NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Tussentyds

 

Tuisblad
Terug

 

Tussentydse Ooreenkoms tussen NGK Wynberg en VGK Wynberg

Datum van vrystelling: 20 Oktober 2009

1.      Besluit tot kombinasie

Die kerkrade van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente van Wynberg en die Verenigende Gereformeerde Gemeente in Suid-Afrika van Wynberg, besluit tot die aangaan van ‘n ooreenkoms ten opsigte van die kombinasie van die gemeentes se werksaamhede in ooreenstemming met Reglement  6 van Kerkorde 2007 van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en Reglement 43 van die Kerkorde van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.

Artikel 1. Die naam van die samewerkingsverband is:

Die gesamentlike gemeente van Wynberg.

Indien die samewerkingsverband amptelik aangedui moet word, word aan die naam toegevoeg: 

“ … waarin saamwerk die Nederduitse Gereformeerde Gemeente van Wynberg en die Verenigende Gereformeerde Gemeente in Suid-Afrika van Wynberg.”

Artikel 2. Die kombinasie het betrekking op die aspekte van die lewe en werksaamhede van die gemeentes wat in paragraaf 1 van die gesamentlike reëling omskryf is.

Artikel 3. Die kerkrade het ‘n gesamentlike reëling getref vir

- die verkiesing van ampsdraers,

- samestelling, arbeidsveld en werkswyse van die gesamentlike kerkraad en

- die versorging van die vermoënsregtelike aangeleenthede.

Hierdie reëlings is opgeneem in die aangehegte “Gesamentlike reëling ten opsigte van die werksaamhede van die gesamentlike gemeente van Wynberg”.

Artikel 4. Die kerkrade kombineer in ‘n gesamentlike kerkraad, en funksioneer self elk as ’n wykskerkraad om leiding te gee aan die gemeente waarvan hul die kerkraad is.

Artikel 5. Die geloofsverbondenheid van die gesamentlike gemeente van Wynberg sluit die belydenisgrondslag van sowel die Nederduitse Gereformeerde Kerk as die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika in.

Die gemeente staan gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. Die leer wat die kerkverbande  in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea, die Geloofsbelydenis van Athanasius, die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus, die Dordtse Leerreëls en die Belydenis van Belhar. Lidmate van die NG Kerk erken die Belydenis van Belhar uit vrye oortuiging. Die gesamentlike gemeente sien uit na die oomblik wanneer alle lidmate saam die Belydenis van Belhar in ooreenstemming met die Woord van God kan bely.

Artikel 6. Die ooreenkoms is aangegaan vir ‘n onbepaalde tyd totdat die gemeentes verenig of die ooreenkoms beëindig word.

Hierdie ooreenkoms is goedgekeur op …............................ en is vanaf die datum geldig.

‘n Afskrif is aan die Ringskommissie van Wynberg (Nederduitse Gereformeerde Kerk) en die Ringskommissie van Wynberg (Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika) gestuur vir bekragtiging deur die onderskeie Ringsvergaderings.

2.      Gesamentlike reëling ten opsigte van die werksaamhede van die gesamentlike gemeente van Wynberg.

By hierdie reëling hoort ‘n toeligting.

Inhoud 

Paragraaf

Inhoud

1

Terreine waarop nou saamgewerk word

2

2A

Samestelling van die gesamentlike kerkraad

Samestelling van die wykskerkrade

3.1

Verkiesing van ampsdraers – algemeen

3.2

Verkiesing van ouderlinge en diakens

3.3

Beroeping van predikante

4

4A

Die werkswyse van die gesamentlike kerkraad

Die werkswyse van die wykskerkrade

5

Besluitneming.

6

Die kerkdienste

7

Die vermoënsregtelike aangeleenthede – kerkrentmeesterlik

8

Die vermoënsregtelike aangeleenthede – diakonaal

9

Die vermoënsregtelike aangeleenthede – begrotings, jaarrekenings, kollekterooster

10

Die vermoënsregtelike aangeleenthede by beëindiging van die ooreenkoms

11

Ander bepalings 

 

Ondertekening

Goedkeuring (wysiging)

Hierdie gesamentlike reëling is goedgekeur / gewysig deur die kerkrade op

 

…...............................

 

en is vanaf ….................................. geldig.

