|
|
|
|
Oorsig en motivering van die appèl van Wynberg wat ingedien is na aanleiding van SKLAS OVS se verslag oor die Alpha kursus. Uitgawe 6. Hierdie oorsig verduidelik die agtergrond van die appèl en bied ‘n perspektief oor hoe die proses tot dusver verloop het. 1. Die kerkraad van Wynberg het ingevolge Artikel 23 van die kerkorde kennis op 9 Oktober 2003 gegee dat hulle appèl aanteken teen Verslag N5 van die Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake en die besluite wat daaruit voortgevloei het. Die verslag het voor die 49 ste vergadering van die Sinode van die NG Kerk in die OVS gedien wat vanaf 8 tot 12 September 2003 plaasgevind het. Die Alpha kursus wat wêreldwyd groot aanhang geniet, word onder meer in die verslag bestempel as ‘n afgewaterde vorm van die evangelie en gemeentes word daarteen gewaarsku. Die Moderamen het op grond daarvan as uitvoerende bestuur van die Sinode lidmate en kerkrade ernstig gewaarsku teen die gebruik van die Alpha-kursus en die verwarring wat dit oor die persoon en werk van die Heilige Gees skep. Die Kerkbode van 26 September 2003 het in ‘n voorbladartikel daaroor berig. Kerklike nuusprogramme het in dieselfde periode ook berigte oor die verslag uitgesaai. 2. Ons was aanvanklik verbaas oor beide die kritiek sowel as die sensasie wat die verslag ontlok het. Die Alpha kursus word volgens hul internasionale kantoor tans in 139 lande aangebied. Dit behels meer as 28 000 kursusse wat op ‘n weeklikse basis in feitlik al die hoofstroomkerke plaasvind. Dit is merkwaardig dat die kursus vanuit sowel katolieke as gereformeerde oorde positief beoordeel is. “Catholic Alpha” word wêreldwyd aangebied. Die Reformed Church in America het in 2001 ‘n positiewe verslag oor die Alpha kursus gepubliseer met die titel: “Alpha from a Reformed Perspective”. As instrument om die sogenaamde postmoderne of gesekulariseerde mens te bereik, is die Alpha kursus, gemeet aan die erkenning wat die aanbieding in gemeentes en gevangenisse tot dusver ontvang het, baie geslaagd. Dit geniet die steun van talle gerespekteerde teoloë en kerkleiers wêreldwyd, soos die volgende aanhalings illustreer: Alistair Mcgrath (Wycliffe Hall, Oxford and Regent College, Vancouver) "The Alpha Course has now become one of the most reliable and important means of drawing people into the church. It has enormous potential." Gordon D. Fee (Professor of New Testament and Dean of Faculty, Regent College, Vancouver, Canada) "At the heart of the gospel is both evangelism and discipleship. Alpha courses are designed to do both effectively. We have used the program in our local church with good success. I am glad to commend it." I. Howard Marshall (Professor of New Testament Exegesis, University of Aberdeen) "I believe that Alpha may well be God's instrument for Salvation for many in this generation, just as Billy Graham was for so many in the previous one." Wayne Grudem Phd (Professor of Biblical and Systematic Theology, Trinity International University, Deerfield, Illinois). "I highly recommend the Alpha course to everyone interested in discovering how the Christian faith can be exciting and life-changing in the modem world. The course is biblically sound, understandable, and practical. It will have a significant impact on people's lives and it will strengthen every church in which it is held." J. I. Packer (Professor of Theology, Regent College, Vancouver) "The Alpha course is a most engaging way of passing on the basics of Christianity. It is a tool for evangelism and nurture that I highly recommend." Dr. Tony Campolo (Professor of Sociology at Eastern College, Pennsylvania and Founder of the Evangelical Association for the Promotion of Education). "The Alpha course is intelligent, biblically based, and incredibly interesting." Bill Hybels (Senior Pastor, Willow Creek Community Church) "We stand alongside others who have a similar passion for leading people into relationships with Jesus Christ. We applaud the vision and work of Alpha to connect the unconnected to the life of the