NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Resensies

 

Tuisblad
Terug

 

1) Ending your day right, deur Joyce Meyer.

Devotions for every evening of the year.

Dis lekker kort met 'n bybel-vers (gewoonlik uit die Amplified Bybel) en dan Joyce se besondere manier om haar gedagtes met ons te deel soos net sy kan.

2) What's so spiritual about your gifts? deur Henry en Mel Blackaby.

Die boek, asook 'n bybel-studiegids is beskikbaar en word saam gebruik. Lg. is vir persoonlike bybelstudie asook vir klein groepe, met 'n 7 week formaat wat lesse, vrae en opsoek-werk uit die Bybel insluit. Dit sal met groot vrug gebruik word as jy 'n paar verskillende bybels gebruik om die verse goed uit te lig, sodat jy die vrae  kan oordink voor jy jou antwoorde formuleer.

Ek haal aan : "Surprises are in store when we explore biblically what spiritual gifts really are, how they fit with our natural strengths and talents, and how they match our calling and assignments from God. This book will help restore the Holy Spirit to the centre of your understanding and practice of spiritual gifts, and set you free to serve God as never before."

Ek wil die 2 boeke werklik aan almal in die gemeente aanbeveel. Dis baie relevant vir ons herlewingsaksie.

3) The pagan-christian connection, deur Michael J.Rood.

Episode 1: Sodom and Gomorrah revisited

Episode 2: Truth vs. Tradition: The heavyweight battle of the ages.

Hy haal Sag 8:23 en Jer 16:19 aan en daag ons uit om ons westerse moderne mentaliteit agter te laat en die Skrif uit 'n Hebreeuse perspektief te ontdek.

4) Hie neffens my, deur Hans du Plessis.

'n Pragtige boekie met foto’s van die Kalahari en sy mense, met opregte gebede uit die mense van die area se harte.

5) Raaiselkind, deur Annalie Botes.

'n Pragtige aangrypende verhaal van 2 vroue en 'n outis-tiese kind. Ons kan baie  uit die boek leer. 'n Kannie-neersit boek vir die vakansie.                                     

Ingrid Kuhn

 

Die groep "tree63" se CD “Worship volume one: I stand for you”

Alle jongmense:  hierdie CD is ‘n moet vir julle!  Ook vir alle ma’s om in die motor te speel as julle nie wil hê die kinders moet die radiostasie na radio 5 verander nie!!  Ingrid Kuhn

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 09/03/10