NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Irak

 

Tuisblad
Terug

 

Liewe Gebeds Vriende

Die bekende Arabiese gesegde sê: "Patience is bitter but its fruit is sweet”. so wees asb. geduldig met die wit Arabier en deel in die vrug van die storie...

Appelkoos maag, diaree, geen water en elektrisiteit en ‘n hitte van 45 Grade in die oggende teen 08:00 in die skadu is die orde van die dag en bo alles is die aande gevul met grates vuurwerke wat ons sooo welkom laat voel. Wat ‘n wonderlike begin in Irak...

Wat ‘n voorreg om weer in die land van Abraham en Daniel te kan wees en om weer deur die boek van Daniel te werk. So spreek die Here met ons deur die boek van Daniel, vir 21dae gaan ons baie aanslae en teenkanting kry soos in die dae van Daniel toe hy by God ingetree het vir die volk. Vir 21 dea het hy teenkanting gekry van die prins van Persie en tot vandag toe nog heers daardie prins oor die mense.

Vanaf die eerste dag was daar aanslae op ons spannetjie. Die enigste Christene in die hele provinsie. Ek, ‘n Amerikaner en ‘n Brit. Ons ervaar die teenkanting en aanslae van alle kante en in amper elke area van ons lewens. As dit nie verhoudings is nie is dit ons gesondheid en as dit nie werk nie ons lewens en probeer Satan elke trick uit die boek om ons weg te hou en te stop van wat God ons voor geroep het om te doen op ‘n persoonlike vlak en tweedens om te keer dat die Irakieers vry gelaat te word van die kettings van jare en jare se slawerny.

In die midde van alles en in die fisiese woestyn het ons net ervaar “though we live in the desert, in our hearts we live in green pastures.” Die Here se genade is groot. Die Here het ons guns gegee in die oee van die ministers van onderwys en gesondheid. Ons fokus is ‘n provinsie wat die meeste nagelaat is en die ergste deurgeloop het tydens die oorlog. Daar is geen maatskapy of enige ander groep wat in die provinsie werk nie en het ons die skole en klenieke aangevat as ons projek. Oor die 100 000 kinders het ons bereik en tot ‘n groot skok gekom oor wat in hospitale, klenike en skole aangaan. Ons is die enigste groep mense, organisasie wat hier werk en het ons gou bekend geraak dat ons bereid is om in die omstandighede mense in hul help te kom help. So ook het die Here vir ons guns gegee in die oee van nog ‘n belangrike persoon...Met ‘n spesifieke doel... Om ons te herrinner wie ons is in Jeus Chrustes en tweedens om ons te herrinner wie Hy is. Die hoogste rang offesier in die US-Mariens het ons so te se^ aangeneem as sy kinders. Hy het ons onder sy vlerke geneem en word ons orals ge-eskort en kan ons gaan en ingaan waar hy gaan. Die offesiere hanteer ons asof ons gelyke range het en wanneer ons ‘n weermag kamp ingaan hoef ons net “sy” naam te se^ en hulle laat ons deur. En so herrinner die Here ons oor ons Geestelike authoriteit wat ons het in Jesus naam...  

A.g.v. die oorlog het alle store en winkels gesluit en het die land basies vir 4maande tot stilstand gekom. Geen verspreiding van kos of medisyne het plaas gevind nie. Die voorrraad wat ingekom het vir verspreiding is alles toegesluit uit vrees dat dit die enigste voorraad sal wees vir die toekoms. So houvas aan dit wat jy het! A.g.v. dit het al die dorpies deurgeloop en was die rakke leeg. Nadat ons klinike en hospitale besoek het met al die tekortkomings het ons die lys vir die “offesier” vriend gegee en nie lank nie en hy besluit toe dat die projek sy persoonlike projek gaan wees tot voordat hy huis toe gaan oor drie maande. Hy gebruik toe sy rang en dwing gesag af op die stoorkamers in Baghdad om medisyne los te maak vir die dorpies. Toe ons weer ons oee uitvee toe stop ses groot vragmotors met al die nodige medisyne voor die stoorkamers in ons dorpie. Die e mense kon nie glo dit kom van die mariens af nie. So begin die offesier vergaderings te reel en is die projek aangekondig as een van die eerste priorityte. Nie lank daarna nie begin dokters, verplieers en onderwysers weer selarisse te kry. Waar hulle omtrent $3 US gekry het van Sadam kry hulle nou $120 US per maand. Mense dink dis kersfees...