1. Terreine waarop nou saamgewerk word

1.1       Die wykskerkrade het tot taak:

1.1.1    die sorg vir die diens van die Woord en sakramente in die wyksgemeente;

1.1.2    die leiding gee aan die opbou en toerusting van die wyksgemeente;

1.1.3    die sorg vir die missionęre, diakonale en pastorale arbeid en die geestelike vorming van die wyksgemeente;

1.1.4    die bepaling van die beleidsplan ten opsigte van werksaamhede van die wyksgemeente;

1.1.5    die opsig oor die lidmate van die wyksgemeente soos deur die kerkorde aan hom opgedra is;

1.1.6    die sorg vir die vermoënsregtelike aangeleenthede van die wyksgemeente;

1.1.7    die bespreking van sake wat deur die verbandsvergaderings behandel word;

1.1.8    die bepaling van reëlings ten opsigte van die lewe en werk van die wyksgemeente;

1.1.10  die afhandeling van alles wat verder volgens die kerkorde van hom gevra word.

1.2       Die gesamentlike kerkraad het tot taak:

1.2.1    die sorg vir die gesamentlike diens van die Woord en die sakramente;

1.2.2    die leiding gee aan die gesamentlike opbou en gesamentlike toerusting;

1.2.3    die sorg vir die gesamentlike missionęre en gesamentlike diakonale arbeid asook die gesamentlike geestelike vorming;

1.2.4    die koördinasie van die werksaamhede van die wykskerkrade met hul goedkeuring;

1.2.5    die bepaling van die beleidsplan ten opsigte van gesamentlike werksaamhede;

1.2.6    die bevordering van die plaaslike gemeenskap van die kerke (denominasies);

1.2.7    die bespreking van sake wat deur die verbandsvergaderings behandel word wat relevant tot die lewe en werksaamhede van die gesamentlike gemeente mag wees;

1.2.8    die bepaling van reëlings ten opsigte van die lewe en werk van die gesamentlike gemeente;

1.2.9    die afhandeling van alles wat verder volgens die kerkordes van hom gevra word.

2. Samestelling van die gesamentlike kerkraad 

2.1. Aantal ampsdraers 

Die gesamentlike kerkraad bestaan uit die volgende ampsdraers: 

 

Invul:

Verpligte minimum per kerkraad

 

ňf

predikante

 

1 of soos ooreengekom

 

ouderlinge

 

3

 

diakens

 

3

 

2.2.      Vaste adviseurs (C) 

As adviseurs neem aan die vergadering van die gesamentlike kerkraad deel: 

die kerklike werkers wat vir ‘n bediening aangestel is met dien verstande dat hulle die besprekings van hul arbeidsveld as adviseurs en die res van die vergadering as waarnemers mag bywoon indien hulle nie as kerkraadslede bevestig is nie. 

2.3.      Lidmaatskap van die gesamentlike kerkraad van ander as ‘gewone’ predikante  

Daarby is lid van die gesamentlike kerkraad die predikante wat met ‘n besondere opdrag aan die gemeente verbonde is. 

2A. Samestelling van die wykskerkraad 

2A.1. Aantal ampsdraers  

Die wykskerkraad bestaan uit die volgende ampsdraers: 

 

Invul:

Verpligte minimum per kerkraad

 

ňf

predikante

 

1 of soos ooreengekom

 

ouderlinge

 

3

 

diakens

 

3

 

2A.2.    Vaste adviseurs (C) 

As adviseurs neem aan die vergadering van die gesamentlike kerkraad deel: 

die kerklike werkers wat vir ‘n bediening aangestel is met dien verstande dat hulle die besprekings van hul arbeidsveld as adviseurs en die res van die vergadering as waarnemers mag bywoon indien hulle nie as kerkraadslede bevestig is nie. 

2A.3.    Lidmaatskap van die gesamentlike kerkraad van ander as ‘gewone’ predikante  

Daarby is lid van die gesamentlike kerkraad die predikante wat met ‘n besondere opdrag aan die gemeente verbonde is. 

3.1    Verkiesing van ampsdraers - algemeen 

3.1.1.   Nominasies 

Die belydende lidmate is geregtig om skriftelike nominasies vir die wykskerkraad te maak. 