local church and to relationship with Jesus Christ." Richard J. Foster (Skrywer) "Alpha is one of the best ways I know to introduce your neighbours and friends to the life-giving message of Jesus for all peoples. I recommend it highly." Rev'd Dr. Ken Wilson (President of the Methodist Church of Ireland) "Alpha is a God-inspired means of telling others of the love of Jesus. I have used it both in large and small groups, and can wholeheartedly commend it to all who wish to make contact with our modern secular society." (http://alphacourse.org/mediaroom/endorsements/churchleaders/default.htm) 3. Ten spyte van die erkenning wat die Alpha kursus geniet, bly die outeur, Nicky Gumbel, nederig en ontvanklik vir kritiek: "In saying that we believe Alpha is a work of God I am not for a moment suggesting that it is perfect. I'm sure that it is greatly marred by human error and frailty. There is much room for improvement and we try to listen carefully to constructive criticism. Nor do we believe that it is the only method of evangelism that God is blessing: far from it. Nevertheless, all the signs point to it being an extraordinary work of God and we are deeply grateful" (Telling Others p18). Hierdie gesindheid kom ook na vore kom in die wyse waarop die tweede reeks bande hersien is. In die aanbieding oor “Vervulling met die Heilige Gees” is sekere gedeeltes, wat in die ouer reeks kritiek ontlok het, weggelaat en vervang met meer versigtige kwalifiserings in 1999. Die derde reeks bande wat hoofsaaklik gedurende die somer van 2004 verfilm is, bevat nog verdere verbeterings. Die “leerbaarheid” van die outeur en die organisasie is juis een van die redes waarom skeptiese persone, wat in die verlede deur die kerk ontnugter was, makliker met die Alpha kursus kan identifiseer. 4. Alpha word in Suid-Afrika in meer as 700 gemeentes en 140 gevangenisse aangebied. Daar was ook hier gedurende die afgelope jare kritiek teen die Alpha kursus uitgespreek. Ons het dit meestal as positief beleef aangesien die kritiek plaaslike gemeentes gehelp het om sekere kontekstuele aanpassings te maak wat die impak van die aanbieding vergroot het. Die integriteit van die aanbieders of die outeur was gewoonlik nie bevraagteken nie en in baie gevalle is aspekte van die kritiek “doodgeleef”. Ons is byvoorbeeld nie bewus van kritiek wat vanaf die NG Kerk se gemeentes binne die Ring van Wynberg gekom het nie. Die kursus word reeds vir ‘n aantal jare met groot seën aangebied. 5. Ons het aanvanklik gemeen dat SKLAS OVS se verslag in hierdie kader val – totdat ons dit bestudeer het. Die aard en omvang van die teenstrydighede met die Alpha kursus se primêre bronne (videobande en literatuur), het ons laat wonder hoe die kommissie tot die betrokke bevindings gekom het. Ons veronderstel dat akademiese en kerklike debat ruimte moet laat vir verskillende perspektiewe en dat ons almal slegs na die waarheid kan groei wanneer ons met mekaar in gesprek tree en mekaar se standpunte uitdaag. Die verslag bevat egter na ons mening ‘n stelling wat die beoordeling van die kommissie in ‘n ander kategorie plaas, omdat dit die geestelike integriteit van elkeen wat by die aanbied van die kursusse betrokke is, by voorbaat leed aandoen. Die kommissie, wat soos ons later vasgestel het, nooit 'n "Alpha-naweek" bygewoon het waartydens drie onderwerpe oor die Heilige Gees behandel word nie, verklaar in absolute taal (vergelyk die woorde wat ons onderstreep) die volgende oor 'n belewenis wat vir baie kinders van die Here wêreldwyd 'n besondere keerpunt was:
