NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Jeug-sel Alpha

 

Tuisblad
Terug

 

Die aanvang van jaar 2004 het ‘n welkome verrassing vir die jong belydende lidmate van Wynberg ingehou—’n nuwe jeug-sel is gebore.

Hulle vergader om 19:00 op Sondagaande by een van die lede se hui-se of by die pastorie. Hulle eet saam, kuier saam en doen die Alpha kursus saam onder die leiding van Dr Danie Nel.

Tans bestaan die groep uit onge-veer 20 lede. Hulle verteenwoordig ‘n interessante samesteling van beroepe: vier mediese dokters, twee mediese studente by UCT, drie aptekers, twee verpleegsusters, ‘n elektroniese tegnikus, ’n argitek, ’n aktuaris, ’n sakeman (Mug & Bean by Constantia Village!), twee professionele sportlui, ’n fisioterapeut, ’n weerkundige en ‘n tandarts.

Daar word groot dinge vir die jeug-sel vir die res van die jaar beplan soos kampe, ‘n toer na die Wildernis, staptogte, besoeke na wynplase en fietsry. Die groep help ook baie om die aanpassing van nuwe intrekkers onder die jeug makliker te maak. Hulle ontwikkel nuwe vriendskappe en staan mekaar by!

Belanstellende jongmense: kontak Amir en Celeste Zarrabi om op die adreslys te kom.

083 758 1725

amirzarrabi@hotmail.com

 

 

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12