3.1.2.   Reëls vir die stemming

a.      Die stemming geskied skriftelik. Wanneer daar minder kandidate as vakatures is, kan daar mondelings gestem word as niemand van die aanwesige lede teen mondelinge stemming beswaar maak nie.

b.      Indien daar meer kandidate as vakatures is, word diegene verkies op wie die meeste stemme uitgebring is.

c.      Indien geeneen van die kandidate ‘n meerderheid vir een vakature behaal het nie, vind ‘n herverkiesing plaas tussen die twee kandidate die wat die meeste stemme behaal het.

d.      By staking van stemme vind ‘n herverkiesing plaas. Indien die stemme weer staak, dan beslis die lot. 

3.2.  Verkiesing van ouderlinge en diakens 

3.2.1    Die verkiesingsvergadering van ouderlinge en diakens vind in Augustusmaand plaas.  

3.2.2.   Die uitnodiging tot die indiening van nominasies word ten minste twee weke voordat die verkiesing deur die wykskerkraad plaasvind. 

3.2.3.   Die ampstermyn van ouderlinge en diakens stem ooreen met die bepalings van die betrokke kerkorde. 

3.2.4    Ouderlinge en diakens se ampsposisie word deur die kerkverband van die wykskerkraad bepaal wat die verkiesing uitgebring het.  

3.2.5    Ouderlinge en diakens met ‘n bepaalde opdrag in belang van die gesamentlike gemeente in sy geheel, word deur die gesamentlike kerkraad verkies. 

3.3    Beroeping van predikante 

3.3.1.   Die beroepingsvergadering word ten minste twee weke voor die verkiesing deur die gesamentlike kerkraad bekend gemaak. 

3.3.2.  Predikante word deur die gesamentlike kerkraad verkies omdat hul opdrag in belang van die gesamentlike gemeente in sy geheel is. Die beroepende wykskerkraad magtig die gesamentlike kerkraad om namens hom die beroep uit te bring.

3.3.3.  Hoewel die predikant in diens van die gesamentlike gemeente tree, word sy of haar ampsposisie, insluitend verantwoordelikhede soos die reg tot stemming en verpligte verantwoordelikhede in kerklike vergaderings, deur die kerkverband van die wykskerkraad bepaal wat die beroep formeel uitgebring het en die gesamentlike kerkraad dienooreenkomstig gemagtig het. Die ander kerkraad sluit ’n ooreenkoms met die eersgenoemde kerkraad dat die predikant in die ander gemeente hulpdienste kan verrig. 

3.3.4.  Die wykskerkraad wat die beroep formeel uitgebring het, moet skriftelik bevestig op watter wyse die beroepingsvergadering aan die betrokke kerkverband se bepalings ten opsigte van konstituering, kworumvereistes, wyse van besluitneming, stemreg, en befondsing voldoen en dat die wykskerkraad se verantwoordelikheid vir die aanstelling, pensioen, medies, administrasie ens. noukeurig uitgeklaar is. 

3.3.5. Ten opsigte van die reëling vir die konsulentskap word die gesamentlike gemeente beskou as één gemeente. 

4.      Die werkswyse van die gesamentlike kerkraad 

4.1.      Aantal vergaderings

Die gesamentlike kerkraad vergader ten minste vier maal per jaar.  

4.2.      Die vergaderings van die gesamentlike kerkraad word ten minste 7 dae van te vore byeengeroep deur die uitvoerende bestuur met vermelding van die sake wat aan die orde gaan kom (die agenda.  

4.3.      ‘n Notule word van die vergaderings geneem wat by die eersvolgende vergadering deur die gesamentlike kerkraad goedgekeur word. 

4.4.      Verkiesing van die uitvoerende bestuur. 

4.4.1    Die jaarlikse verkiesing van die uitvoerende bestuur geskied tydens die eerste gesamentlike kerkraadsvergadering aan die begin van die jaar.  

4.4.2    Die uitvoerende bestuur bestaan uit ten minste twee ampsdraers van elkeen van die wyksgemeentes. Die kerkraad wys een voorsitter, een skriba, een ondervoorsitter asook plaasvervangers vir die voorsitter en die skriba aan. 

4.4.3    Die NGK lede van die uitvoerende bestuur vorm ook die uitvoerende bestuur van die NGK kerkraad en die VGK lede van die uitvoerende bestuur vorm ook die uitvoerende bestuur van die VGK kerkraad. 

4.4.4    In die uitvoerende bestuur van die gesamentlike kerkraad het ten minste één predikant, één ouderling en één diaken sitting. 

