NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Sending wiele

 

Tuisblad
Terug

 

Nuus oor ons wiele tee

Die bevolking in Mosambiek is baie vriendelik, maar baie arm. Helen Meyer, opgeleide suster en toegewyde gelowige, het 4 Mosambiekers opgelei. Maandae, Woensdae en Vrydae besoek hulle met ‘n Landrover die omliggende  klinieke om die bevol-king wat nie naby mediese geriewe is, te help  (inspuitings, immunisering, en enige hulp wat hul medies kan verleen.) Die ander 2 dae van die week tref hulle voorbereidings vir die mobiele kliniek.  

Hierdie voertuig is byna gedaan. Hul benodig nog geld voor ‘n nuwe gekoop kan word.  Daarom het ons vrouediens die “Wiele Tee”- projek begin, waar koek een keer per maand na kerk by die tee verkoop word. Die geld wat hieruit gemaak word sal dan Wynberg se bydrae tot ‘n nuwe voertuig wees.

Ons is baie bly oor almal se bydraes vir ons Wiele-Tee.  Die bedrag  het al aangegroei tot R1 283.

Uit Helen  Meyer  se onlangse  nuusbrief  pleit sy of daar  nie ‘n Bybelstudiegroep, selgroep of gesin is wat dalk hulself vir ‘n tydperk kan verbind om R7000 per maand  vir bogenoemde werk by te dra. Die R7000 is vir die salarisse van die werkers, diesel vir die Landrover en mediese voorrade. Behalwe Helen se mediese werk, het sy ook baie vroue opgelei om naaldwerk te doen en is haar lewe ‘n getuienis van God se liefde.  Sy tree in Julie hierdie jaar af en ‘n opvolger word dringend benodig. Weet u dalk van iemand?

Navrae kan aan Jola Nel gerig word (797-7115).

Jola Nel

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 09/03/10