"Wie dit ook al mag wees aan wie die kursusgangers tydens die Alpha-Naweek ‘voorgestel' word, is dit sonder twyfel nié die Heilige Gees nie, nié die Gees van Christus nie, nié die Gees van die Woord nie. Wie hierdie misterieuse onsigbare gas ook al mag wees, hy is te vergelyk met die ekstatiese samekomste wat die vermeende 'eindtyd profete' propageer. Soortgelyke manifestasies kom ook in nie-Christelike godsdienste voor, deur massa-suggestie wat veral met behuip van meesleurende musiek bereik kan word. Ons het hier klaarblyklik met geesdrywery te make ( Duits: Schwärmerei)." 6. Ons oordeel dat die perke van kritiese geloofsgesprekke of gesonde kerklike debat hier oorskry word. Hierdie stelling bevat ‘n oordeel oor die aanbieders, die kursusgangers en die werk van die Heilige Gees wat reeds hartseer en benadeling veroorsaak het. Ons ondervind moeite om te verstaan hoe die kommissie medegelowiges wat met groot vrug die evangelie in gemeentes, skole en gevangenisse uitdra, in sulke taal kan veroordeel sonder om met hulle in gesprek te tree, en sonder om aan hulle die geleentheid te gee om hul saak te stel. 7. Die reaksies wat ons vanuit baie oorde op grond van die mediaberigte ontvang het, het ons tot die gevolgtekking gebring dat die verslag ‘n ekumeniese verleentheid vir die NG Kerk is. Predikante en lidmate van verskillende denominasies wat by die aanbied van die kursus betrokke is, kan nie begryp hoe die Vrystaatse sinode tot hul bevindings gekom het nie. Ons het probeer om die situasie te beredder deur die Alpha nasionale kantoor te versoek om eers aan ons die geleentheid te gee om deur kerklike kanale appèl teen die verslag aan te teken alvorens hulle sou reageer. Hulle het, soos Alpha se internasionale kantoor, hul volle steun aan ons toegesê. Die Ring van Wynberg het hom ook met die aksie van ons kerkraad vereenselwig. 8. Die kerkraad van Wynberg het op 9 Oktober 2003 die kennisgewing van appèl by die moderamen van die OVS sinode afgelewer. Ons het ook, in die lig van die radioberigte en die voorbladartikel wat reeds oor SKLAS OVS se verslag oor die Alpha kursus gepubliseer is, die die kennisgewing aan die Kerkbode gestuur. ‘n Berig is in die volgende uitgawe gepubliseer. ‘n Joernalis van die Kerkbode het op eie inisiatief die berig in RSG se kerknuusbulletin ingesluit, waarskynlik omdat daar ‘n vorige Sondag ‘n berig oor die OVS Sinode se standpunt uitgesaai is. SKLAS OVS het gereageer deur die volgende persverklaring uit te reik wat ons op 30 Oktober 2003 ontvang het: “Die goeie trou van die Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake van die Vrystaatse Sinode is kragtens sy beoordeling van die Alpha-kursus ten onregte onder ernstige verdenking geplaas. Dié Kommisie is oor die radio en in Die Kerkbode deur dr Danie Nel en die Kerkraad van die NG Gemeente Wynberg daarvan beskuldig dat wanvoorstellings aan die Vrystaatse Sinode voorgelê is, dat wesenlike foute begaan is en dat die wyse van ondersoek oppervlakkig was. Die wetenskaplike aard van ’n ondersoek word tog aan die volgende gemeet:
Aan hierdie kriteria is onses insiens voldoen: Die Alpha-kursus is as ’n eerste kennismaking met die Christelike geloof bedoel. Die voorveronderstelling is tog dat wat vir ons ’n grondoortuiging is, ’n hartsaak, hierin vervat sal wees. Die kursus is aan die hand hiervan beoordeel. Die kursusmateriaal is sistematies deurgewerk, primêre bronne is geraadpleeg en ’n teologiese beoordeling het gevolg. Die integriteit van die Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake staan bo alle verdenking.” 9. Die kerkraad van Wynberg het toe reeds oor inligting beskik dat 74% van die kommissie se teologiese beoordeling ‘n direkte vertaling van ‘n sekondere bron was wat nie erken word nie. Ons het besluit om dit nie aan die media bekend te maak nie omdat dit ‘n groot verleentheid vir die OVS sinode sou veroorsaak. Ons was van mening dat hulle nie geweet het hoe die verslag saamgestel was toe dit voor die moderamen en die sinode gedien het nie, en dat ons daarom eers aan die leierskap van die OVS sinode die geleentheid wil gee om die saak reg te stel. Ons het derhalwe met die volgende verklaring op 31 Oktober 2003 gereageer:
10. Die volledige appèlgronde is op 7 November 2003 per e-pos aan die Moderamen van die Vrystaat versend. Na ons oordeel bestaan daar afdoende getuienis vir die volgende stellings:
