wat die 10 dae van gebed sou bywoon nie,
maar ons was verstom deur die opkoms. Op die Vrydagaand het ons die grootste
getal mense gehad wat deur die loop van die 10 dae opgedaag het. Dit was
asof die Here vir ons kom wys het dat as ons op Hom vertrou Hy selfs ‘n
klomp mense sal kry om op ‘n Vrydagaand in Wynberg gemeente te kom bid!!!
Dit was werklik ‘n
voorreg om deel te kon wees van die 10 dae van gebed. Vir die van julle wat
dit nie kon bywoon nie, moenie bekommerd wees nie. Daar is ‘n joernaal gehou
van alles wat die Here vir ons in hierdie tyd geleer het. Ons sal dit op ‘n
later stadium met die gemeente deel.
Die geleentheid vir
gebed vir kerk-herlewing gaan voort en ons nooi almal uit om elke
Dinsdagaand om 19:30 by ons te kom aansluit om te bid vir ons gemeente en
die Here se leiding op die pad wat ons besluit het om in liefde saam met Hom
te loop.
Piet
van Zyl

|
|