NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Uitkoms

 

Tuisblad
Terug

 

1.    Die OVS Sinode het op sy 50 ste vergadering in Oktober 2005 die volgende aanbeveling goedgekeur:

 

3.         Die Moderamen versoek die Sinode om ‘n gespreks/appèlkommissie van 7 persone aan te wys om:

3.1        Die tersake dokumente ten opsigte van Wynberg se appèl in behandeling te neem.

3.2        Verteenwoordigers van beide Wynberg en die Moderamen/SKLAS by ‘n gesprek ter beslegtiging van die geskil te betrek, en

3.3        Indien dit nie slaag nie te beslis oor die appèl.

4.         Die Moderamen beveel die volgende lede as gevolmagtigde gespreks/appèlkommissie by die Sinode aan: proff JJ van Rensburg (sameroeper), CJ Wethmar, P Coertzen, P Verster, drr PJ van Jaarsveld en CHJ van Schalkwyk.

 

5.         Die Moderamen versoek die Sinode om SKLAS se respons in die Agenda ook na hierdie kommissie vir oorweging te verwys as deel van die tersake dokumentasie.

2.    Die sameroeper het die Kerkraad van Wynberg op 10 November 2005 in kennis gestel dat die vergadering gespreks/appèlkommissie op Dinsdag, 29 November 2005 om 09:00 in die JH van Loggerenberg-Komiteekamer in die Sinodale Sentrum, St Andrewstraat 147, Bloemfontein sal plaasvind. Op die navraag oor die aard en doel van die ontmoeting, het  prof JJ van Rensburg soos volg geantwoord:

Dit is moeilik om te voorspel hoe die vergadering sal verloop. 'n Appél is natuurlik altyd maar ingewikkeld. Jy is reg: dit is 'n appél maar dit is ook 'n gesprek, om te kyk of ons mekaar nie kan vind nie. Ons kommissie het ook die opdrag om die stuk wat by die afgelope sinode gedien het, in oënskou te neem. Persoonlik is ek baie dankbaar dat jy teenwoordig sal wees. Jy sal volle geleentheid kry om jou appél wat op skrif is, verder te motiveer en te verduidelik. Ek tree ook net as sameroeper op. Die vergadering moet sélf 'n voorsitter aanwys. Ek sien uit na 'n deeglike, broederlike en aangename samewerking. As daar voor die vergadering nog vrae opduik, vra gerus.

3.    Die kommissie het 'n vergadering met die Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake op 23 Januarie 2006 belê waarheen Dr. Danie Nel van Wynberg ook genooi is om 'n voorlegging oor die Alpha kursus te doen. Dr Dawie Oosthuysen van SKLAS het ook 'n voorlegging gedoen in reaksie daarop. Die kommissie het ter afsluiting die volgende bevinding aanbeveel:

1.      Die Kommissie bevestig andermaal die bevinding wat met die vergadering van 29 November 2005 gemaak is dat die saak nie 'n appèl is nie maar eerder 'n geskil.

2.     Die Kommissie kan rapporteer dat die geskil besleg is.  Dit beteken nie dat daar nie verskille is nie, maar:

2.1     Die Kommissie erken dat daar verskille kan bestaan;

2.2     Dat gerapporteer kan word dat beide partye mekaar se integriteit in 'n mooi en opregte gesindheid aanvaar het;

2.3     Dat die geloofsintegriteit van die aanbieders van en deelnemers aan die Alpha-kursus aanvaar word;

2.4     Dat die gesprek moet voortgaan.

2.5     Dat SKLAS en Wynberg hierdie saak moet afsluit.  Beide partye word aanbeveel om oor 'n paar punte gesprek te voer en te kyk of hulle konsensus kan bereik.  Dit kan gebeur langs die weg deur te erken dat hulle saamstem oor sommige sake en te erken dat hulle verskil ten opsigte van ander sake.

3.      Die Kommissie vind dit jammer dat dr Nel nie die geleentheid gekry het om hom voor die Moderamen te verantwoord nie.  Misverstande wat tot baie spanning aanleiding gegee het, kon met sodanige ontmoeting op persoonlike vlak uitgeskakel gewees het.

4.      Dit blyk dat sommige punte in SKLAS se verslag nie feitelik korrek is nie.

5.      Wat die kerkregtelike betref, moet daarop gewys word dat 'n sinode nie net kennis van die Moderamen se verslag kan neem nie.  In hierdie verband word verwys na punt 7 in die notule van die Kommissie se vergadering van 29 November 2005.

4.    Die OVS Moderamen het soos volg in 'n brief, gedateer 8 Februarie 2006, op die bevinding gereageer:

Geagte dr Nel

APPÈL VAN WYNBERG KERKRAAD TEEN DIE ALPHA-VERSLAG VAN SKLAS

Die Moderamen het op sy vergadering kennis geneem van die verslag van die Ad hoc-kommissie wat die Alpha-saak hanteer het in opdrag van die Vrystaatse Sinode 2005. Ons is dankbaar dat die saak nou afgehandel is en wil u persoonlik bedank vir u reuse aandeel hierin. Baie dankie vir die opofferinge wat u ook in hierdie verband gemaak het.

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 01/13/12