4.5.      Taak van die uitvoerende bestuur.

Die uitvoerende bestuur het tot taak die voorbereiding, sameroeping en leiding van die byeenkomste van die kerkraad, die uitvoering van die besluite van die kerkraad waarvoor geen ander verantwoordelike partye aangewys is nie, en voorts, met verantwoording aan die kerkraad, die afhandeling van sake van formele en administratiewe aard en van sake wat nie uitgestel kan word nie. 

4.6.      Wanneer die gemeente geken en aangehoor word.

In die gevalle waar die kerkorde en die reglement dit voorskryf dat die kerkraad die gemeente in ‘n bepaalde saak ken en haar daaroor aanhoor, belę die gesamentlike kerkraad ‘n byeenkoms met die (betrokke) lidmate van die gemeente, wat afgekondig word op ten minste die twee sondae wat die byeenkoms voorafgaan. In hierdie voorafberiggewing maak die gesamentlike kerkraad bekend oor watter saak hy die gemeente wil aanhoor. 

4.7.      Die gesamentlike kerkraad kan besluit dat gemeentelede en ander belangstellendes as waarnemers tot ‘n bepaalde vergadering toegelaat word. 

4.8.      Die lopende argief van die gesamentlike kerkraad is die verantwoordelikheid van die skriba. 

4.9.      Die gesamentlike kerkraad laat hom in sy arbeid ondersteun deur kommissies. Die nadere bepalings omtrent die samestelling, benoeming en opdrag van die kommissies, die kommunikasie tussen gesamentlike kerkraad en die kommissies, die werskwyse van die kommissies, en die verslae aan die gesamentlike kerkraad word per kommissie goedgekeur in ‘n bestuursplan, wat as bylaag aan hierdie gesamentlike reëling geheg is.  

4A.    Die werkswyse van die wykskerkraad 

4A.1.    Aantal vergaderings

Die wykskerkraad vergader ten minste vier maal per jaar.  

4A.2.    Die vergaderings van die wykskerkraad word ten minste 7 dae van te vore byeengeroep deur die uitvoerende bestuur met vermelding van die sake wat aan die orde gaan kom (die agenda.  

4A.3.    ‘n Notule word van die vergaderings geneem wat by die eersvolgende vergadering deur die gesamentlike kerkraad goedgekeur word. 

4A.4.    Verkiesing van die uitvoerende bestuur. 

4A.4.1  Die jaarlikse verkiesing van die uitvoerende bestuur geskied tydens die eerste gesamentlike kerkraadsvergadering aan die begin van die jaar.  

4A.4.2  Die wykskerkraad wys een voorsitter, een skriba, een ondervoorsitter asook plaasvervangers vir die voorsitter en die skriba aan. 

4A.4.3  In die uitvoerende bestuur van die wykskerkraad het ten minste één ouderling en één diaken sitting. 

4A.5.    Taak van die uitvoerende bestuur.

Die uitvoerende bestuur het tot taak die voorbereiding, sameroeping en leiding van die byeenkomste van die kerkraad, die uitvoering van die besluite van die kerkraad waarvoor geen ander verantwoordelike partye aangewys is nie, en voorts, met verantwoording aan die kerkraad, die afhandeling van sake van formele en administratiewe aard en van sake wat nie uitgestel kan word nie. 

4A.6.    Wanneer die wyksgemeente geken en aangehoor word.

In die gevalle waar die kerkorde en die reglement dit voorskryf dat die wykskerkraad die gemeente in ‘n bepaalde saak ken en haar daaroor aanhoor, belę die gesamentlike kerkraad ‘n byeenkoms met die (betrokke) lidmate van die wyksgemeente, wat afgekondig word op ten minste die twee sondae wat die byeenkoms voorafgaan. In hierdie voorafberiggewing maak die gesamentlike kerkraad bekend oor watter saak hy die wyksgemeente wil aanhoor. 

4.7.      Die wykskerkraad kan besluit dat wyksgemeentelede en ander belangstellendes as waarnemers tot ‘n bepaalde vergadering toegelaat word. 

4A.8.    Die lopende argief van die wykskerkraad is die verantwoordelikheid van die skriba. 

