NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Musiek

 

Tuisblad
Terug

 

1.         Samestelling.

Die kommissie word soos volg saamgestel:

a.         Minstens 2 kerkraadslede.

b.         Die orrelis.

c.         1 verteenwoordiger van die Vrouediens.

d.         1 verteenwoordiger van die jeug.

e.         Bykomende lede wat die kommissie wil koöpteer. 

 2.         Pligte.

2.1       Organiseer die vooraf-sang van die gemeente wanneer van toepassing.

2.2       Organiseer die optrede van kore en kunstenaars by eredienste.

2.3       Beplan sangdienste.

2.4       Tree op as skakel tussen orrelis en kerkraad.

2.5       Doen aanbevelings m.b.t. die aankoop van musiekliteratuur.

2.6       Bepaal die musiekbeleid van die gemeente.           

2.7       Hanteer opdragte deur die kerkraad verwys.

3.        Liedboek 2001

Die Psalm-kommissie van die Algemene Sinode werk reeds vanaf 1983, en die Gesange-kommissie sedert 1996, aan ‘n nuwe liedboek om die Psalms- en Gesangeboek te vervang.

Die nuwe Liedboek 2001, soos dit bekend staan, word op Hervormings-Sondag, 28 Oktober 2001 amptelik deur die NG Kerk landwys in gebruik geneem. Dit word dan die amptelik goedgekeurde liedbundel van die NG Kerk.

Afgesien van die 150 Psalms, is daar ook 452 ander liedere, wat saamgestel is uit 200 Gesange, asook ‘n verskeidenheid uit die Jeugsangbundel en die Hallelujaboek, asook nuwe tekste op bekende melodieë deur Suid-Afrikaanse komponiste.

 Dit is reeds beskikbaar by die kerkkantoor, en indien u voor 30 September 2001 bestel, kos dit R69.95.

Daarna is die prys as volg:                

Standaard uitgawe        R74.95

Grootdruk                      R99.95

Luukse uitgawe           R199.95

Die (voorafbestelde) nuwe liedboek is reeds beskikbaar net na die oggenddiens Sondae.

In elk geval het die kerkraad begroot om ‘n aantal liedboeke aan te koop wat ná 28 Oktober 2001 tydens die erediens by die deure beskikbaar sal wees vir lidmate wat nie ‘n liedbundel het nie.

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12