Aanvanklik
was die gedagte om weg te trek uit Pretoria - die enigste plek waar ek en
Celeste tot dusver nog gewoon het - baie bedreigend gewees.
Die
onsekerheid het egter gou plek gemaak vir opwinding toe ons eers die Kaap
met sy wonderlike mense, asemrowende natuurskoon en lieflike strande begin
leer ken het. Wynberg Gemeente is geen uitsondering nie! Toe Dr. Danie Nel
ons daardie eerste Sondag persoonlik na die pastorie uitnooi en ons aan die
res van die Jeug-sel en die Alpha groep bekendstel, was dit letterlik n
beantwoording op ons gebede.
Die
Alpha kursus strek oor omtrent 13 weke en behels een bymekaarkoms per week.
Die doel van die kursus is om die basiese beginsels van Christenskap en die
Christelike geloof, op 'n eenvoudige, toepaslike wyse saam te vat. Die
kursus is in Engeland ontwikkel met die doel om aan moderne, analitiese
mense die Christelike geloof bekend te stel en op dié manier mense vir die
Koninkryk van God te werf. Die klem val op 'n logiese en nugter styl van
aanbieding.