4A.9.    Die wykskerkraad laat hom in sy arbeid ondersteun deur kommissies. Die nadere bepalings omtrent die samestelling, benoeming en opdrag van die kommissies, die kommunikasie tussen gesamentlike kerkraad en die kommissies, die werskwyse van die kommissies, en die verslae aan die gesamentlike kerkraad word per kommissie goedgekeur in ‘n bestuursplan, wat as bylaag aan hierdie gesamentlike reëling geheg is. 

4A.10   Die wykskerkrade moet die besluite van die gesamentlike kerkraad afsonderlik goedkeur. Dit geld as tussentydse reëling in die geval waar wyksgemeentes as afsonderlike regspersone moet bestaan totdat die kerke in een kerkverband verenig is, of totdat die reg van die kerkrade om te besluit dat hul bevoegdhede deur ‘n gesamentlike kerkraad uitgeoefen mag word, deur die kerkverbande erken word. 

5.      Besluitneming  

5.1.      Besluite word sover moontlik eenparig geneem. Indien eenparigheid nie moontlik blyk nie, word daar op grond van die meerderheid van stemme van die aanwesiges beslis, waarby blanko stemme nie ingereken word nie. 

5.2.      Stemming oor sake geskied mondelings tensy daar ‘n skriftelike stemming versoek word. Indien die stemme staak, vind herstemming plaas. Staak die stemme weer, dan is die voorstel verwerp. 

5.3.      Stemming oor persone geskied skriftelik.  

5.3.1    Wanneer daar minder kandidate is as die vakatures wat gevul moet word, kan daar mondelings gestem word indien niemand van die aanwesige lede teen mondelinge stemming beswaar maak nie.

5.3.2    Indien één kandidaat voorgestel word en die stemme staak, vind herstemming plaas. Staak die stemme weer, dan is die kandidaat nie verkies nie.

5.3.3    Indien daar meer kandidate is as wat verkies moet word, word diegene verkies op wie die meeste stemme uitgebring is vir die aantal vakatures wat gevul moet word.

5.3.4    Indien geeneen van die kandidate ‘n meerderheid behaal het nie, vind ‘n herverkiesing plaas tussen die twee kandidate die wat die meeste stemme behaal het.

5.3.5    By staking van stemme vind ‘n herverkiesing plaas. Indien die stemme weer staak, dan beslis die lot. 

5.4.      Geen besluite kan geneem word indien daar nie ‘n kworum aanwesig is nie. Wanneer ‘n kworum nie aanwesig is nie, kan daar op die vergadering ‘n voorstel ingedien word dat ‘n besluit geneem sal word op ‘n volgende vergadering wat ten minste twee weke later gehou word. Die kworumvereistes moet ooreenstem met die bepalings van die betrokke kerkordes. 

6.      Die kerkdienste 

6.1       Gesamentlike kerkdienste word deur die kerkrade gesamentlik belę en staan onder die verantwoordelikheid van die gesamentlike kerkraad. Die hou van gesamentlike kerkdienste omvat in beginsel ook die bediening van doop en die nagmaal. 

6.2       Die weeklikse kerkdienste van die gesamentlike gemeente word volgens ‘n rooster wat die gesamentlike kerkraad goedgekeur het, gehou in die kerkgeboue van die twee gemeentes of soos deur die gesamentlike kerkraad bepaal.  

6.3       Tot die deelname aan die nagmaal word sowel belydende lidmate as dooplidmate toegelaat. 

6.4       Vir die bediening van die doop in ‘n gesamentlike kerkdiens behoort die betrokke kerkrade vooraf ooreenstemming te bereik oor die beantwoording van die doopvrae deur die dooplidmate. Daarby is die betrokke bepalings van die kerkordes van toepassing. Diegene wat in ‘n gesamentlike kerkdiens gedoop word, word as dooplid ingeskryf in die lidmaatregister van één van die wyksgemeentes, soos versoek deur die gedoopte, die ouers of die voogde. 

6.5       Vir die bediening van die nagmaal in ‘n gesamentlike kerkdiens behoort die betrokke kerkraad vooraf ooreenstemming te bereik oor die vraag of slegs belydende lidmate of ook dooplidmate aan die nagmaal kan deelneem. Daarby is die betrokke bepalings van die kerkordes van toepassing. 

6.6       Diegene wat in ‘n gesamentlike kerkdiens openbare belydenis van geloof aflę, word as belydende lid in die lidmaatregister van een van die wyksgemeentes ingeskryf, soos versoek deur die betrokkene. 