11. Indien ons kritiek gegrond is, is dit ‘n ernstige oortreding in terme van die basiese beginsels van navorsingsetiek. 12. Ons was dankbaar om te verneem dat die moderamen van die OVS sinode soos volg op 13 November 2003 besluit het: "Die Moderamen bespreek die reaksie wat ontvang is na aanleiding van die Alpha-verslag wat voor die Vrystaatse Sinode 2003 gedien het en besluit. (a) Die Moderamen versoek SKLAS om volledig op die stukke te reageer en homself te verantwoord in 'n verslag aan die Moderamen. (b) Die Moderamen versoek sy lede om hulleself volledig op hoogte te stel van die inhoud en bronne van die Alpha-kursus. (c) Die Moderamen wys 'n ad hoc-kommissie [bestaande uit prof PJ Strauss, ds JJ Lubbe, dr GPV le Roux (sameroeper) en prop CHJ van Schalkwyk] aan om ondersoek in te stel na die prosedure wat tot dusver gevolg is en verder gevolg moet word en die volgende Moderamenvergadering met 'n aanbeveling oor die hele aangeleentheid te dien." 13. Die kerkraad van Wynberg het in reaksie aangebied om, indien dit vir hulle van waarde mag wees, ‘n span van die gemeente op Wynberg se onkoste na die Vrystaat te stuur om verdere inligting te gee wanneer hulle die drie onderwerpe oor die Heilige Gees bespreek. Dit kon ook aan die moderamen die geleentheid bied om enige vrae te stel oor die wyse waarop die Alpha kursus in die NG Kerk aangewend kan word. 15. Ons het op 21 April 2004 verneem oor die vordering wat intussen gemaak is. Die skriba van die OVS Sinode, Ds J.H. Kleynhans het soos volg op 13 Mei 2004 gereageer: “Die Moderamen vergader eers weer DV op 8 Junie 2004. Ek kan dus op die oomblik vir u nog geen antwoord gee nie. Ons SKLAS is in elk geval nog besig met 'n uitgebreide en omvattende ondersoek oor die aangeleentheid en het aangedui dat ons nie haastig 'n antwoord moet verwag nie. Dus sal ons almal maar geduldig moet wag. Ek vertrou dat u begrip sal hê. Ek sal u beslis laat weet sodra daar iets is om te antwoord.” 16. Ek het die brief opgevolg met telefoniese gesprekke. My indruk, na gesprekke met drie lede van die moderamen, was dat die moderamen ten tye van my oproepe nog nie begin het om uitvoering te gee aan die tweede en derde punte van hulle besluit nie. Die feit dat SKLAS aangedui het dat “ons nie haastig ‘n antwoord moet verwag nie”, het ons bekommer. Ons kerkraad het op 19 Mei 2004 besluit om die OVS moderamen te versoek dat die kwessie nou op 'n verantwoordelike wyse en onverwyld op die spits gedryf moet word. Ons het ook ons samewerking in hierdie verband aangebied. Die OVS moderamen het op 8 Junie gereageer deur te volstaan met bogenoemde korrespondensie van die skriba. 17. Nadat daar reeds 9 maande verloop het sedert die OVS moderamen onderneem het om te reageer, het ons tot die oortuiging gekom dat ons nie meer kan toelaat dat dat die saak verder vertraag word nie. Ons was uiteraard bekommerd oor die skade wat veroorsaak is en steeds veroorsaak word deur die aanvaarding van die verslag in sy bestaande vorm. Indien ons appèlgronde geregverdig is, dan is die erns om dringend die posisie reg te stel, soveel meer dwingend. 18. Die gebrek aan spoedige en daadwerklike optrede het ook die vraag laat ontstaan of die verantwoordelike instansie in staat is om sonder bevooroordeling ‘n beslissing te maak. Soortgelyke vrae is inderdaad tydens Wynberg se kerkraadsvergadering van 19 Mei 2004 gestel. 19. Die Aktuarius van die Algemene Sinode, Prof Pieter Coertzen, het op versoek van die Uitvoerende Bestuur van ons kerkraad soos volg gereageer op ons navrae oor die redelikheid van die proses: “Ek verwys weereens na jou skrywe ivm "Alpha en die OVS". Doe Moderamen van die OVS het op 17 Augustus die volgende besluit geneem wat hulle aan my deurgestuur het. "Die ad hoc-kommissie dien die Moderamen met 'n aanbeveling oor die prosedure wat verder gevolg moet word mbt die Alpha-kursus. Die saak sal in sy geheel voor die eerskomende Sinode van die OVS dien wanneer die Sinode daaroor 'n besluit sal neem. Die Moderamen sal wel by SKLAS navraag doen oor wanneer ons hulle verslag kan ontvang, indien moontlik voor die Sinodesitting. Op hierdie wyse is die Moderamen tans besig om die Appel van die kerkraad van Wynberg te hanteer."
