NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Houtbaai

 

Tuisblad
Terug

 

Jongste Nuusbrief

 

Hoofamptenaar

Dr Johan Botha

 

Gemeentes in die Suidelike Skiereiland

Kaapstad

21 Junie 2002

Geagte Leraar en Kerkraad,

Ek gee die volgende advertensie deur aan u met die versoek dat u dit in u gemeente sal bekend maak asseblief.

Seëngroete,

Dr Johan Botha

Arbeidsbediening: Vakature by Visserbediening

Arbeidsbediening moet eerdaags ‘n vakante pos vul van die geestelike werker onder die vissers by Houtbaai en Kalkbaai se hawens.

Die werk behels die verkondiging van die evangelie van Christus deur woord en daad onder die onderskeie vissersgemeenskappe.

Die bestuurskomitee beoog dat die werk op ‘n halfdagbasis onderneem sal word. In elk van die hawens bestuur Arbeidsbediening ‘n kiosk waarvandaan uitgereik word.

Persone wat belangstel en meer van die werk te wete wil kom, kan skakel met dr Botha by die kantoor van Arbeidsbediening per telefoon nommer 9522162 voor of op 5 Julie 2002.

Persoonlikheidseienskappe en ervaring wat ‘n aanbeveling sal wees.

‘n Gemaklike, innemende en vriendelike omgaan met mense van alle kulture en stande.

Die vermoë om die evangelie van Christus nie-bedreigend maar wel positief aan mense oor te dra.

Die vermoë en dissipline om ‘n eie werksprogram op te stel en dit uit te voer, in samewerking met die bestuur.

Die vermoë om mense se geestelike en sosiale nood raak te sien en aan te spreek deur self berading te doen of mense met goeie oordeel te kan verwys.

Die vermoë om goed in ‘n span saam met ander te werk.

Die besonderhede van die werkure, beoogde vergoeding en werkstruktuur sal persoonlik vir aansoekers meegedeel kan word. Die adres waarheen u aansoek, met ‘n volledige en onlangs gedateerde CV , insluitend twee referente, gepos kan word, is soos volg:

Visserbediening Vakature

Vir aandag: Dr JG Botha

Privaatsak X1, Belhar 7507

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12