6.7       Ampsdraers kan in ‘n gesamentlike kerkdiens bevestig word as ampsdraer in een van die wyksgemeentes wat by die gesamentlike kerkdiens betrokke is, nadat hulle deur die betrokke wykskerkraad volgens die bepalings van sy kerkorde daartoe verkies is. 

6.8       Die bediening van die doop en die openbare belydenis van geloof word volgens die bepalings van die betrokke kerkorde aangevra by een van die wykskerkrade wat by die gesamentlike kerkdiens betrokke is. 

6.9       Die bediening van die doop, die openbare belydenis van het geloof, die viering van die nagmaal en die bevestiging van ampsdraers sal vooraf op die gebruiklike wyse in die betrokke gemeentes bekend gemaak word. 

7.      Die vermoënsregtelike aangeleenthede – kerkrentmeesterlik 

7.1       Die gesamentlike finansiële kommissie. 

7.1.1    Die gesamentlike finansiële kommissie bestaan uit alle lede van die die wykskerkrade se finansiële kommissies, insluitende die gemeenteskriba of saakgelastigde van elke wyksgemeente. 

7.1.2    Van hulle is … (aantal) ouderling(e) en  … diaken(s).  

7.1.3    Die gesamentlike finansiële kommissie wys ’n interne ouditeur aan. Die interne ouditeur woon die vergaderings van die gesamentlike finansiële kommissie by en het daar ‘n adviserende stem. By afwesigheid of ongesteldheid van die interne ouditeur tree volgens die keuse van die gesamentlike finansiële kommissie die voorsitter/ondervoorsitter op as diensdoenende plaasvervanger.  

7.1.4    Die gemeenteskriba of saakgelastigde wat deur die gesamentlike finansiële kommissie aangewys word om fondse wat tot beskikking van die gesamentlike werksaamhede gestel word te administreer, is bevoeg om betalings te doen namens die wyksgemeentes, met inagneming van die gesamentlike kerkraad se goedgekeurde beleidsplan en die begroting, tot ‘n maksimale bedrag van ………... ... (bedrag) per betaling. Vir betalings hoër as hierdie bedrag moet die gesamentlike finansiële kommissie se voorsitter en ondervoorsitter of skribaat en interne ouditeur dit gesamentlik magtig. 

7.1.5    Tydens die eerste vergadering van die gesamentlike finansiële kommissie in ’n nuwe boekjaar word die voorsitter, ondervoorsitter en die notulerende sekretaris aangewys.  

7.1.6    Besluite van die gesamentlike finansiële kommissie benodig steeds die instemming van die meerderheid van die wykskerkrade se finansiële kommissies. 

7.1.7    Die gesamentlike finansiële kommissie registreer alle bates op ’n saamgestelde lys wat deur die gemeentes by die sluit van die ooreenkoms of op ‘n later tydstip ter gesamentlike versorging ingebring is. Die gesamentlike finansiële kommissie neem in ag dat eiendomme nie saam besit kan word en dat ander materiële en finansiële middele ook nie ten volle gesamentlik bestuur kan word nie aangesien die gemeentes regtens as afsonderlike regspersone bestaan totdat die kerkverbande verenig. 

7.1.8    Die gesamentlike finansiële kommissie het onder andere tot taak: 

7.1.8.1 om in oorleg met en in verantwoording aan die gesamentlike kerkraad die materiële en finansiële middele vir die gesamentlike werksaamhede van die wyksgemeentes te skep en te onderhou deur:

- die meewerk aan die totstandkoming van die beleidsplan, die begroting en die jaarrekening vir gesamentlike werksaamhede;

- sorg dra vir die geldinsameling vir gesamentlike werksaamhede;

- sorg dra vir die beskikbaarheid van ruimte vir die kerkdienste en die andere aktiwiteite van die gesamentlike gemeente; 

en voorts 

7.1.8.2 die die vergoeding van amptenare in diens van die gesamentlike gemeente versorging en toepassing van die personeelbeleid; 

7.1.8.7 die beheer van die argiewe van die gesamentlike gemeente; 

7.1.9.   Die volgende regshandelings benodig vooraf die instemming van die gesamentlike kerkraad onder voorbehoud dat die voorsitter en die skriba van die kerkraad die gesamentlike gemeente verteenwoordig: 

7.1.9.1 die aangaan van verpligtinge waarvoor die goedgekeurde begroting nie voorsiening maak nie; 

7.1.9.2 die aanvaarding van erflatings of skenkings onderhewig aan laste of voorwaardes; 

7.1.9.3 die oprig van of deelname aan ’n stigting. 

