NG Kerk Wynberg

Tuisblad Terug Terugvoering Inhoud

Verklaring 3 Jun 2008

 

Tuisblad
Terug

 

Verklaring van voorneme:

Die gesamentlike kerkraad maak hiermee ons voorneme bekend om die gemeentes van die NG Kerk en VG Kerk Wynberg te herenig deur ’n nuwe gemeente te vorm.

bullet

Lidmate tree toe tot die nuwe gemeente met behoud van hulle lidmaatskap aan die NG Kerk of die VG Kerk.

bullet

Die gemeente word gevestig met die bedoeling om verbonde aan die NG Kerk en die VG Kerk te bly.

bullet

Ons beskou die vestiging van die herenigde gemeente as die uitvoering van besluite wat reeds deur die onderskeie kerkverbande ten gunste van eenheid geneem is.

Ons verklaar dat die herenigde gemeente in die volgende gesindheid gevestig word:

bullet

Ons verstaan dat die hereniging van die NG Kerk familie weens kerkregtelike struikelblokke nog etlike jare kan duur.

bullet

Ons het begrip vir die kompleksiteit van die proses om eenstemmigheid met betrekking tot die belydenisgrondslag van die herenigde kerk te vind.

bullet

Ons het tot die oortuiging gekom dat die hereniging van die Wynberg gemeentes na ’n groeiproses van sewentien jaar nie langer uitgestel kan word nie.

bullet

Ons glo dat die Here ons nou daartoe roep – ons kan nie anders nie.

bullet

Ons neem hierdie tree as ’n stap in die geloof om die herenigde kerk te help vestig.

Ons versoek die kerkleiding op rings- en sinodale vlak

bullet

Om begrip vir ons unieke situasie te hę. Die gemeentes is reeds sedert 2001 “verloof” nadat die kerkrade die besluit geneem het om die twee gemeentes te herenig. Sommige bejaarde lidmate wil graag die droom sien waar word. Ons sal daarom graag teen 1 Januarie 2009 die nuwe gemeente wil vestig.

bullet

Om aan ons vas te hou soos wat ons aan hulle wil bly vashou.

bullet

Om ons te help om die struktuur en proses te ondersoek wat aan ons voorneme gestalte kan gee.

bullet

Om saam met ons die nodige kerkregtelike ruimte te skep deur byvoorbeeld vir ’n geassosieerde “saam op weg” kerkverband voorsiening te maak.

Ons onderneem om

bullet

Ons lidmate behoorlik in te lig

bullet

Dat die verskillende moontlikhede aan hulle voorgelę sal word,

bullet

Dat ons slegs sal voortgaan om ’n bepaalde opsie uit te oefen indien die vereiste meerderheid van die lidmate daartoe instem.

Die nuwe gemeente sal voorlopig bekend staan as die Gesamentlike Gemeente van Wynberg.

bullet

Ons vetrou dat die opsie van gesamentlike gemeentes nie alleen die weg tot hereniging binne die NG Kerk familie sal berei nie, maar ook tot die eenwoording van die Protestantse kerke in Suid-Afrika.

bullet

Ons stel daarom voor dat die naam van die herenigde kerk die Protestantse Kerk in Suid-Afrika sal wees

Goedgekeur tydens die gesamentlike kerkraadsvergadering op 3 Junie 2008

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 09/03/10