NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Kleingroepe

 

Tuisblad
Terug

 

Alpha op Dinsdagaande is vir almal

Wynberg se Alpha bediening het vanaf begin 2004 ‘n nuwe gestalte aangeneem: ons vergader nou by huise.

Die eerste huisgroep bestaan uit ‘n kombinasie van nuwe intrekkers en ou Wynbergers. Die groep verteenwoordig, soos die jeugsel, ‘n interessante kombinasie van beroepe: ‘n prokureur, beligtings en binnehuisversierder, die afgetrede hoof van die vloot, ‘n oud musiekonderwyser, ‘n afgtrede adjunk-hoof van ‘n skool en leier van ‘n jazz orkes, ‘n veearts, ‘n houtsneewerk spesialis, ‘n spesialis op dieremedisyne en ‘n sakeman.

Christelle Nicholas en Danie Nel is betrokke by die aanbied van die kursus. Die groep het reeds goeie vriendskapsbande onder mekaar gesmee en het onlangs saam na “The passion of the Christ” gaan kyk. Hulle het daarna aan huis van Robert en Geesje Simpson-Anderson vergader en, soos gewoonlik, het daar ‘n goeie en gesellige bespreking gevolg! Enige persone wat wil aansluit, is welkom om vir Danie of Christelle Nicholas (671 4411) te kontak.

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 09/03/10