NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Ringsvlak

 

Tuisblad
Terug
Beginselverklaring
Reglement

 

Konvent van Wynberg

Die proses van versoening tussen die twee gemeentes van Wynberg het na die Ringe oorgevloei. In 1992 het die Ring van Wynberg van die NG Kerk en die Ring van Wynberg van die NG Sendingkerk besluit om 'n konvent as basis van samewerking te aanvaar. Die Konvent van Wynberg het tot stand gekom.

Wat word bedoel met 'n konvent? Kerkregtelik en histories is 'n kerklike konvent, in teenstelling met 'n kerkvergadering (hetsy kerkraad, ring, sinode) 'n byeenkoms van persone uit kerke wat nie in dieselfde sin afgevaardigdes van die deelnemende kerke is nie en daarom ook nie die bevoegdheid het om besluite te neem wat sondermeer bindend is op die kerke waaruit hulle kom nie. Die deelnemers kom met mekaar ooreen oor sekere beginsels wat in die konvent gehandhaaf en uitgebou meet word op die basis van hul integriteit.

Die Konvent van Wynberg bet sedert 1992 gefunksioneer volgens 'n verklaring van voomeme waartoe die Ringe met mekaar ooreengekom het.  Dit berus op 'n kombinasie van beginsels wat uit Kerk en Samelewing 1990 en die Belydenis van Belhar ontleen is. Ons bet daarin onderneem om 'n pad met mekaar saam te stap wat die volgende aspekte van ons kerkwees raak: kerkeenheid, versoening en geregtigheid.

Hierdie insisiatief het die proses van kerkeenheid ook op streeks en nasionale vlak gestimuleer. Die Wes-Kaapse en Oos-Kaapse Sinodes van die NG Kerk en die Weskaapse Sinode van die VG Kerk het gedurende 2001 ook 'n konvent by Hawekwa naby Wellington gevorm. Die gemeentes van Wynberg is deur George van Niekerk, Robert Nicholas, James Buys en Danie Nel verteenwoordig. Ander streeksinodes het daarna voortgebou op die inisiatief. Hoewel die Algemene Sinodes van die VG Kerk en die NG kerk ook ten gunste van 'n konvent op nasionale vlak besluit het, het dit nooit gerealiseer nie.

Die VGKSA Ring van Wynberg het op 18 September 2008 besluit om die konvent op te skort. Die skriba van die VGKSA Ring het per brief gedateer 7 Oktober 2008 die volgende as rede aangevoer: “Die gevoel is dat ons spandeer tyd en energie om die eenheid aan te help, maar blykbaar nooit gaan realiseer nie.” Dit het voorgekom asof die VGKSA se moratorium op eenheidsgesprekke hierdie besluit gemotiveer het.

Robert Nicholas en George van Niekerk by Hawekwa

Die Ring van Wynberg het in 1992 verskillende moontlikhede oorweeg om gestalte aan die ideaal van kerkeenheid en versoening binne Ringsverband te gee. Ons bet 'n uitnodiging aan die leraars van die Ring van Wynberg (NG Sendingkerk) gerig om hierdie saak met ons te bespreek. Dit is opgevolg met samesprekings waarby die predikante van nog twee ander Ringe, naamlik die Ring van Ebenezer (NGSK) en die Ring van Vishoek (NGK) ook betrek is. Die uitkoms hiervan was dat twee van die Ringe besluit bet om 'n konvent, wat ons die Konvent van Wynberg noem, as basis van samewerking met ander Ringe in die familie van Ned Geref Kerke te aanvaar. Ons het die Dagbestuur van die Sinodale kommissie hiervan in kennis gestel en aan die Dagbestuur die geleentheid gegee om hom daaroor uit te spreek en aanbevelings te maak op sy vergadering van 24 September 1992. Ons was dankbaar oor die waardevolle riglyne wat die Aktuarius, Prof Pieter Coertzen, aan ons deurgegee het.

1.       Wat word bedoel met 'n konvent? Kerkregtelik en histories is 'n kerklike konvent, in teenstelling met 'n kerkvergadering (hetsy kerkraad, ring, sinode) 'n byeenkoms van persone uit kerke wat nie in dieselfde sin afgevaardigdes van die deelnemende kerke is nie en daarom ook nie die bevoegdheid het om besluite te neem wat sondermeer bindend is op die kerke waaruit hulle kom nie. Die deelnemers kom met mekaar ooreen oor sekere beginsels wat in die konvent gehandhaaf en uitgebou meet word op die basis van hul integriteit.

2.      Die Konvent van Wynberg bet sedert 1992 gefunksioneer volgens 'n verklaring van voomeme waartoe die Ringe met mekaar ooreengekom het.  Dit berus op 'n kombinasie van beginsels wat uit Kerk en Samelewing 1990 en die Belydenis van Belhar ontleen is. Ons bet daarin onderneem om 'n pad met mekaar saam te stap wat die volgende aspekte van ons kerkwees raak: kerkeenheid, versoening en geregtigheid. Hierdie fokus is belangrik: dit maak die byeenkomste meer sinvol as die vergaderings van ander samewerkingsooreenkomste waarvan die beginsels en voorneme nie gedefinieerd is nie. Slegs sake wat verband hou met kerkeenheid, versoening, en geregtigheid word bespreek.

3.       Die konvent moenie net 'n gespreksforum wees nie. Die deelnemende ringe en sinodes sal ook bepaalde verbintenisse met mekaar wil aangaan met inagneming van die onderskeie kerkordes.   Daarom  moet  sake  soos  konstitueringsvereistes,  korumvereistes, besluitnemings-prosedures, die bindingskrag van besluite, kommunikasie van besluite, die samestelling van die sakelys ens. behoorlik uiteengesit. Dit word deur die gesag van integriteit gehandhaaf.

4.      Die saak van versoening en kerkeenheid sal uiteraard 'n hoë prioriteit by die konvent geniet. 'n Huwelik kan tog nie plaasvlnd as die partye nog nie lekker oor mekaar voel nie. Die verskille meet eers verwyder word. In hierdie verband bied die konvent 'n duidelike voordeel: die deelnemende ringe en sinodes besin saam oor die struikelblokke en ontwikkel begrip vir mekaar. Die geleentheid is dan ook beter om 'n emosionele binding te bewerkstellig.

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12