7.1.10  Die daarstelling van gemeenskaplike materiële en finansiële doelwitte kan nie die regte en verantwoordelikhede van die wykskerkrade se finansiële kommissies ophef of tot niet verklaar nie. Dit geld as tussentydse reëling in die geval waar wyksgemeentes as afsonderlike regspersone moet bestaan totdat die kerke in een kerkverband verenig is. 

7.1.11  Die wyksgemeentes dra by tot die gesamentlike finansiële kommissie se begroting vir gemeenskaplike werksaamhede op 'n wyse en volgens 'n formule soos dit van tyd tot tyd bepaal word in oorleg met die wykskerkrade se finansiële kommissies.  

7.2       Die finansiële kommissie van die wykskerkraad. 

7.2.1    Die finansiële kommissie bestaan uit … (aantal) ouderling(e) en  … diaken(s), kundige lidmate en die gemeenteskriba of saakgelastigde van die wyksgemeente. 

7.2.3    Die finansiële kommissie wys ’n interne ouditeur aan. Die interne ouditeur woon die vergaderings van die finansiële kommissie by en het daar ‘n adviserende stem. By afwesigheid of ongesteldheid van die interne ouditeur tree volgens die keuse van die finansiële kommissie: die voorsitter / ondervoorsitter op as diensdoenende plaasvervanger.  

7.2.4.   Die gemeenteskriba of saakgelastigde is deur die finansiële kommissie bemagtig om betalings namens die wyksgemeente te doen, met inagneming van die wykskerkraad se goedgekeurde beleidsplan en die begroting, tot ‘n maksimale bedrag van ………... ... (bedrag) per betaling. Vir betalings hoër as hierdie bedrag moet die finansiële kommissie se voorsitter en ondervoorsitter of skribaat en interne ouditeur dit gesamentlik magtig. 

7.2.5.   Tydens die eerste vergadering van die finansiële kommissie in ’n nuwe boekjaar word die voorsitter, ondervoorsitter en die notulerende sekretaris aangewys.  

7.2.8.   Die finansiële kommissie het onder andere tot taak: 

7.2.8.1 om in oorleg met en in verantwoording aan die kerkraad die materiële en finansiële middele vir die lewe en werk van die wyksgemeente ooreenkomstig die bepalings en reglemente van die betrokke kerkverband te skep en te onderhou deur:

- die meewerk aan die totstandkoming van die beleidsplan, die begroting en die jaarrekening;

- sorg dra vir die geldinsameling;

- sorg dra vir die beskikbaarheid van ruimte vir die kerkdienste en die andere aktiwiteite van die gesamentlike gemeente sowel as die wyksgemeente; 

en voorts 

7.2.8.2 die beheer van die eiendomme van die wyksgemeente ooreenkomstig die reglemente van die betrokke kerkverband; 

7.2.8.3 die vergoeding van predikante en amptenare in diens van die wyksgemeente en die versorging en toepassing van die personeelbeleid; 

7.2.8.4 die sorg dra vir die arbeidsregtelike aangelegeenthede;  

7.2.8.5 die fuksionering as opdraggewer aan die kosters en ander beherende en administratiewe personeel wat volgens ‘n arbeidsooreenkoms in diens van die wyksgemeente werksaam is; 

7.2.8.6 die byhou van die registers van die wyksgemeente; 

7.2.8.7 die beheer van die argiewe van die wyksgemeente; 

7.2.8.8 die beheer van die versekeringspolisse; 

7.2.8.9 die sorg dra dat die finansiële verantwoordelikhede van die wyksgemeente ten opsigte van die betrokke kerkverband nagekom word. 

7.2.9.   Die volgende regshandelings benodig vooraf die instemming van die wykskerkraad onder voorbehoud dat die voorsitter en die skriba van die kerkraad die gemeente verteenwoordig: 

7.2.9.1 die aankoop, bou, verbou, uitbrei of restoureer, verhuur, verkoop of op andere wyse vervreem en afbreek van ‘n gebou of orrel, beide in gebruik of andersins van belang vir die lewe en werk van die wyksgemeente; 

7.2.9.2 die aangaan van verpligtinge waarvoor die goedgekeurde begroting nie voorsiening maak nie; 

7.2.9.3 die aanvaarding van erflatings of skenkings onderhewig aan laste of voorwaardes; 

7.2.9.4 die oprig van of deelname aan ’n stigting. 

