NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Teologiese analise

 

Tuisblad
Terug
Leer oor God
Bedorwenheid
Christus
God se liefde
Heilige Gees
Bekerings

 

3 TEOLOGIESE BEOORDELING

[Kommissie se weergawe]

Die aanvanklike intensie van die Alpha-kursus is dat dit evangeliserend van aard wil wees - as 'n eerste "kennismaking met die christelike geloof'. Dit wil dus die ABC van die christelike geloof verwoord. Dit in sigself maan tot groot versigtigheid. Wat egter opval, is dat twaalf uit die vyftien lesse - 80 % dus - aangebied word vanuit die voorveronderstelling dat elke deelnemer gelowig is. Moet sondaars nie eers oortuig word dat hulle Christus nodig het nie? Die erns van die evangelie bly hier in die slag. Hoe gebeur dit? Les vier tot vyftien is kennelik bedoel vir mense wat reeds tot geloof gekom het.

[Wynberg se kommentaar] Die kommisie gebruik dieselfde vertrekpunt as Fitton (1998): "Now before I go any further, do you not think it strange that a course intended to introduce people to the Christian Faith spends so little time dealing with the fundamental issues of the Gospel? In fact, of the fifteen chapters only four (and I am being generous by including the chapter on assurance of salvation) relate to the necessity of salvation. Here is a course, intended to be used to teach non-churchgoers, those who know little or nothing of Christ and the Gospel, and only three, at best four of fifteen studies deal with salvation.."

Die eerste drie lesse is daarop gemik om mense te help om tot geloofsekerheid te kom. Die feit dat die ander (lesse 4 tot 15) op grond van teoretiese oorwegings dan veronderstel dat daar in die doel geslaag is, maak sin. In die praktyk gebeur dit egter dat die meeste bekerings tydens die aanbiedings oor die Heilige Gees plaasvind.

Die teologiese beoordeling van die kommissie word in die volgende ses afdelings gedoen. Kliek op die onderstreepte woorde om 'n bepaalde afdeling te besoek.

3.1 Die leer aangaande God

3.2   Die bedorwenheid van die mens

3.3   Die Christus van die Woord

3.4  Die liefde van God

3.5  Die Gees van die Woord

3.6  Bekerings in Alpha

 

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 09/03/10