Dit blyk dus dat hulle die appel deur die Sinode wil laat hanteer. Ek neem aan die Sinode sal in 2005 vergader. Ons het Maandag 'n Dagbestuursvergadering van die ARK waar ek verder navraag sal doen. Ek sal jou mettertyd inlig oor die situasie.” 20. Die OVS Sinode het op sy 50 ste vergadering in Oktober 2005 die volgende aanbeveling goedgekeur:
3. Die Moderamen versoek die Sinode om ‘n gespreks/appèlkommissie van 7 persone aan te wys om: 3.1 Die tersake dokumente ten opsigte van Wynberg se appèl in behandeling te neem. 3.2 Verteenwoordigers van beide Wynberg en die Moderamen/SKLAS by ‘n gesprek ter beslegtiging van die geskil te betrek, en 3.3 Indien dit nie slaag nie te beslis oor die appèl. 4. Die Moderamen beveel die volgende lede as gevolmagtigde gespreks/appèlkommissie by die Sinode aan: proff JJ van Rensburg (sameroeper), CJ Wethmar, P Coertzen, P Verster, drr PJ van Jaarsveld en CHJ van Schalkwyk.
5. Die Moderamen versoek die Sinode om SKLAS se respons in die Agenda ook na hierdie kommissie vir oorweging te verwys as deel van die tersake dokumentasie. 21. Die sameroeper het ons op 10 November 2005 in kennis gestel dat die vergadering gespreks/appèlkommissie op Dinsdag, 29 November 2005 om 09:00 in die JH van Loggerenberg-Komiteekamer in die Sinodale Sentrum, St Andrewstraat 147, Bloemfontein sal plaasvind. Op ons navraag oor die aard en doel van die ontmoeting, het prof JJ van Rensburg soos volg geantwoord: Dit is moeilik om te voorspel hoe die vergadering sal verloop. 'n Appél is natuurlik altyd maar ingewikkeld. Jy is reg: dit is 'n appél maar dit is ook 'n gesprek, om te kyk of ons mekaar nie kan vind nie. Ons kommissie het ook die opdrag om die stuk wat by die afgelope sinode gedien het, in oënskou te neem. Persoonlik is ek baie dankbaar dat jy teenwoordig sal wees. Jy sal volle geleentheid kry om jou appél wat op skrif is, verder te motiveer en te verduidelik. Ek tree ook net as sameroeper op. Die vergadering moet sélf 'n voorsitter aanwys. Ek sien uit na 'n deeglike, broederlike en aangename samewerking. As daar voor die vergadering nog vrae opduik, vra gerus. 22. Ons glo dat die integriteit van die Alpha kursus nie deur die standpunt van die OVS Sinode bepaal word nie, maar deur die erkenning wat dit in feitlik al die hoofstroomkerke in minstens 139 lande geniet. Na ons oordeel is die integriteit van die OVS sinode en die NG Kerk op die spel. Ons het die erns van die saak onder die aandag van ons lidmate gebring, en hulle versoek om voorbidding vir die leierskap van die OVS sinode te doen. Ons het ook die nasionale en internasionale kantore van Alpha dien ooreenkomstig ingelig. 23. Dit behoef nie die kerk om op hierdie wyse in konfrontasie met mekaar te staan nie. Ons het in ons korrespondensie met die OVS moderamen op 28 Mei 2004 ons kerkraad se gretigheid benadruk om die geskil by te lê. Ons het die appèl aangeteken in die opregte oortuiging dat ‘n onreg gepleeg is, en dat die verslag die NG Kerk groot skade kan berokken. Meer nog, dit verhinder gemeentes om te deel in die vrug van die Alpha kursus, wat vir ons gemeente, en volgens die getuienis van baie ander lidmate, tot groot seën strek. Omdat ons primêr met die Koninkryk van God identifiseer, het ons ook ‘n verantwoordelikheid ten opsigte van die rol wat Alpha kan vervul. 24. Die aangewese gespreks/appèlkommissie het 'n vergadering met die Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake op 23 Januarie 2006 belê waarheen Dr. Danie Nel van Wynberg ook genooi is om 'n voorlegging oor die Alpha kursus te doen. Dr Dawie Oosthuysen van SKLAS het ook 'n voorlegging gedoen in reaksie daarop. Die kommissie het ter afsluiting die volgende bevinding aanbeveel:
25. Die OVS Moderamen het soos volg in 'n brief, gedateer 8 Februarie 2006, op die bevinding gereageer:
26. Die jongste getuienisse van mense wat ons huidige program volg, is onder die afdeling nuus – gemeentenuus beskikbaar. Danie Nel |
|
Stuur pos na
dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings
in verband met hierdie webwerf.
|