7.2.10  Die finansiële kommissie moet toesien dat behoorlike finansiële boekhouding gehou word van alle geldelike aktiwiteite en fondse wat in die gemeente bestuur word, en moet jaarliks 'n finansiële staat van sodanige fondse opstel, en dit deur 'n geregistreerde rekenmeester en ouditeur, wat nie lid van die kerkraad is nie, laat ouditeer. 

8.      Die vermoënsregtelike aangeleenthede – diakonaal 

8.1.      Die gesamentlike diakonie bestaan uit alle lede van die wyksgemeentes se diakonieë.  

8.2.      Die gesamentlike diakonie wys ‘n penningmeester aan wat die boekhouding van die gesamentlike diakonie doen. 

8.3.      Die penningmeester van die gesamentlike diakonie is bevoeg om betalings te maak namens die diakonieë van die gemeente, met inagneming van die goedgekeurde beleidsplan en die begroting, tot ‘n maksimale bedrag van ……… (bedrag) per betaling.  

8.3.1    Betalings hoër as hierdie bedrag moet deur die voorsitter en penningmeester of sekretaris en penningmeester gesamentlik gemagtig word. 

8.3.2    By afwesigheid of ongesteldheid van die penningmeester tree volgens die keuse van die gesamentlike diakonie die voorsitter of sekretaris op as diensdoenende plaasvervanger.  

8.4.      Tydens die eerste vergadering van die gesamentlike diakonie in ’n nuwe boekjaar word die voorsitter en die notulerende sekretaris, asook die plaasvervangers van die voorsitter en die sekretaris aangewys.  

8.5.      Besluite van die gesamentlike diakonie benodig steeds die instemming van die meerderheid van die afsonderlike diakonieë. 

8.6.      Die diakonie registreer alle bates op ’n saamgestelde lys wat deur die afsonderlike diakonieë van die gemeentes by die sluit van die ooreenkoms of op ‘n later tydstip vir gesamentlike versorging ingebring word. 

9.      Die vermoënsregtelike aangeleenthede – begrotings, jaarrekenings, kollekterooster  

9.1.      Die gesamentlike begrotings en jaarrekenings word opgestel deur die gesamentlike finansiële kommissie in oorleg met die diakonie. 

9.2.      Die begroting en jaarrekening word ter insae aan gemeentelede beskikbaar gestel en hulle kry die die geleentheid om hul mening bekend te maak. 

10.    Die vermoënsregtelike aangeleenthede by beëindiging van die kombinasie van werksaamhede. 

By beëindiging van die ooreenkoms word die gesamentlike finansiële bates en finansiële laste, in die verhouding …/…/… tot die Nederduidtse Gereformeerde Gemeente van Wynberg en die Verenigende Gereformeerde Gemeente in Suid-Afrika van Wynberg verdeel. 

11.    Ander bepalings 

11.1.    Die daarstelling van gemeenskaplike doelwitte kragtens hierdie kontraktuele ooreenkoms hef nie die regte en verantwoordelikhede van die onderskeie kerkrade en leraars ten opsigte van die kerkverbande op nie en kan dit nie tot niet verklaar nie. 

11.2     Elke kontrakterende party val steeds onder die regering, opsig en tug van sy/haar verantwoordelike kerkvergadering. 

11.3     Die ooreenkoms kan gewysig of beëindig word indien die kerkrade, na wedersydse kennisgewing, in hulle afsonderlike vergaderinge hulle goedkeuring daaraan heg. Indien wedersydse instemming tot die beëindiging verkry is en die voorwaardes bepaal is en die Ring(e) dit goedkeur, kan die ooreenkoms beëindig word.


 

Ondertekening

 

Aldus te ………… (pleknaam) goedgekeur tydens die vergadering van die kerkrade van … (datum)

 

 

gemeente ……………………………

 

…………………………, voorsitter 

 

…………………………, skriba 

 

 

gemeente ……………………………

 

…………………………, voorsitter 

 

…………………………, skriba

 

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12