NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Omgee

 

Tuisblad
Terug

 

1.         Samestelling.

Die kommissie word soos volg saamgestel:

a.         Minstens 2 kerkraadslede.

b.         1 verteenwoordiger van die Vrouediens.

c.         1 verteenwoordiger van die jeugaksie.

d.                  Bykomende lede wat die kommissie wil koöpteer.

e.                  Skakelbeampte. 

2.         Pligte.

2.1       Instandhouding en koördinering van die Omgee-aksie. Hierdie aksie se vernaamste doel is om die liefde van ons gemeente sigbaar te maak deur meelewing en bemoediging. Lede neem volgens hulle gawes en belangstelling aan verskillende dienste deel. Hulle kan uit die volgende moontlikhede kies:

a.         Om die onderlinge samesyn van die gemeente te bevorder deur nuwe intrekkers te besoek, asook om tee en liefdesmaaltye na eredienste en nagmaal te organiseer.            

b.         Om deur middel van huisbesoeke met die volgende groepe mense mee te leef en hulle te bemoedig: bejaardes, siekes, eensames, en mense wat in krisisse verkeer. Elke lid aanvaar verantwoordelikheid vir 'n maksimum van drie persone wat maandeliks besoek moet word.

c.         Om een keer per maand as 'n groep hospitaalbesoek te gaan doen.

d.         Daar is ook spesialisasie-aksies soos gevangenispastoraat, sterwensbegeleiding en huwelikspastoraat.

2.2       Instandhouding en koördinering van die gebedsaksie. In elke blok is daar 'n gebedsaksie wat bestaan uit 'n gebedsblokleier en die lede van die gebedsaksie. Gebedsversoeke word by die gebedsblokleier aangemeld wat daarna die onderskeie lede telefonies in kennis stel. Elke lid bid gewoonlik tuis oor die spesifieke versoek.

2.3       Pastorale versorging van enkellopendes.      

2.4       Opdragte deur die kerkraad verwys.

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12