|
|
|
|
1. Oorsig Hierdie aksie se vernaamste doel is om die liefde van ons gemeente sigbaar te maak deur meelewing en bemoediging. Die omgee-aksie is een van ons gemeente se sterkste aksies en bestaan uit verskillende dienste. Lede neem volgens hulle gawes en belangstelling daaraan deel. Hulle kan uit die volgende moontlikhede kies: · Om die onderlinge samesyn van die gemeente te bevorder deur nuwe intrekkers te besoek, asook om tee en liefdesmaaltye na eredienste en nagmaal te organiseer. · Om deur middel van huisbesoeke met die volgende groepe mense mee te leef en hulle te bemoedig: bejaardes, siekes, eensames, en mense wat in krisisse verkeer. Elke lid aanvaar verantwoordelikheid vir 'n maksimum van drie persone wat maandeliks besoek moet word. · Om een keer per maand as 'n groep hospitaalbesoek te gaan doen. · Daar is ook spesialisasie-aksies soos gevangenispastoraat, sterwensbegeleiding en huwelikspastoraat. 2. Hospitaalbesoek
|
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|