|
|
|
|
Paasuitreike bring seën
Die afgelope paastyd is twee aksies geloods om ‘n bietjie lig in ‘n andersins donker lewe te bring. Die eerste geleentheid was op Maandag 3 April toe ‘n totaal van 200 behoeftige laerskool kinders getrakteer is op ‘n besoek aan die Cavendish winkelsentrum. Die besoek het ingesluit ‘n vertoning deur die Zip Zap sirkusgroep, gevolg deur ‘n heerlike Wimpy-ete. Terug by die skool het ons ‘n ete saam met die personeel geniet om te bepaal hoe ons hulle verder kan ondersteun. Op Dinsdag 11 April het ons ‘n besoek aan drie verdienstelike organisasies in die Wynberg omgewing gebring om die boodskap van paasfees oor te dra. Die eerste besoek was die Tenterdon plek van veiligheid waar die boodskap opgevolg is met die uitdeel van lekkergoedpakkies. Die tweede besoek daardie dag was by die Oase huis vir intellektueel-gestremdes in Kenwyn waar paasbolletjies en lekkergoedpakkies oorhandig is. Daarna was ons na Bonnytown, plek van veiligheid (vir jeugmidadigers) waar die boodskap ook opgevolg is met die gee van paasbolletjies en lekkergoedpakkies.
‘n Emosionele oomblik tydens die laaste
besoek was toe drie van die Bonnytownseuns aan die einde van die
paasboodskap hul harte aan die Here gegee het. Hierdie hoogtepunt van ons
besoek gee dan ook substansie aan ons doelwit om lig te bring in die lewe
van die wat minder bevoorreg is as onsself – eerstens, geestelike lig in die
vorm van Gods woord en tweedens lig in die vorm van positiewe
lewenservarings. Die volgende groot projek van die Omgeekommissie is om gedurende November ‘n kerspartytjie te gee vir 1000 behoeftige kinders. Ons vertrou dat die kersboodskap deur ons omgee versterk sal word Dit is voorts ons visie om die groter Wynberg gemeenskap (ander kerke, organisasies en besighede) sodanig te mobiliseer om ‘n effektiewe uitreik-aksie in die groter Wynberg omgewing te vestig. U gebede, donasies, vrywillige hulp en idees word altyd waardeer. Kontak ons deur die kerkkantoor. Onthou – ons gee om! Anton Botha Kliek op die foto vir 'n groter weergawe |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|