Na amper twee weke se verblyf op die sesde vloer van een van Sadam se hospitale seen die Here ons met ‘n huis en ‘n tuin langs die revier. Dadelik het die nuus versprei omtrent ons in die dorpie. Ek het dadelik begin om vriende te maak en om saam met die kinders sokker te speel. En orals waar ek gaan het jy gehoor hoe my naam Farid Farid uitgeroep word. Soos ek saam met die kinder deur die vuil ashoop strate loop tussen die huise gaan die een na die ander deur oop en word ek benader met siekes en mense met probleme. Ons voordeur klokkie hou aan lui van mense wat kom vir help. Eindelik kom hulle om lief gehe te word, vir aandag en omgee al is dit maar net ‘n klein snyplekkie aan die voet is dit ‘n groot genoeg rede om te kom... Een man sonder ‘n tong kom en vertel hoe hy uit gepraat het oor Sadam en ‘n halfuur later het Sadam se mense sy tong kom uit sny. Gebreklike kinders en mense a.g.v. chemiese stowwe van vroer oorloee kan orals gesien word... Ai Here!!!

Die aanslag gaan voort... Die 3de Junie het ek persoonlik ‘n groot aanslag beleef wat Satan wou gebruik het om al my vreugde te steel en te vernietig. Hy het dit nie reg gekry nie en 4dae later, die 7de Junie( 2maande vandat my pa oorlede is) was die aanslag op my lewe. Ek en my vriend was op pad om mediese voorraad te gaan optel in ‘n ander dorp toe ons gehi-jack word. My vriend sien net hoe die ou die AK-47 teen my kom druk en die skoot trek en hoe ek op die grond val. Hulle verdwyn met die kar en prys die Here nie ‘n skrapie nie behalwe vir my kop wat engeltjies hoor fluit het vir ‘n paar dae lank... en waarook al ons gaan het mense geweet van ons ongeluk wat veroorsaak het dat net nog meer mense ons begin ondersteun het. Die stamhoof van die area en die burgermeester het kom onverskoning vra dat so iets met ons gebeur het. So kom bied hulle hul help aan en so ook enige iets wat ons nodig het dat on net moet vra. Die kinders los nie ons deur vir ‘n minuut uit nie net om seker te maak dat ons veilig is... Toe ons offesier vriend te hore kom van ons ongeluk het hy dadelik ‘n soek tog uit gestuur en dieselfe aand is die voertuig op gespoor wat die rowers gebruik het om ons af te jaag van die pad af. Na middernag stop twee Humvee Jeeps voor ons deur en moes ek en my vriend die gevangenisse gaan uitken. So ry ons lekker in ‘n Humvee Jeep wat baie mense se droom is en natuurlik bekyk ek en ondersoek ek elke liewe instrement, nagsig en spesiale wapens en bring dit soveel goeie herrinnering van my weermag dae terug maar anyway, die bestuurder is uitgeken  en dank ons die Here vir jul gebede Sondag in die kerk.

Ek kan net getuig van hoe die Here ons bederf met Sy goedheid en hoe mense rondom ons terselfde tyd geraak word. Ek  sal ‘n boek moet skryf oor al die detail oor die korrupsie en al die honderde massa grafte wat Sadam veroorsaak het. Ek wil noem dat ek regtig gelukkig is en dat dit die eerste keer is in al die jare van sending dat ek soveel vryheid ervaar oor wie ek is en wat ek doen. Dis so lekker om kredietwaardig te wees oor wie jy is wat jy doen en wat jy glo en jy hoef nie ‘n rede of storie uit te dink om jou bas te red nie. Dit gee my soveel meer authoriteit en soveel meer effektiewiteit as om net gewoonweg ‘n sendeling te wees. Hier sit ek met mense wat invloed het oor stamme, oor onderwys, oor gesondheid en terselfder tyd speel ek met die kinders tussen die ashope. Ek beveel dit aan vir enige sendeling wat langtermyn ‘n verskil wil maak in ‘n kruis kultireerde omgewing.

Kos is vollop, die offisier laai vir ons persoonlike kos af  by ons huis wat amper genoeg is vir die hele dorp, Kos oor die algemeen is vollop, die grootste behoefte is ‘n nuwe stelsel met ‘n nuwe goewerment. Gekwalifiseerde mense is oorals en vollop. Dis net ‘n nuwe stelsel wat weer gewkalifiseerde mense in diens sal neem. Bid asb. dringend vir Amerika om so gou as moontlik met ‘n voorstel aan die dag te kom. Wat ek totdus ver eerste hands ervaar en sien haal ek my hoed af vir die Amerikaners wat hier is en vir wat hulle doen. Moenie sommer als glo op die nuus nie.

Bid asb. vir ons voort vir beskerming, ons gesondheid, baie wysheid en vir my vir my toekoms omdat ek nie weet wat na die einde van November met my gaan gebeur nie.

Dankie vir julle gebede, julle finansiele ondersteuning, julle boodskappies en julle omgee. Ek mis julle en verlang ek vir ‘n bietjie winter,

In Jesus se onfeilbare liefde

Farid (Siegfried)  

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12