NG en VG Kerk Wynberg

Tuisblad Terugvoering Inhoud

Visie

 

Tuisblad

 

Ons Visie

Ons wil met ons hele hart daarna soek om ons hemelse Vader beter te leer ken. Ons streef op alle terreine van ons gemeente daarna om te groei in ons verhouding met ons enigste Verlosser, Jesus Christus, sodat sy liefde in en deur ons kan werk. Ons bid dat die Heilige Gees ons voortdurend sal vul met sy krag sodat ons in woord en daad sy getuies mag wees. Met die gawes wat Hy aan ons toevertrou, wil ons elke dag bou aan ‘n gesonde, positiewe en diensbare gemeente

bullet

Wat die absolute gesag van die Bybel en sy boodskap ernstig opneem;

bullet

Met eredienste waarin mense God ervaar en verheerlik;

bullet

Wat mekaar aanspoor om volhardend te bid;

bullet

Waarin mense beleef dat hulle met Jesus se liefde versorg word;

bullet

Wat naby en ver oor alle grense sal getuig;

bullet

Wat jonk en oud se gawes raaksien en geleenthede skep waar hulle toegerus kan word om dit te gebruik;

bullet

Wat mekaar oproep om te doen wat ons sê en te kies vir die behoeftiges wat geen helper het nie;

bullet

Wat spesiale aandag aan die jeug, bejaardes, gesinne en enkellopendes gee;

bullet

Wat mense van nou help glo en soekende mense met liefde sal begelei tot ‘n lewende verhouding met Jesus Christus;

bullet

Wat ruimte maak vir die verskillende wyses waarop mense die teenwoordigheid van God ervaar;

bullet

Wat saam met ander kerke sal bou aan die eenheid van die kerk en op alle terreine hoop, versoening, en geregtigheid sal bevorder;

bullet

Wat nooit volstaan met die bestaande manier van dink en doen nie, maar met die oor op die Skrif en die oog op die wêreld ons Here se goeie nuus in alles wat ons dink, sê en doen, sal illustreer.

 

Stuur pos na dtnel@iafrica.com met vrae of opmerkings in verband met hierdie webwerf.
Kopiereg © 2002 Nederduitse Gereformeerde Kerk Wynberg
Laaste verandering: 11/29/08