|
|
|
|
Daar is Christene wie se emosies ‘n meer belangrike rol in hul ontmoeting met God inneem. Getuienis, sang, meevoerende musiek en ‘n samebindende atmosfeer is vir hulle belangrik. Vernuwing gaan vir hulle gepaard met ‘n sterker belewing van die heiligheid van God. Hulle verkies spontane gebede (soms met musiek in die agtergrond) en beleef lofprysing en aanbidding meer intens. Hulle vind nie aanklank by ‘n formele liturgie nie. Ons informele dienste en jeugdienste is veral op hierdie groep se behoeftes gerig. Ons orkes staan onder leiding van Dr. Willie Koen. Wanneer hy nie besig is om as chirurg harte oor te plant nie, help hy met raad en daad om die orkes met entoesiasme saam te snoer. |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|