NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Ouers met kleuters

 

Tuisblad
Terug

 

Profiel

Hierdie omgee of selgroep bestaan uit ouers wat kleuters het en dieselfde behoefte deel: hulle het almal woelwaters wat soms effens onrustig kan wees. Dit verhinder hulle om na plekke toe te gaan waar hulle moontlik ander kan steur...

Maar as almal kleuters het wat kan raas, is dit geen probleem! Dit is waar hierdie aksie die kol tref: om aan sulke ouers die geleentheid te gee

bullet

om saam te kuier

bullet

nuwe vrienskappe te vorm

bullet

vir mekaar om te gee

bullet

praktiese wysheid oor speelgroepe, vermaak, en skole met mekaar te deel

bullet

saam geestelik te groei

Ons jaarlikse program sien soos volg uit:

bulletElke tweede week 'n byeenkoms vir die hele gesin op Woensdagaande
bullet'n Jaarlikse kamp met volop geleenthede vir pret en groei!

Die groep het tydens die eerste byeenkoms besluit om die bekende Alpha Course saam te doen. Dit het sy ontstaan in London gehad by 'n Anglikaanse kerk, die Holy Trinity Brompton. Die spreker van die videoreeks se naam is Nicky Gumbel. Hy was op skool by Eyton, regte gestudeer by Cambridge, 'n aantal jare gewerk as "barrister" en toe teologie by Oxford gaan studeer. Sy nugter, gebalanseerde aanslag om die relevansie van die evangelie in 'n post-moderne samelewing aan te dui, het in die verlede by ons gemeente groot byval gevind. Besoek gerus ons Alpha bladsy om getuienisse van 'n opvoedkundige, 'n geneesheer en 'n prokureur te lees. 

 

Murray en Meirine Giggins

Magdel en Charl van den Berg met Lisa

Theo en Michelle-Lize van Wyk, Theodore en Alexander

Michelle-Lize met Sophia

Jacques en Mariné Odendaal

Debbie Hickman en Nina

Tom Hickman en Jenna

Lourens en Brenda Pretorius

Jannie, Suzanne en Alida de Villiers

André en Joey Swarts, met Edu en Kehan

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 09/03/10